Egskeiding van die Narsis

Hier is ek weer, en só het die pot toe nou oorgekook…

So ruk terug toe kom die Tiener na my toe en vra sy wil by haar ouma en díe se teertang gaan oorslaap.  Daar gekom toe drink ek maar ‘n ou doppie saam met hulle want my ma moan altyd omdat ek nie wil kuier nie.  Die ding is net ek hou nie daarvan om daar te kuier nie.  Sy het ook al erken sy hou nie daarvan om by my te kuier nie, so the feeling is mutual.  Ons is nie soos ander ma’s en dogters waar die dogter kom kuier, haar skoene uitskop en op die kitchen counter gaan sit en chat met haar ma nie.  Ek voel nie tuis nie.  Dit was nog altyd so.  Op daardie stadium sien ek toe my ma se man se gesig is all lekker rooi gedrink.

Een dop later toe is ek huistoe om braaibroodjies te gaan maak, want dit is wat goeie vrouens op ‘n Saterdagmiddag doen – hulle maak braaibroodjies.  Luister nou mooi na wat hierdie tannie sê – maak vir jou man braaibroodjies, okay!?

Sondag toe gaan haal die Mister die Tiener en ek sien die kind is nie lekker nie.  Ek dog toe dis maar oorlat’ sy die ex boyfriend mis want sy wil nie praat nie.  Later die week toe maak sy nou haar hart oop en vertel my hoe haar “oupa” (my ma se teertang) my beskinder.  Goeters soos:  “Hoe voel  dit dat só ‘n fucked-up mens jou grootmaak” en “Sy is ‘n regte teef”, blah… blahhh… “En nie van dié naweek af nie, ma… vandat ek kan onthou praat hy ma so sleg by my.  Hy wag totdat ouma haar middagslapie gaan vat dan trek hy los.”

Nou, ek voel ‘n veer wat ander mense van my dink.  Wat my wél verstom, is dat jy só lafaard is om jou griewe teenoor iemand anders met ‘n kind te deel.  Nou wil die Tiener nooit, ooit weer daar gaan kuier as hy daar is nie.  Hom tot geblok op Whatsapp…

Op daardie stadium was my ma en haar teertang oppad Komatipoort toe, so ek wil nou nie ructions maak as sy nou ‘n “welverdiende”  ruskans nodig het nie.

Hulle hou nog so in luxury vakansie, en ek sit hier en werk myself op tot op ‘n punt dat ek in ‘n lelike depressie val want ek wil my ma se man se oë uitgrou met my ouma se koekvurkies wat sy van Holland af gebring het!

Terug by die kantoor los ek my ma eers vir die gebruiklike Maandag-oggend vergadering en later toe sê ek vir haar:  “Ons moet praat”  – Nou daai drie woordjies nê, gebruik ek bitter min in daardie volgorde – want dit beteken die apocalypse is op ons.  Shit is going down.  Jy kan my beskinder soveel as wat jy wil maar vir de fok los my kinders uit.  Gaan na ‘n dônnerse kroeg toe en gaan maak maatjies daar (hy het hoeka niks vriende nie) maar my kind is nie jou tjomma nie!

In my kantoor draai ek toe nie doekies om nie:  “Jou man se tong is alweer los.  Hierdie keer met my kind.  Jóú kleindogter, wie kastig die appel van jou oog is.  Sy is upset en om eerlik te wees, as sy hom nooit weer sien nie, is dit te gou.  Asseblief hou hom in toom want hy gaan skeit!  Ek het vir hom nege jaar gelede gesê hy moet  oppas want ek hou hom dop en ek bedoel dit.  Ek gaan hom sink!” (want ek kan, as ek regtig wil!)

…. And that’s when the fight started…

En sy gil!  “Jou kind praat kak!  My man is ‘n wonderlike mens.  En hou op om hom ‘n doos te noem…”  Yadda…yadda…yadda  en ek sê toe “Hy noem my die heeltyd teef, so as jy kan uitdeel moet jy kan ontvang ook?”

