Mamma se blou swietie..

Kyk, ek is poep-moeg soos wat ek hierso sit.  Ek moet net keer of my kop slat ‘n keyboard!

Ek het so twee weke terug ge-switch na ‘n ligter slaappil want die ene wat ek gebruik het, het my so bietjie-baie opgefok.  Ek het dit altyd “Mamma se blou swietie” genoem, maar later toe is dit nie meer snaaks nie, hoor!  Ek het in my beneweldgeit erg munchies gekry, ‘n paar imaginary friends gemaak en gesprekke met Rummikub teëltjies gevoer.  Nee o fok, die goed het lelik gesmokkel met my kop.  Ek kan nie glo dat dit wettig is nie!  Daai is nou die kak wat ek fyn sou gemaak en gerook het in my jonger dae…

Nou is ek op ‘n (heelwat) ligter slaappil maar ek kry darem ‘n slapie in tot so drie-uur soggens, wat beter is as niks.  Glo my, slaaploosheid kan jou heeltemal van jou sinne beroof!  Die laaste twee aande is egter ‘n bietjie van ‘n fokop!  Maandagaand het ek so drie ure slaap ingekry en ek lê al van vanoggend twee-uur af en tiewie kyk.

Maandagaand, terwyl ek en die Mister geslaap het, toe word hy wakker vir ‘n slukkie water.  Met díé skrik ek wakker en soos mes toe is ek uit daai bed uit en by die alarm se paneel en ek druk toe die panic button want ek reken toe daar is ‘n boef in ons kamer.  Die Mister het sy pis bitter geskrik!  Verbeel jou – jy wil net ‘n happie water vat en dan gaan die sirenes om jou af.  Daar is twee jaar terug by ons huis ingebreek terwyl ons geslaap het en ek dink nie dit is heeltemal uit my sisteem nie – volgens die speurders was daar bewyse dat daar ses van die etters in die huis was.  En deur alles het nie een van ons wakker geword nie.  Dit is ook waar my slaap-probleme begin het.  Fokkit dit voel of jy jou huis wil sloop en oorbou as daar ongenooide gaste by een van jou vensters ingekom het.  Blerrie robbies!

Vanoggend net voor 02:00 toe gaan die TV in ons kamer sommer net vanself aan.  Met die remotes wat daar doer lê en die troeteldiere, bygesê, in hul aangewese slaapplekke.  Soos… wat de fok!?  Toe skrik ek myself des-moers want ek het die ander aand hoeka gesit en skinder van iemand wat dood is toe dink ek so by myselwers:  “Hier’s sy nou, koei!  Mens loop nie en kak praat van die dooies nie!”

Ek kon nie weer slaap nie.  Toe gaan lê ek en Sirens kyk – ‘n redelike ou fliek en ek moet sê, ek het my deel van tiete, bos-mossels en tollies gehad vir die res van die jaar, hoor.  Maar kyk, Elle Macpherson het ‘n mooi paar boobies in daai fliek – Me want toooooo!  Maar nee, ek moet mos my geld blaas op kinders met skewe tande en sulke stront.  En as die tande klaar betaal is dan moet die badkamers oorgedoen word…  So ek gaan maar klyte toe met stel borste wat in ‘n halglike kondisie is (come to think of it… hulle lyk nog oraait as ek my arms oplig…)

Later toe staan ek maar op en braai bietjie uie en gooi ‘n stuk pot-roast en wortels in die slow-cooker vir vanaand se aandete.  By die huis gaan ek net ‘n ou basmatie’tjie en ‘n roast veggie aanmekaar slaan en DAN gaan ek ‘n glas rooi met ‘n kwart blou swietie drink (ek het nog so vyf in voorraad vir noodgevalle) saam met so tien druppels Cannabis oil en in die kooi klim.  Niks se ge-TV kyk en stront vanaand nie.  Ek gaan huistoe, eet, ‘n glas wyn met my meds drink, in die bad klim en kooi toe anders gaan ek dalk net poef aanjaag waarvoor ek nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Lekker aand en soete drome, almal…

11 thoughts on “Mamma se blou swietie..

  1. Dink jy nie n HALWE blou sweetie sal die ding doen nie? Ai ek lag altyd lekker vir jou manier van skryf! Lekker slaap.
    ps.
    My boobs lyk oki te bad AS ek my arms oplig nie, maar andersins maar slapperig…….. bawhaaaa, lekker lag ek

    Like

  2. Die Stones sing mos hoeka van mother’s little helper.
    Ons TV het ‘n ruk nadat ons in hierdie huis ingetrek het dieselfde nuk uitgehaal. Hier drie uur in die oggend gaan hy full blast aan. Die eerste keer het ons ons natuurlik des moertoe geskrik. Ek het self gedink dis die vorige eienaar, ‘n ou tannie wat oorlede is, wat hier spook. Maar dis net een of ander setting wat hay wire gaan.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s