Karate-kid en die psych ward

Die “psych ward” was nogal ‘n experience van ‘n ander soort.  Nie soos verlede jaar se episode nie.  Ek gaan nou eers vining praat oor verlede jaar en hoe EK dit ervaar het.

Ek het nie veilig gevoel nie.  Daar was baie swart mense en in die groep-sessies was dit baie duidelik dat hulle baie bitter is teenoor die witmense.  Buite die sessies waar ons moes saam eet, was dit heel skaaflik, maar waar ons in normale omstandighede met mekaar moes omgaan, kon mens die vyhandigheid aanvoel.  Hier en daar het hulle ook nie geskroom om ‘n snedige aanmering te maak nie.  En, soos ons almal weet, is die witmens se hande afgekap.  Ons mag niks sê nie.  Waarop dit eintlik neerkom is dat bitter min mense eintlik in sulke omstandighede genesing vind.  Jy is daar omdat jy geestelik ingee, maar dan word die sondes van jou voorvaders in jou gesig gegooi.  Ek is anyway fokken oor dit.  Regtig.  My ouma en oupa was goed vir swart mense en het hulle nog al die jare behandel soos hul eweknie.  Een van my oupa se bouers wat hy destyds as 17-jarige opgelei het is tot ‘n begunstigde in sy testament.

Hierdie keer was ek in ‘n ander hospitaal opgeneem.  Ek het so gewens hulle sit my net ‘n week uit.  Regtig, ek het nie kans gesien vir groep-terapie en etes aan die tafel nie.  Maar nee, ons was soggens om 5:30 wakker gemaak vir vitals.  Snaaks, ek sukkel met lelike hoë bloeddruk, maar dáár was my bloeddruk eksie-perfeksie.

vitals het ons kans gekry om te gaan stort en te titteweit.  Die een oggend was daar nie warm water nie en die vrouens het uitge-freak. Ek het dit as ‘n geleentheid gesien om mindful te wees (wat de fok dit ookal beteken maar dit is nou die nuutste “ding”).  Ek het in die koue water gaan staan en dit gevat soos ‘n man, al het elke spier in my lyf gepyn.  Nonetheless het ek baie goed gevoel ná die tyd.

Daar was meer witmense as swartmense, maar die swartmense wat daar was, was baie aangenaam (behalwe twee, maar ek sal later oor hulle praat).  Nietemin is daar steeds ‘n skeiding.  Toe ek ingeboek het, toe word twee ander swart vrouens uitgeboek in die kamer langsaan.  Die swart vrou wat ‘n kamer met my en twee ander witmense moes deel het gevra dat sy oorgeplaas word na die kamer langsaan omdat (ek vermoed) sy dan die kamer met twee ander swart vrouens wou deel.  ‘n Ander tannie, wat in ‘n privaat kamer was, het toe gevra vir die oop bed in ons kamer – en mense, het ons fun gehad!  Tot ons eendag oor die vingers getik was vir rusverstoring.  Soms is ons prontuit gevra of iemand vir ons drank ingesmokkel het.  Snaaks dat jy jou clown gesiggie opsit as jy flenters is van bine?  Nietemin het die susters ‘n traan gepik toe ons almal saam ontslaan was want ons het, volgens hulle, bietjie “kleur” in die plek gebring.

Ná titteweit-tyd was dit ontbyt.  Wat vir my ‘n marteling was want ek is op gesweep en befok en as ek so voel dan wil ek nie eet nie (ek het al 7kg verloor met al die kak want ek sukkel om te eet).  Maar die kos was goed, dit moet ek hulle toegee.  Ná ontbyt het ons medikasie gekry.  Kort daarná het ons oefeninge soos yoga gedoen – het jy al gesien hoe sit ‘n ou tannie van 70 ‘n mens ore aan?  Goeie bliksem daai ding is so slap dit lyk of sy balloon twisting met haar lyf kan doen!   Dit is ook met hierdie oefeninge dat ek myself begin oopruk het vir party van die mense, want nou moet jy weet, die meds begin nou inskop dan raak ‘n mens lomp.  Sommiges het sommer wild en wakker winde begin gelos.  Hoe de moer oefen jy met soveel funniness om jou?

Ná oefeninge is dit rook-tyd (of koffie-tyd) wat dan opgevolg was deur ‘n groep sessie.  Ek kan nie glo hoe my weerstand teen medikasie deur die jare toegeneem het nie.  In die sessies het die helfde van die pasiënte al begin uitpass van die tranquilizers.  Ek het myself kort-kort oopgeruk oor die een tannie wie se valstande kort-kort uitgeval het as sy so afgedose het.  Dan lyk sy soos ‘n Pekingese met ‘n ondergebit.  Bliksem dit was snaaks.