En toe, weer die woorde:  “Jy weet… niemand hou van jou nie!  Jy is ONGELIEFD”

Die feit dat my ma wééreens vir my laat weet het hoe “ongeliefd” ek is, was die laaste strooi.  Ek kon nie onthou hoe ek daar gekom het nie, maar ek het by my sielkundige opgeïndig, en dié het weer ‘n afspraak by die psigiater gemaak.  Ek was dadelik medikasie voorgeskryf om my “funksioneel” te hou totdat ‘n bed in die psych ward sou oopgaan.  In totaal was ek vir drie weke afgeboek waarvan ek een week in die inrigting opgeneem was.

Álles, vandat ek by die sielkundige was totdat ek opgeneem is (ek moes omtrent vier dae wag vir ‘n bed) is een moerse waas.  Ek kon nie kosmaak nie, ek kon nie rondry nie, ek was totaal en al in my moer in en afhanklik van my man.  Ek het so te sê in ‘n katatoniese mode in gegaan.

In die hospitaal het ons intense berading gedoen.  My medikasie is ook aangepas en ek is van die Stilnox af wat befok is want ek sien nie meer drogbeelde nie en ek knoop ook nie meer gesprekke aan met imaginary friends nie (true story).  My eetlus is ook weer merkbaar onder beheer want die Bulimie het weer geraak-raak aan my.

In die hospitaal en met die berading saam het my oë oopgegaan en ek het besef dat ek my ma se puppet is en dat dinge giftig is in ons verhouding:

  • Vandat ek om en by in 2005 die boekhouding en uitbetalings oorgeneem het, was ek nog nooit op ‘n verlof waar ek níé my werk saamgeneem het op vakansie nie. My ma se woorde was:  “It comes with the job” – dit terwyl sy nog goed geweet het hoe om my werk te behartig in my afwesigheid.  Selfs toe ek Mauritius, London en Skotland toe was moes ek werk en uitbetalings maak.  Met my kraamverlof was my rekenaar en “files” na my huis toe gebring.  Die dag toe ek met die Laatlam ontslaan was, moes die Mister die baba vat en ek moes dadelik begin werk het. My ma kon nie eers self haar persoonlike rekeninge betaal nie – dit was na my ge-epos en ek moes dit betaal – en dit is nie dat sy tegnologies-gestremd is nie.  Sy is net dônners bederf!
  • Behalwe in ons persoonlike verhouding, is ek deur haar en haar man (EN haar eksman) misbruik in die besigheid. Ek was as direkteur aangestel, maar nie met die oog om eendag die maatskappy oor te neem nie of om enige insette te lewer nie.  O nee!  Ek was aangestel omdat my handtekening beteken het dat ek al hul kak kon uitsorteer.  Teen ‘n bedrag van R6 500.00 MINDER as die deursnee boekhoudster met dieselfde ondervinding in ons area.  Skaamteloos het hulle my gemelk en moes ek dinge bymekaar hou terwyl hulle elke tweede maand op vakansies gegaan het.
  • Ná intensie terapie, het die sielkundige afgelei dat my ma heel waarskynlik ‘n Narsis is. Dit is ‘n verskriklike gevoel om te besef dat jy grootgemaak was deur twee van daai soort.  Daar is nie hoop nie.  Daar is nie liefde nie.  Geen beskerming nie.  Geen uitkomkans nie.  Alles is ononderhandelbaar. Ek was onderworpe aan konstante emosionele mishandeling wat op die ou einde gelei het tot my kliniese depressie en angs waarvoor ek medikasie moet gebruik vir die res van my lewe.  Op hierdie stadium kos my depressie medikasie R1 800.00 per maand en die mediese fondse trek mos hule neuse op vir ons “malletjies”.
  • Ek moes uit. Uit die verhouding met my ma en haar man.  Uit die verhouding met my kollegas.  Uit my werk.  Ek het geen ander keuse gehad nie.
  • Die hartseer ding is, as jy bande breek met ‘n Narsis (al is dit jou ma) – hulle verlang nie na jou nie. Hulle voel niks.  Sy gaan die geleentheid gebruik om simpatie vir haarself by ander te wek en húlle sal dan haar volgende slagoffer(s) wees.  Ôg dit sal salig wees as dit haar man kan wees!

