Om te “tannie” of om nie te “tannie”…

Ek onthou die eerste keer dat iemand my “tannie” genoem het.  Ek was 21 en die persoon was ‘n karwag en het twintig jaar ouer as ek gelyk.  Ek was min impressed.  Shame, eintlik voel ek jammer want die son maak hulle oud voor hul tyd en sunscreen is kak-duur!  Kan iemand nie iets hieraan doen nie?

So met die jare saam het ek berusting gevind toe ek die Tiener se maatjies my “tannie” begin noem het.  Ek het toe besluit om my grense te verskuif en het aanvaar dat skoolgaande kinders my “tannie” gaan noem.  Net nie “antie” nie want dan poep ek ‘n rooi ballon!  Dit is vir my ‘n kômmin word.

Wat my tot onlangs dwars in die krop gesteek het, is opgeskote volwasse mense en dit is ‘n ge-“tannie” voor en ‘n ge-“tannie” agter.  Die ander aand toe kuier ons saam met ‘n klomp 23-plussers en hulle”tannie-tannie” my só dat ek skoon moerig begin raak het.  Op ‘n stadium vat ek die een outjie se dop by hom, ruik daaraan en sê vir hom:  “Right, ek sien jy drink alkohol en ons twee voer ‘n volwasse gesprek.  So, noem my op my naam asseblief…”  Hy vra my toe my ouderdom, en ek sê toe vir hom hoe oud ek is (39 – ek staan op die randjie van 40).  Later, toe die mannetjie nou ordentelik shit-faced is, toe reken hy my:  “Tannie, tannie… vir iemand van 50 lyk tannie maar fokken lekker, hoor!”   Whaaaaaaa-kwaaa-kwaaaa-kwaaa… lag almal vir die grap terwyl ek vir hom my “resting bitch face” gooi.

Toe begin ek so bietjie dink.  Is dit regtig só erg om as ‘n “tannie” aangespreek te word?

By my werk sal ek nooit iemand “oom” of “tannie” noem nie.  Ek gebruik die term “meneer” of “mevrou” tensy die persoon daarop aandring dat ek hom of haar op die naam noem.  Maar in ‘n sosiale situasie gaan “mevrou” my nou rêrig deurmekruis laat voel.

Wat ek eintlik wil sê is:  Wie is ék om die manier hoe iemand sy/haar kind opgevoed het te ondermyn?  Die word “tannie” was immers jare terug (en is nog steeds) ‘n vorm van respek.  Iemand het daardie jongmens geleer dat mens ‘n ouer persoon op daardie manier aanspreek.  Hoe confuckulated moet dit nie vir die jongmense wees om nou tereggewys te word nie?

Ek weet baie mense stem nie saam met my nie, maar vandat ek besluit het om die ge-“tannie” te aanvaar, het ek so lekker gevoel binne-in my.  Sien, ek hou nie van oudword nie.  Jinne wat ek nie sal doen my my jeug terug te kry nie.  Maar noudat ek besluit het om ‘n ander se ma en pa wat hom maniere geleer het ook in ag te neem, voel ek beter oor oudword.

Ek gaan nie meer toelaat dat daai klein woordjie my jeug steel nie.

16 thoughts on “Om te “tannie” of om nie te “tannie”…

  1. Hier is disconfokulated – My X was 12 jaar jonger as ek en net 9 maande ouer as my skoonseun, so ons vriende was meestal sy ouderdom en party van hulle was vriende met my kinders. Baie weird ge-tanniery of nie ge-tanniery. Eintlik moes X ook tannie gesê het LOL

    Liked by 1 person

      1. Seker ‘n teken dat ek nou iets aan my manboobs moet begin doen.
        In die Afrikaanse gemeenskap (hoop ek) dat Tannie steeds ‘n vorm van respek is, behalwe nou die met ‘n stok in hulle holle wat aandring om Mevrou doktor genoem te word. Wat ek wel weet uit dure ondervinding is dat jy nooit die tannie voorsitster van die VLV moet komplimenteer op haar snor nie, al is dit hoe epic!

        Like

  2. Kan jy dalk oud genoeg wees om ‘n tannie genoem te word…maar te cool wees om ‘n tannie genoem te word? Dus ondermyn jy niemand en eintlik word jy nie oud nie want cool is cool en….nevermind, ek moet tannie genoem word net omdat ek die woord cool gebruik

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s