Kort ná die eerste sessie was dit middagete waaraan ek ook maar traag  gekou het met nog ‘n uur-lange sessie wat gevolg het.  Teen daardie tyd was die meeste mense al mooi gatvol.

Ná die tweede sessie kon ons bietjie gaan rus of doen wat ons ookal wou wat dan weer gevolg is deur nóg ‘n uur sessie en dan aandete.  Van 19:00 tot 20:00 kon jy gaste ontvang.  20h00 Kry jy jou medikasie en toebroodjies (fok jy vreet en trip net die hele tyd!) en 22:00 is dit lights out.

Mens sou nou dink mens se kop is by belangriker dinge as mens is só ‘n plek is, maar toe nou nie.  Daar was so blok van ‘n man (ek skat hom so 30) wat by my begin aanlê het maar ek het vir hom gesê “piss off” – bliksem dat sy korosie nog kon inskop deur al daai medikasie?  Dan sal die tannies my saans spot en sê “Allie lê lekker by jou aan… kwaaaaakwakwakwaaaa!”.  Daar was ook ‘n gay outjie wat my kom reken het:  “Jou man het ‘n lekker paar sterre aan hom….”, dan ruk ek my oop… en ek voltooi sy sin:  “… om ‘n piesang in te bêre, ja!”   Maar my man hét ‘n mooi gat aan hom…

Die een swart man het ek in ‘n sessie aangevat want hy het gespog hoe hulle gesuip raak, wild vreemde vrouens aankeer (hulle noem dit “courting”) en sommer spyker sonder enige voorbehoedmiddels.  As sy dan ná ‘n paar maande met haar boepie verskyn dan maak hulle gat skoon.  “Really, what has this to do with you being here?  You are not a hero for shagging strangers and not manning up afterwards!”  Die sielkundige moes my stilmaak.  Hierdie kwessies maak my moerig want ek moet help om my huishoudster se dogter se twee kleintjies groot te maak want die pa’s is missing in action…  En dan praat ek nie eers van die miljoene vrouens daar buite wat deur dieselfde deurgaan nie

JULLE BITCHES MOET WAKKER SKRIK!!!  JULLE SPYKER GATE IN DIE EKONOMIE!

Die ander swart vrou (ek het haar karate-kid gedoop) wat daar was het my nie regtig gegrief nie.  Ek dink net nie sy het daar gehoort nie.  Die eerste dag dat ek haar ontmoet het, het ek baie ongemaklik gevoel.  Sy het na my toe gekom en gevra:  “Are you American?”  en toe ek haar antwoord:  “No, I am South African”, toe gaan sy ape-shit en sy waarsku my:  “Don’t lie!  I can read minds!  You are American!  Look at how fucking white you are… By the way.  John Cena is my boyfriend…”  Wat. De. Fok!

Een aand toe sit ek nog so rustig en tee drink in die eetkamer en hou haar dop.  En sy begin haar knieë buig en so sideways loop na die veiligheidsdeur. Maar papa!  Sy haal daar ‘n karate-move uit wat die hele hospitaal tot stilstand ruk.  Sy het daai deur (wat ekstra-ekstra-ekstra sterk is sodat die malletjies nie by die gewone sale kan uitkom nie) moer-toe geskop.  Ok, nou nie moer-toe nie, maar hy was moer-toe gekraak.  Twee dae daarna sien ek weer sy pull daai karate move en ek sê vir die suster “shit is going down with that one now”.  Sy ignoreer my.  Ek sê weer:  “Listen, she’s going to fuck up that door in a few seconds…” en KWA!  To skop sy hom uit sy skaniere uit.  Fokkit sy is so sterk soos ‘n bees! Hulle het haar toe onder sterk sedasie gesit en na ‘n ander inrigting verplaas.  Sy is glo skisofrenies en ek dink hulle het haar net tydelik daar gehou totdat hulle ‘n ander plek vir haar kon kry.

(Nota aan myself:  Skop goeters stukkend as die pille te flou is…)

Verder het ons maar net rond geneuk, sessie-na-sessie bygewoon en mekaar getroos want die mense se lewens is aan’t vlarde.  Ek was verbaas toe ek na nét een week ontslaan was.  Ek wou nie huistoe gaan nie.  Daar binne word mens nie veroordeel nie.  Hypothetically speaking kan jy rondloop en sê jy sukkel met anal leakage, ‘n stertjie of ekstra nipple het en hulle sal jou ondersteund en moed inpraat. Die lewe hier buite is anders…  So judgmental en fake

Toe ek daar waai toe los ek my mandala inkleurboek, kryte en kokipenne daar want ek het agtergekom dit maak die mense baie rustig as die gemoedere hoog begin loop.  Tot die mans het later gesit en inkleur.