Ek, my sielkundige, my oupa en die Mister het sáám besluit dat ek my direkteurskap moes afteken en bedank.  Ek kon nie meer so voortgaan nie.

Toe ek uit die hospitaal onstlaan was, het ek nog ‘n week by die huis spandeer.  Alles was nog baie deurmekaar van die medikasie wat ek vir angs (Ativan) moes gebruik.   Ek wil nooit weer op so plug wees soos wat ek was nie.  Die gevoel van “nie in beheer wees nie”.  Die heeltyd pla die hele Ativan ding my en toe ek daaroor gaan lees toe tref dit my.  My Dude (Chris Cornell) het Ativans (meer as die voorgeskrewe dosis) gedrink voordat hy selfmoord gepleeg het.  Maar, dit het gehelp toe ek nodig gehad het om te rus.  Nou is ek klaar met dit…

Ek is werk toe en ek het my een maand kennis gegee.  Sal my ma toe nou mos nie vir my sê ek is “geestelik versteurd” nie.  Kyk, toe skop daai frontal lobe van my brein in en ek dog toe by myself:  “Jou moer, vroumens!  Ek is nie meer tien jaar oud nie!”  en ek klim haar goed in.  Ek kan nie onthou wat ek vir haar gesê het nie want ek was nog op ‘n baie lae dosis Ativan maar ‘n paar dae daarná toe moes ek vorms teken (wat die Mister darem eers aan my verduidelik het) maar ja, ek is so te sê onterf.  Maar ek voel ‘n veer!  Ek gaan nie deur aardse besittings aan my neus gelei word nie.

Ek het toe ook sommer my dokter gebel wat met my EEG resultate sit en hom gevra:  “Quintin, is ek geestelik versteurd?”  Hy lag toe en sê:  “Nee my girla.  Daar is ‘n moerse verskil tussen depressie en geestelik versteurd wees.  Ons sou dit heel waarskynlik opgetel het met jou EEG toetse en jy is fine…”  So, daar het jy dit.  Ek is fokken normaal…

Terug by my kantoor toe sit ek met kak van ‘n ander aard.  My ma het my werk probeer doen en sy het yslike stront aangejaag.  Sy reken dit was nie sy nie, maar ek het hierdie ding wat ek doen:  Alles op die boekhou-sisteem wat ek inlees word in Caps Lock gedoen en sy doen weer al haar goed in klein letters.  Nou is ek angstig en geirriteerd en ek moet haar kak regstel.  Bliksem sy doen boeke vandat ek kan onthou en ons het sáám die Pastel-kursus gedoen, ek meen, wat de fok!?  Dit is dalk omdat sy nog met ‘n stokou rekenaar sit want sy is te skeit-bang om die nuwe weergawe Pastel te leer en dit is eintlik moer eenvoudig.

Nes die tyd toe ek twee weke ná my rugoperasie moes teruggaan werk toe (let wel, ek was vir ses weke afgeboek) en ek moes WEEREENS haar kak regmaak.  Toe ek uit die hospitaal ontslaan was ná die operasie het ek dieselfde dag besluit dat ek my man gaan los.  Ek is van die hospitaal af reguit na my ma se huis toe want my eks se suster het daardie tyd my huis “gehuur” (die huurgeld was nooit aan my betaal nie, maar in sý huis se verband – so ek het huur betaal aan my eie man – mense is dose!).  Nou verbeel jou dít:  Jy het seer – van binne en buite.  Jy kan skaars die toilet gebruik en jouself aantrek.  Jy het uitgevind jou man het jou met HORDES vrouens verneuk (gelukkig het ek ‘n HIV toets laat doen voor die operasie en ek is skoon).  Jy is depressief.  Jy is hulpeloos.  ‘n Week nadat ek by haar aangekom het reken sy my:  “Ek dink jy moet terugkom werk toe, dan sal jy minder aan hierdie kak dink en besig bly”.  Ek onthou dit so goed.  Sy het vir my ‘n kabinet gekry met ‘n tamatiekissie op en die rekenaar se monitor bo-op die kissie gesit want ek mag nie gesit het nie.  Ek moes óf staan óf lê.  Omdat ek so baie bloed verloor het met die operasie (en as gevolg van ‘n gebroke hart nie kon eet nie) het ek floutes gekry as ek te lank gestaan het.  Toe bring sy een van haar swembad stretchers kantoor toe sodat ek kon lê as ek flou wou word.  Sy het my met ‘n lekker vet sucker gevang.    Narsis deur en deur.  Spin ‘n sob-story om mense te manipuleer vir hul eie gewin.  Ek besef nou sy het my net gebruik want sy het nie kans gesien om vir nóg vyf weke my werk te doen nie.  Hoe de moer doen jy dit aan jou eie kind!?

