Hoe om “per ongeluk” gewig ter verloor… (nie vir sensitiewe lesers)

Hierdie lyf van my is bitter vandat ek die twakkies gelos het.  Ek stoel, en ek stoel, en ek stoel…  En maak nie saak wát ek doen nie, die vette wíl nie afval nie.

Nou dink ek en ek onthou met ‘n glimlag aan al die kere wat ek “per ongeluk” gewig verloor het: 

  1. Die rave-dieët

Jy lewe op water, energiedrankies en Ecstasy (of Speed).  As jy so bietjie waaghalsig voel, dan sluk jy jou pille weg met Red Bull en Vodka.  Dan dans jy die hele aand op kak musiek (oemf, oemf, oemf, oemf…)  en sorg dat jy vloeistof inkry want jou bek is so droog soos ‘n lappop se klitoris.  Kry ook ‘n voorskrif vir slaappille want anders kan jy nie die volgende dag tot ruste kom nie nie en dan moet jou ma jou ongevalle toe jaag vir ‘n Valium-inspuiting want jy maak skandes by die woonstelblok waar jy bly… Oppas ook vir té veel gewig verloor want jou denim kan dalk op die dansvloer afval.  Hardlywigheid kan ook voorkom sodat jy op die ou einde voel soos die Griek op die hoek se Cheese Griller.

22d39487a2af1377e99b2506c01e8d2b.jpg

2.  Die rooiwyn-en-rekenaarspeletjie dieët

Volgens my die beste van almal.  Jy kom van die werk af, trek jou pantoffels aan en gaan aan met die Duke Nukem of Blood-speletjie wat jy gisteraand ge-“save” het op ‘n stiffie…  Met ‘n pap-sak langs jou.  Soggens word jy wakker agter die lessenaar met ‘n pers tong en ‘n snot-streep oor jou wang.  Lelike hangovers en glad nie goed vir mens se oë en mense-verhoudings nie.  Dit is ook nie meer so gewild nie omdat vandag se mense speletjies op ‘n tablet of ‘n selfoon speel wat beteken jy het een hand nodig om die toestel vas te hou en die ander ene om te manoeuvre.  Daar is nie ‘n vry-hand om die wynglas vas te hou nie.

230fc9880a55f1d94b39b1f7945cda69.jpg

3.  Die drink-‘till-you-drop-dieët

Ideaal vir enkellopendes.  Jy gaan elke aand uit en drink en drink en drink en drink en drink net…  En dan drink jy nóg.  Jy gaan uit met kontant en los jou bankkaart by die huis.  Jy gaan nie huistoe voordat jy nie AL daai geld uitgedrink het nie – want anders koop jy ‘n garage-pie en ‘n Steri Stumpie by die naaste garage oppad terug huistoe en plank jou naam by die petroljoggies, onbewus daarvan dat jou kaskenades op CCTV vasgevang word.  As (en daai is ‘n groot AS) al jou geld klaar is en jy wil nog kuier, dan kuier jy verder op jou eks se “tab”…  Sorg ook dat jy ‘n designated driver het!

article-1073230-02F01AD100000578-967_468x319.jpg

4.  Die nuwe-stukkie-dieët

Baie eenvoudig.  Jy spyker net van die môre tot die aand en verloor gewig soos ‘n kat wat op hitte is.  Ongelukkig moet mens meer as gewoonlik beddegoed was want niemand like van lê op die nat-kol nie.  Ook:  Maak beurte met seks-posisies want as jy die heeltyd onder lê kan jy ‘n bles kol ontwikkel wat glad nie lekker afgaan as jy ‘n vrou is nie.  En hou liters en liter KY-jelly byderhand!

3177c92df9ceb7a50ad4696ee8620557

 5.  Die Egskeiding-dieët

Jy skei maar net.  Alles val sommer net in plek, jou gewig inkluis.  Dalk is dit omdat mens se hele salaris geblaas word op prokureurs en sielkundiges.  Hierdie dieët kan suksesvol met dieët  3) en 4) hierbo gekombineer word.

7272481bff6e39b7638b1df5944aa718.jpg

 

3 thoughts on “Hoe om “per ongeluk” gewig ter verloor… (nie vir sensitiewe lesers)

  1. so droog soos ‘n lappop se klitoris – heng ek giggle nou behoorlik.
    Jy het nou maar net n manier om n ding te se…
    Ai, nou het jy nog nie gese watter een van die bogenoemde jy gaan volg nie…. Bawhaaaa!!!!

    Like

  2. My oë het nou vreeslik aan die rek gegaan…ok, ek is nou nie heeltemal so onskuldig nie, maar kyk. Jy laat my tweekeer dink oor die lewe en gewigsverlies. ☺☺☺☺☺

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s