Goeie moer, ek weet ek klink 100% van my trollie af, maar ek kan nie oor hierdie man se dood kom nie… Ek was nie eers so ontsteld met my ouma se dood nie. Ek het verlede Maandag só gehuil by die werk dat ek huistoe gestuur is…
Wat-de-efffff!? Ek is een van die faktapse mense wat ek ken!
Dan vra mense jou ‘sup, girl?” nou wat moet ek sê? Wát moet ek sê? Dat ek treur oor ‘n celeb? Dat ek poesig is omdat ‘n iemand wat ek nie eers persoonlik geken het (maar waaroor ek absoluut LIRIES was vandat ek ‘n jagse tienermeisie was) – in ‘n oomblik van totale moedeloosheid eenvoudig net nie meer kans gesien het vir die lewe nie en ‘n einde gemaak het aan alles… en die feit dat hy in die donkerste oomblikke vóórdat hy sy eie lewe geneem het, uiters alleen en kwesbaar gevoel het en dat niemand daar was om hom te troos nie! En dit vang my… my keel trek toe en ek het fisiese pyn. Ek dink aan ou Elvis konserte waar die vroumense so histeries geraak het in inmekaar gesak het en ek kry skaam want dít is hoe ek voel as ek na ou musiek videos van Soundgarden en Audioslave kyk…
As die Mister besluit om my nou te skei dan kry hy volle toesig oor die Laatlam want ek is so onstabiel soos ou plofstof, that’s for sure!
So ja… dít is waarom ek so stil is… ek is nog in rou…
*drukkie* ❤
LikeLike
Maybe, just maybe huil jy nie net oor hierdie “celeb” maar oor hoe hy dood is…dalk close to home is?
LikeLike
Ag, ek weet nie. Ek is moeg gedink. Meh!
LikeLike
Koek en wyn die ding uit. Wat mens nie kan reg eet of reg drink moet maar so gelaat staan word 😉
LikeLike
Dankie, maar ek probeer gesonder leef. Ek het die lekkerste groentesap by Pick ‘n Pay ontdek – en ek het hoeka ‘n bottel Smirnoff Vodka by die huis…
LikeLike
Hahahaha!! Dag gemaak!
LikeLike
My kleinboet het selfmoord gepleeg. Selfmoord gekies. Ek dink dìt is wat ons so omgooi. Dat ń mens tot sò ñ alleen plek daal, dat hy sy eie lewe neem. Moenie te hard op jouself wees nie. Al was dit nie familie nie, vir jou was hy ń bekende. Deel van jou verlede wêreld. Daar sal altyd ‘triggers’ in ons lewens wees. Hiedie was een van joune. ‘Just wait it out.’
LikeLike
Baie dankie. Ja dis ‘n vreeslike ding, die selfdood. Ek sal nooit weer so ‘n persoon veroordeel nie. Nooit-ooit nie!
LikeLiked by 1 person
Ek het iewerste gehoor dat elke mens met ‘n selfmoord neiging loop, en of die “trigger” kom, of nie. Hoe waar dit nou is, dunno. Het self ‘n moerse goeie vriend so verloor. Die drol. Hy weet net nie hoe mis ons hom nie. Maar die lewe gaan aan en soos die einste gesê het ” Die lewe is lekker, wees net ‘n lekker mens”.
LikeLike
Daai is nie ‘n jok nie. Ek ken baie sterk mense wat al huistoe is met ‘n smile net om nooit weer gesien te word nie. Mense van wie jy dit nooit sou verwag het nie!
LikeLike
Jammer, maar ek kon myself nie help om vir jou te lag nie – ek dink nie jy is gek nie, ek dink net jy is onkant gevang met die verganklikheid van die mens – en veral toe jy sien dit is ‘n “jong” mooi mens wat selfdood gekies het- dit is altyd hartseer.
LikeLike
So ‘n mors van goeie gees en talent! In hierdie tyd waar musiek weer goeie bloed nodig het. Hy kon nog ‘n verskil gemaak het.
LikeLiked by 1 person
Selfmoord vat nie die seer weg nie, dit word net geskuif na die wat agterbly! Dink die “rou” van jou het dieper (ander) wortels as net rou oor n “vreemdeling”
LikeLike
Ja wel ek weet regtig nie. Die lewe is so “fragile” en dan is daar diegene wat in hul siele ook breekbaar is. Ek raak angstig om te dink dat hy sy vrou en kinders dit aangedoen het maar aan die ander kant kan ek nie begin om te dink hoe hulpeloos hy moes gevoel het nie. Ek raak bang om te dink dat hy reeds op medikasie vir angstigheid was – wat help my en miljoene ander se medikasie dan?
LikeLiked by 1 person