Terug by die hede…

My ma het toe ‘n ander boekhoudster gekry wat ek moes oplei.  Pragtige mens wat in twee weke baie diep in my hart in gekruip het.  Skielik kry ek toe net ‘n briefie dat my lyn en internet oor vyf dae gediskonnekteer sal word en ek my rekenaar, die maatskappy se files en die printer moet teruggee.  Ek laat weet hulle toe dis reg maar die printer bly.  My eks man het dit vir my gekoop.

Nog baie dinge het intussen gebeur, maar in kort:  Ek werk nou voltyds vir my oupa.  Soos wat my oupa se huurkontrakte verval by my ma se besigheid moet dit aan my oorhandig word en só sal my salaris weer stadigaan aangepas word.

Hierdie is die kakste tyd van my lewe.  Kakker as my tweede egskeiding. Ek is so te sê besig om van my ma te skei.  Besigheidsdokumente is verander.  Mense is onterf.  Direkteure is afgedank en nuwes is aangestel.  Trustees is uitgelaat en nuwes aangestel.  Tekenmag is hier gekanselleer en daar weer ingestel.  Dit is uiters onaangenaam want my ma is woedend dat my oupa agter my staan, maar hoe sê hy?:  “Sy het my grys hare gegee as tiener en sy doen dit steeds.  Sy en haar man gaan my nie meer misbruik nie…”

Ek sukkel steeds baie met angs.  Sommer net vir níks sal die hartkloppings en die gesweet begin.   Dan, die gevoel dat niks meer die moeite werd is nie.  Wat gaan van my word as my oupa, my anker, sy laaste asem uitblaas?  Wie gaan dan baklei vir my?  Dan haal ek maar net diep asem en gaan stap ‘n ent, soos ons in die hospitaal geleer is.

Ek kan nie glo dat my ma my so siek maak nie.

En, o ja… ek het weer begin rook.  Dit is darem beter as ‘n spul kalmeerpille.  Ek sal maar weer volgende jaar plan maak maar vir nou help dit.

Dit kan seker net van nou af net beter gaan.

0007a2486b8fa6fea299949d91f6400d.jpg

19 thoughts on “Egskeiding van die Narsis

  1. Ek het net 3 dae gewag vir my bedjie in die Marshmellow paleis, en toe kon ek comfortably numb vir 10 dae vakansie hou. Stillnox is een van die ingredients in die cocktail wat my psigiater voorgeskryf het, en myne los ek vir niks. Die hele experience van my breakdown in Feb, tot my opname in Julie was vir my life changing ten spyte van al die uitdagings en veranderings wat ek gemaak/veroorsaak het.

    Ek hoop hierdie is vir jou ook life changing ten goede, en dat jy binnekort op kalm waters sal vaar. Sterkte en lig. Keep on holding on.

    Liked by 1 person

      1. Ja maar dan gaan ander voel hoe jy gevoel het toe jou dude homself ge-off het. Jy is dan nou vir die eerste keer vry, just try the “outside” life voor jy duik. As jy onder jou ma uit is en steeds wil duik, kom cheers ons eers voor jy gaan but till then….rock on

        Like

  2. My hart bloei vir jou… tog relate ek met jou… narsis is n moerse lelike ding, ek WEET. Niemand is opgewasse teen hulle nie.
    Chin UP! Ek dink jy doen goed. Alle voorspoed met jou nuwe werk by oupa. Ek glo op sal uit die graf steeds vir jou “sorg” en steeds vir jou fight.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s