Emosionele Vampier…

Julle weet mos ek het al ‘n maatjie van die Tiener genoem wat so half-en-half ‘n kêffie-kat is?  Nou, ek wil nie lelik met die kind wees nie want ek was ook ‘n kêffie-kat en kyk hoe befok oulik is ek vandag, né?  Die Tiener is nie soos ek nie.  Sy maak een maatjie en vir haar is dit genoeg.  Terwyl ek baie vriendinne het (MAAR – ek het net 3 beste-este maters).

Nou met die boyfriend wat uitgemaak het en so aan toe sê ek vir die Tiener dat sy en die maatjie lekker kan jol die skoolvakansie – eintlik maar met die idee dat dit die Tiener se gedagtes van die drol wat haar hart gebreek het sal aflei.

Big-fucking-mistake!

Die woord “Emosionele Vampier” spring onmiddelik by my op as ek aan dié kind dink.  Aan die einde van die dag gaan dit nie meer oor my kind wat ‘n gebroke hart het nie.  O, nee!  Ons sit nou al omtrent ‘n week met ‘n ekstra stel estrogeen onder ons dak.  Voeg daarby ‘n patologiese leuenaar en iemand wat geen, maar GEEN verantwoordelikheid vir haar eie kak vat nie en dan begin jy die negatiewe vibes te voel.  Dis soos statiese elektrisiteit in ons huis met daai kind.  Voel kompleet asof Satan homself ook daar tuisgemaak het!  Nee o fokkit!

Om ‘n lang storie kort te maak:

Haar ma het ‘n woerts-warts verhouding met die pa gehad en toe sy uitvind sy is swanger, toe los sy hom en verbied hom toegang tot die kind.  En met goeie rede – hy was ‘n dwelmslaaf, en is steeds een.  Hy sit basies op straat – een van daai wat ek kort-kort pla en wegjaag terwyl hy en sy tjomme “blue-tooth” met heroin.  Kakker as slangkak!  Ek oordeel nou, ek weet.  Ek het self in my tyd baie kak in my nostrils opgejaag maar myself reggeruk ter wille van my kinders!

Nou, dié het nou besluit sy gaan vir die res van haar lewe teef en teem oor haar patetiese lewe…  “Tannie, my ma voel niks vir my nie.”  “Tannie, my boetie kry al die aandag.”  “Tannie dít”.  “Tannie dát”.  Bitch en moan van die môre tot die aand.  Sy het op ‘n baie vroeë ouderdom seksueel aktief geraak en dit is haar ma se skuld want sy het daddy issues (moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie – ek het ook al ‘n ongesonde porsie bedmaats gehad omdat my siening van vaderskap lelik skeefgetrek was toe ek jonger was, maar dit is niemand se skuld nie – stront gebeur!).  Sy het dwelms gebruik en dit is haar ma se skuld want sy wou van die pyn vergeet.  Sy het rondgefok met Ouija en al sulke kak en dit is haar ma se skuld want… fok ek weet nie maar ek weet net dit is haar ma se skuld.  Sy is al geskors uit ‘n koshuis en dit is haar ma se skuld – al het haar ma in ‘n ander dorp gesit.  Sy het gewigsprobleme en dit is haar ma se skuld want sy het low self-esteem.  Sy is gediagnoseer met ADHD en dit is haar ma se skuld – waarom weet ek nie, maar dit IS.  Sy hou net nie op nie!  En, ek moet dalk net byvoeg dat ek al ‘n HELE paar keer met haar ma gesels het.  Daai arme vrou het haar kind al by ál wat ‘n berader, psigiater en sielkundige gehad.  Hulle het min in die lewe, maar sy hou aan fight met die hoop dat haar kind sal regkom en eendag ‘n gebalanseerde volwassene sal word.  Sy het al vir my gesê:  “Ek weet nie meer waarheen met haar nie… ek bid my knieë saf.  Ek vra mos nie vir geld nie.  Ek wil net hê my kind moenie so kwaad en bitter wees nie.”

