Snot-slakke, mooi motte en graskrieke

Sug… Wee’jy!

Dit is weer somer (kom ons vergeet maar van die hele lente-ding want dit bestaan nie) en ek voorspel leliker, meer-potige, gevlerkde, hareriger goeters as in vroeër jare.  Díe een voorspel droogte… daai een oorstromings… Ek voorspel goggas.  Groter, meer en gemener as waaraan ons gewoond is.  Die slakke het ook sommer besluit:  “Kak met hierdie dop wat ons so oulik laat lyk, ons maak die kinders banger as ons soos snot lyk!”

Ek was 20 jaar terug in Phalaborwa en ek kon my verkyk aan die grootte van die motte en miershope.  Nou nie my cup of tea nie, regtig!  Ek sou nooit gedink het daai einste moerse motte wat lyk of hulle oë op hul vlerke het sou hier by my hometown opeindig nie.  My vriendin sit hoeka die een aand en teug aan ‘n cocktail en een van daai motte gaan sit so heel petite op haar glas se rand:  “Oeeee… kyk die skoenlapper… Neem ‘n foto! Neem ‘n foto!”  En sy lig nogals die glas om te drink… so met die mot op die rand van haar glas en haar pinkie in die lug.”  Ek sê toe maar:  “Awwww, sweetie… daai is nie ‘n skoenlapper nie.  Daai is die moeder van alle motte.”  Bliksem hulle is so groot soos vlermuise!

Maar dit is nog NIKS!

Party mense noem hulle “koringkrieke” maar volgens “GOOGLE” is dit eintlik ‘n “graskriek”.  Nou, as jy hulle nie beheer nie, dan sit jy met ‘n stuk Karoo op ‘n kak dag in jou agterplaas en ekke het top dollar spandeer vir my klein lappie groen.

download.jpg

Sondagaand sit ek en my mense buite en ek hoor die ge-krrrrrrr-krrrrrr.  Amper soos ‘n gewone kriek, maar ene wat al ‘n ou-roker is.  Ek vra toe vir die Laatlam om die flitslig en een van my plakkies te gaan haal terwyl ek gou die seepwater gaan aanmaak.

Ek kruip toe so hande-viervoet met my oor teen die grond en Bingo! ek kry meneer die graskriek se gat.  Die Laatlam skyn vir my toe so bietjie lig en ek gooi die seepwater.  Dadelik word die ge-krrrrrrrr-krrrrrrrrrrr op en ons wag…  Toe die lelike lang-lel toe nou uiteindelik uit sy gat uit kruip toe gooi die Laatlam daai flitslig dat hy so  doer trek en sy skree:  “Siesssss, dis gross!  Hoekom het Liewe Jesus hom so lelik gemaak?!”

The rest is history.  Ek het plat gelê op my beautiful grasperk en geskree soos ek lag…

6 thoughts on “Snot-slakke, mooi motte en graskrieke

  1. Lag ek dat die trane loop. Hier by ons is alles ook groter en viesliker as wat mens in jou nagmerries kan kry. Ek is juis die jaar dik geklits deur ‘n skerpioen. Kleiner as my pinkie nael en die knoppe sit nou 8 maande later steeds op my kuit. Ek is lekker dik maar jy moet sien hoe pragtig ballet ek as iets aan my voet raak.

    Like

    1. Nee kak ek kan my nie voorstel hoe dit moes wees vir jou nie. My sterreteken is skerpioen en dit is sover ek gaan. Die naaste wat ek aan een gekom het was by ‘n dieretuin. Dis aaklige goed!

      Like

  2. Vir my is die ergste daai een wat jy so sukkel om te sien. Hy kom net in die aande uit en jy hoor hom maar kan die ding net nie sien om raak te klap nie. Dan na op en af spring op die bed, sonder enige sukses, prober jy deur die bzzz te slaap. Môre word jy wakker met ‘n klomp rooi jeukende knoppe en mnr muskiet is skoonveld…tot vannaand

    Like

  3. Ek kan boekdele skryf oor ‘n koringkriek, of AKA Parktownprawn. So vinnige ene, etter, ek gril al klaar. Anycase, ek het in my oumsie hulle se buitekamer loseer terwyl ek op kollege was. Hulle tuin was vrot van die damn goggas. My kamer deur was nog ‘n sink deur, een aand laat met ‘n siggie in my mond hoor ek iets skuur aan die deur – Jou wragtag, kom daai knaap daar deur gewurm. Spuit die bliksem gif en dop ‘n emmer oor hom, damn, hy hop toe sommer so met die emmer rond. Ander keer se storie is 18++ rated, kry nou nog nagmerries.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s