Ek moes later verneem dat daar eendag een moerse fight uitgebreek het oor my boek en kryte dat daar net splinters en stukkies papier oorgebly het.

Ek wonder hoe gaan dit met Karate-kid…?

c0790be3df5e2e3b0cc33f9ca1657593

10 thoughts on “Karate-kid en die psych ward

  1. Maybe I got lucky.
    In die marshmellow paleis waar ek was is die ratio vrouens tot mans 2:1. 4 x vroue sale en 2 x mans sale. Toe ek aankom was my roomie ‘n ou swart madala. Hy het my onder sy vlerk geneem en my die ins/outs van die plek geleer.

    Daar was baie ouens in die saal my ouderdom en ouer. 40 Plus. Almal daar van boere en boilermakers met anger issues tot poliesmanne met serious PTSD, moerse manne wat jou kad skade maak. Maar elke aand agtuur het ons ‘n moerse hou gekuier op tuna mayo broodjies, top shelf meds en koffie. And we had each others backs, die ondersteuning was daar.

    En ek sê dit met die grootste respek, maar daai manne van 100kg plus het my nie eers ‘n idee van bang gegee nie, maar die petite (en less petite) vroue scared the living dayligts out of me. Ek sal nie ‘n vrou in ‘n mental institution wil wees nie

    Liked by 2 people

      1. Is daar so iets so kort mannetjie sindroom vir vroue? Dalk was dit haar issue.
        Die eerste naweek van my verblyf boek hulle so klein Indiër klong in, en die eerste ding wat hy doen is om die boilermaker van Groblersdal te gaan uitkak oor hy nie van die ou se kitaarspel gehou het nie. Toe dit nie werk nie toe begin hy die ou se ma vloek van onder af….serious voetfout!. Groblersdal se boerseuns is lief vir net drie dinge: Hulle ma’s, hulle bakkies en hulle boerboele, in daardie volgorde. Die wannabe rocky belboa is dieselfde dag nog teruggestuur na sy ma’le toe…nadat hy eers ‘n paar steke moes loop kry. Die boerseun moes ARV’s kry want die ander klein kak byt soos ‘n muil, en hulle was nie seker oor sy HIV status nie.
        Never a dull day in die marshmellow paleis.

        Liked by 1 person

      2. Ek weet min van die plekke…. en skies ek ek dalk nou funny klink maar dis onkunde. Is julle nie te normal vir so plek nie… ek sal meer depro raak as ek tussen sulke mense moet wees… gelukkig het ek so persoonlikheid en so nice vriendekring dat ek “anal leakage, ‘n stertjie of ekstra nipple” met gemak kan “deel” sonder judgmental geite. En as hulle judge voel ek n veer.
        Shit m week in so plek kan nie maklik wees nie…. ek sal uitsit/slaapterapie verkies.

        Liked by 1 person

      3. Jy sal verbaas wees hoeveel van daardie plekke daar is. Baie gewone hospitale het ‘n psigiatriese eenheid maar dit is meer vir mense wat aan depressie ly maar steeds funksioneel is. Dan is daar natuurlik plekke vir mense wat meer ernstige geestestoestande het soos “karate-kid” – mense wat jy nie weet wat hulle volgende gaan doen nie.

        Like

    1. Daar is plekke waar hulle mense heen stuur wat werklik gevaarlik is.
      Ek praat nou vir myself, maar depressielyers IS normaal. Ons gaan werk toe, versorg die kinders/honde, betaal die rekeninge en hanteer ons besigheid nes enige ander mens. Ek sal langs jou in die vliegtuig ry en jy sal nie weet ek is ‘n depressielyer nie.
      Ons dra net ‘n klein bietjie (of ‘n klomp) ekstra bagasie wat veroorsaak dat ons sosiaal onaanvaarbare dinge doen soos nervous breakdowns kry, of selfmoord probeer (en soms regkry). Hierdie tendens om bagasie te versamel is meestal as gevolg van ‘n chemiese wanbalans in die brein, so dit is ‘n siekte nes verkoue, maar een wat lewenslank aanhou. Dit vat soms ‘n paar probeerslae om die balans van medikasie (psigiater) en berading (sielkundige) reg te kry sodat ons kan voorgee om normale funksionerende human beings te wees, en selfs dan het ons steeds af dae, nes enige gewone mens.
      Sonder behandeling…wel imagine die slegste dag van jou lewe. Dit is ‘n gewone dag in ‘n depressielyer se bestaan

      Like

  2. Ek het nou gelag dat dit oor sit in ‘n hik. Dis terrible om te dink iemand moet so iets deur gaan maar shit, dis goed geskryf. Ek ken nie mense wat al funny farm toe moes gaan nie (net ‘n tannie wat ons nooit ontmoet het nie, ek dink nie sy mag naby kinders nie) so hierdie was nogal ‘n eye opener.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s