Jy weet, ekke sit soms álles in die huis af.  Al die radios, TV’s en goeters want ‘n spul geraas werk soms nie lekker met my angsversteuring nie.  Ek onthou nog die een aand (ek het net teruggetrek in my huis, toe ek en my eks besluit het om te skei) het ek al die breakers by die DB Board afgesit want ek kon fisies die elektriese strome hoor en dit het my vreeslik geirriteer – I shit you not!  Daai volgende oggend toe sit ek met ‘n paar rand se skade want die alarm se back-up battery het uitgeloop.  Maar, laat ek terugkom na my storie…

Nou, dié kind het soos ‘n bliksemstraal in my huis gekom en al die goeie chakra energie (of wat de fok hulle dit ookal noem) totaal-en-al opgefok!  Niks voel gebalanseerd nie.  Die negatiwiteit slat jou soos ‘n vuis in die maag as jy by die deur inkom.  Nie eers ‘n duur bottel wyn proe lekker nie – alles wat aangenaam en vreedsaam was in my huis het hierdie kind kom omvêr gooi.  Selfs ouma-kat en my Lexi-hond is omge-ally.  En toe tune sy my nogals een aand:  “Ek wens tannie was my ma… tannie verstaan my…”  Goeie fok, nee!  Toe sê ek vir haar:  “Nee my skat… hierdie tannie se skouers is nie breed genoeg vir al jou kak nie!” (Neem in ag dat ek al ‘n paar glase Chardonnay voor was!)

Sondagaand toe sorteer ek die Laatlam se speelgoed uit en ek hoor weer hoe die kind haar bek uitspoel en ek raak opgewen.  En daar kry ek ‘n asma-aanval vir die eerste keer sedert ek opgehou rook het.  Toe besef ek dat dié madam haar pie moet vat en waai want as ‘n ou fisies begin goor voel…  As haar teenwoordigheid nie goed is vir my nie, wat doen dit dan aan my kind?

Gister toe stuur ek vir die Tiener ‘n WhatsApp dat haar maatjie nou huistoe moet gaan.  “Mamma is so bietjie gatvol vir die negativity wat daar rondhang…” Sy vra toe:  “Wat bedoel ma?”  En ek antwoord:  “Jou maatjie gaan maak dat ek nie huistoe gaan kom nie.  Sy bring slegte vibes in ons huis in en ek as haar ma haar nie gaan moer nie, dan gaan ek! As ek vanmiddag by die huis kom dan moet sy weg wees.”

So gesê, so gemaak.

Ek voel so “lig”.  Die huis voel “lig”.  Die Tiener lyk nie meer so bedruk nie.

En…  Lexi-hond se stert swaai weer…

Nou lees ek dié stukkie want meer as een persoon het al vir my gesê dat ek ‘n “empath” is.

b2f3a37dfece85cbd69b90abf03ad6f7.jpg

 

8 thoughts on “Emosionele Vampier…

  1. Jy moet pasoppens vir die een. Sy sal groot k@k tussen jou en tiener maak net vir die sport daarvan. Ken hierdie persoon so goed soos myself en hulle raak net erger en meer wreed.

    Like

    1. Ek weet waartoe sy in staat is. Die enigste rede waarom ek haar nog nie opgefok het nie is omdat ek jammer voel vir haar ma. As ek met haar klaar is sal hulle haar sertifiseer en die sleutels wegbliksem. Moenie mind-games met my kinders speel nie, ek sweer! Hoe raak mense so?

      Like

      1. As jy uitvind moet jy my asseblief laat weet want sulke shit stirrers kon ek in my lewe nog nooit verstaan. Mense wat nie sonder drama kan lewe. Soos die tannie wie se man haar dik tik, sy waai, kry ‘n smart man, hou vir ‘n paar maande en gaan terug na die een wat haar moer. Hoekom? want dis lekker as mense vir jou jammer voel en jy altyd iets het om oor te kak en kerm. Scary mense daai

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s