Eerste Tiener-seer…

Vandat die Tiener gebore is, het ek nog altyd haar eerste seerkry gevrees.

En hier is hy nou…

Verlede week toe gaan ek mos tandarts toe en ek vra hom toe om die vieslike mismaaksel van ‘n ding uit te trek die oomblik toe ons die abscess redelik onder beheer gehad het.  Nou, toe die tandarts die tand uithaal (of, kom ek stel dit eerder so:  hy het hom eers onder my tandvleis gebreek en toe stukkie-vir-stukkie uitgehaal) toe kom daar sommer ook ‘n happie van my kakebeen saam.  Ek het amper die mure uitgeklouter!  Ek praat nou nie kak nie, hoor!  Die abscess was so erg dat hy nes geskrop het in my kakebeen, oppad na my oor toe en selfs my oogbal was seer.  Al hierdie maande dog ek my kopseer het te doen met bloeddruk, maar back at the ranch het dit te doen met ‘n vrot tand!

Die einste Donderdag wat ons toe nou afgespreek het om die tand uit te haal, besluit ‘Ta toe mos om na ons huis toe te kom om met die Tiener op te breek. Gulde fokken geleentheid, want ek loop toe met my skewe lip rond en ek kan niemand uitkak nie want my bek is te seer!

Anyway, hulle het nog so buite gesit en praat en toe kom daai Tiener-kind van my in die gang af gestorm, gesiggie getrek van die hartseer.  Sy gooi toe haarself daar op die grond neer en in haar fit of rage probeer sy toe die skirtings uit die mure trek.  “Ruk jouself reg!  My huis kom staan en opfok oor’lat jy gedump word nie, man!” mompel ek toe vir haar.  Sy staan toe op en daar gat sy weer buitentoe…  Apparently is dit nou overs-ke-dovers want hy voel nie meer die loving-feeling nie maar ek dink hy het kwas elders gekry en nou soek hy nóg.  Ek kén mos hierdie dinge.  My hart was saf gebreek toe ek nog in die Hoërskool was.  Ek het self ook ‘n paar manne-harte seer gemaak – die het blykbaar óók gevoellentes!

Anyway… kyk pappa, ek kom toe mos om daai hoek en ek vang haar op haar knieë, besig om hom te smeek om die kys nog ‘n kans te gee, en Myprodol en die tampon-gedoente in my bek of-de-not… ek doen nie die gat-lek ding nie!  Maar ek ruk haar daar aan haar arm op en spoeg die tampon’rige ding uit en ek skree vir haar:  “As ek jou OOIT weer op jou knieë vang, besig om ‘n man – of enige iemand for that matter, te smeek vir liefde – dan bliksem ek vir jou!  Verstaan jy?  Geen man is dit werd nie!”

Ek draai to na ‘Ta:  “En vir jou vra ek vandag baie mooi.  Jy het haar nou gelos.  Gaan huistoe en gaan aan met jou lewe.  Moenie my kind terugvat omdat jy haar in ‘n oomblik van swakheid jammer kry nie.  Ek was goed vir jou en sy was goed vir jou, maar as jy haar los, dan los jy haar nou finaal VANDAG!  En ek wil net vir jou vandag vir jou ‘n pluimpie gee dat jy nie soos baie ander klein dose was wat dit deur WhatsApp gedoen het nie… dat jy soos ‘n ware man dit face-to-face gedoen het.  Dankie, seun…”

Op die ou einde is hy daar weg en die tweetjies is nou oor en uit…

My kind suffer vreeslik.

“Wat het ma altyd gedoen as ‘n ou ma gedump het?”  Sal sy my vra.  Fokkit ek kan nie vir haar sê waste kak ék aangejaag het om oor ‘n man te kom nie…  “Die beste manier om oor ‘n man te kom, is om onder ‘n ander ene te gaan lê… ” was my motto altyd.  Of rook boom en suip Vodka tot jy êrens in ‘n veldjie voel of jy wil vrek.  Of krap sy kar…  O, nee fokkit!

Ek sê maar net:  “Wat jy ookal doen, wees ‘n lady… Altyd.  Moenie goeters doen wat vir jou geld kan kos aan die einde van die dag nie.”

En dan luister ons na my break-up song van my tweede egskeiding.

15 thoughts on “Eerste Tiener-seer…

    1. Ek glo die laaste van die tand-dramas is uitgesort. Vanoggend laat skoonmaak en Dr het my tandvleis oopgesny om been te verwyder. Die Tiener se seer hart kan nog ‘n wyle duur, dankie, kwagga!

      Like

  1. Ma van die jaar! Ek het hierdie nodig gehad toe Sot my die eerste keer los, maybe as moeder hierdie speech van kruip nie en los haar nou en klaar gegee het, het ek nie 8 jaar later stukkend en verlore daar uit gekruip nie. Well bloody done MM!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s