As die Duiwel aan jou holhare pluk…

Soos wat ek die giftige mense uit my lewe (probeer) kry, kom al die ou drolle van die verlede nou weer in die prentjie.  Ek sweer… dit is asof die duiwel los is en ek is sy teiken.

Toe ek nog mooi en jonk was met stywe tieties, toe gaan ek vir ongeveer twee jaar uit met “Hannie”  (skuilnaam).  Ons het ‘n wonderlike tyd gehad en ek was lief vir hom maar toe my ma en stiefpa besluit om finaal op te breuk, het ek die pad bietjie byster geraak.

Ek het moerse “Daddy Issues” gehad en het ‘n skelm romance met ‘n baie ouer man aangeknoop en Hannie op die ou einde gelos vir hom.  Die ergste van alles was dat hy (die ou top) op ‘n drumpel net soos my stiefpa gelyk het.  Ons het nog ‘n cocktail party by die werk gehad en toe kom hy ingestap en alles raak stil.  Skielik hoor ek net ‘n stem:  “My fok!  Wat maak Hendrik (skuilnaam) hier?” terwyl dit eintlik my outop was. Die mense was baie bekommerd oor my, en dit is moeilik om te verduidelik, maar dit was soos om steeds jou pa te hê (want hy lýk soos jou pa) behalwe dat hy my beter behandel het en vreeslik bederf het.  Hy het na my omgesien en ek het veilig gevoel.  Om die een of ander fucked-up rede het ek dit baie verleidelik gevind.  Die verhouding het nietemin nie baie lank gehou nie want hy was lief vir Krieket en ek wou strate toe – dít is waar die groot verskil in ouderdomme begin krap het.

Maar, voordat julle vir Hannie jammer kry, luister nou eers waarom hy verdien het wat hom toegekom het…

Gedurende die tyd toe ek by my ma moes bly terwyl my stiefpa in my woonstel geplak het, het my ma my eendag swaar gedose op Valiums.  Ek onthou ek het erg deurmekaar opgestaan en die gordyne oopgemaak.  Toe sien ek my ma in die swembad met Hannie op die rand met sy voete in die water, besig om met haar toon te vroetel tussen Hannie se bene.  I shit you not!  Sy het hierdie ding op twee ander geleenthede ook gedoen.  Sommer eenkeer die ou oop-bek gesoen maar ek was nie so erg ontsteld daaroor nie want ek was nie tjoklits vir die ou nie, maar Hannie was anders.  Ek was lief vir hom.

Waarom raak sommige vrouens so uiters fucked-up as hulle aan die skei is?

Ek het verlede week besluit om Facebook finaal te groet.  Ek is moeg vir die (false?) information overload.   Wie kontak my toe ná 18 jaar?  Einste Hannie!  ‘n Mutual Friend moes my selfoon nommer vir hom gegee het want my rekening was baie privaat.  En hy begin so hanna-hanna en ek dog toe wag, laat ek die kans aangryp en ek vra hom uit oor “daardie dag” in my ma se swembad want ‘n mens hoop maar dat jy dit verbeel het.

Anywhoo, hy het alles erken.  Dat hy en my ma daardie dag gedrink het en dat hulle heel orig geraak het.  Ek was nie verbaas nie.  Ek weet wat ek gesien het, ek wou net seker maak…

Ek ignoreer hom toe verder en hier begin die jagsgeit toe nou Vrydagaand inskop.  Ek praat oor my kinders, oor my werk en oor politiek.  Jy weet, ditjies en datjies.  Niks om ‘n online affair aan te hits nie want ek is te kak-sleg en stupid (en sommer net nie lus) om myself in NOG kak te begewe.  Nou check ek, hoe later hoe kwater.  En hoe minder ek met hom wil gesels hoe meer vertel hy my hy wil hê ons moet mekaar ontmoet vir ‘n drink en dat hy verlang, hoe meer befok raak ek want as hy dink hierdie tannie het NOG ‘n strontstorm in haar lewe nodig dan maak hy EEN MOERSE FOUT!  Fok tog!

Ek het hom toe uiters onbeskof meegedeel dat ek gelukkig getroud is en dat hy maar ‘n ander plan  moet maak met ‘n ander vrou as hy so voel maar dat die verlede liefs daar gelaat moet word. Hy gaan anyway bitter telleurgesteld wees as hy gaan sien hoe dinge in my lewe verander het, fisies, emosioneel… ag man, op elke vlak.  Hy sal so vining terughardloop na sy vrou toe om sy vlak lewe te hervat. Hy kon nie sy pose hou toe ek destyds stukkend was nie.  Hy sal my op my heel stukkendste óók nie kan handle nie.

Nee regtig.  Ek het eenkeer ‘n getroude man gevry by ‘n plek maar ek het nie geweet die bliksem is getroud nie want hy het nie sy ring aangehad nie.  Ek voel nóú nog sleg daaroor.  Ek was daar.  Die patetiese vroutjie wat by die huis sit terwyl haar man rond hoer – dit is iets wat my walg!

Vir mý gaan jy nie eers verlei kry op my kwesbaarste nie! “Tsek, satan!

9a9bf75b6ec3ac4fb73f279df1e72c2e

 

 

 

 

 

 

13 thoughts on “As die Duiwel aan jou holhare pluk…

  1. En, the moral of the story don’t drink… totdat jy “lus” raak vir die mans in jou vrouekind se lewe nie… nee sies man, sonder om upstairs te klink, net die gedagte laat my gril. Soos die skoondogter wat met haar skoonpa afhaak, verdomp vulger… en ek gril nogsteeds! Geen flippen scrooples is wat hierdie ma in die skrywe het nie….

    Like

      1. Ek kan glo… en dan wonder ek ook kan ma’s kinders rerig ooit net te kwaad maak? Maar ai, ek dink dit is die ergste verraad wat ‘n ma ooit haar dogter kan aandoen. Ongeag of dit net ‘n boyfriend is. Daar is net sekere morele lyne wat niemand ooit durf oortree nie. Selfs al is jy onder die prop. Stywe, stywe druk vir jou xx

        Like

      2. Ek kan jou verseker jy sal nooit so kan wees nie – jy het hopeloos te veel integriteit en jy ken die pyn wat sulke goed veroorsaak aan jou eie bas. Daarom juis, sal jy als in jouself doen om dit te verhoed.

        Like

  2. Daai geskeide (of byna) vrou (en man) sindroom gaan oor selfbeeld. En dan kom waardes in – sal jy tot op die vlak daal om iemand anders se vrou/man te vry/spyker/whatever.
    Blok die drol as hy nie fokof verstaan nie en as hy weer bel, record en stuur vir sy vrou

    Liked by 1 person

    1. Ek sweer ek sal dit doen. Jare terug to ek met eks#2 getroud was toe gebeur dieselfde toe bel ek sy vrou. Maar wie was die vark in die verhaal? EK! Nie van “Dankie dat jy my waarsku nie”. Die hele familie het my kak gegee!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s