“Inligtingsaand” my gat!

Is ek die enigste drol in die drinkwater wat nie wanorde en chaos kan verdra nie?  Ek sal mos al my torre verloor!

Ons het die Laatlam by ‘n Laerskool ingeskryf om haar Graad R te begin, dan sal Graad 1 nie vir haar so ‘n groot aanpassing wees nie.  In die brief wat ons van die skool ontvang het staan duidelik dat die 10de Oktober se byeenkoms ‘n “Inligtingsaand” is wat in die skoolsaal sal plaasvind en dat die Graad R module bespreek sou word (modules-scmodules, ek is gatvol vir hierdie kak sisteme van die skole – ek het nog klei gespeel in Graad 1, maar wat weet ék nou?).  Die 12de Oktober moet die kinders die aand saam met die ouers skool toe gaan want dan word hulle gewys hoe lyk hul klaskamers en die speelgronde.

Ons het gisteraand toe na die eerste byeenkoms gegaan, maar ons het die Laatlam by die Tiener gelos want sulke dinge kan uitgerek raak en die Laatlam kan nie lank stilsit nie dan raak sy onhebbelik.  Ek maak geen verskonings nie.  Ons kind neig na die stoute kant.  Ek probeer dissipline toepas, maar die Mister interfere so nou smeer ek my gat af want EENDAG gaan daai einste Laerskool ons inroep en dan moet hy die realiteit in die oë staar – ek WEET dit gaan gebeur en ek kan nie wag nie want hy dink hy is mos slim!

Met die intrap-slag wou ek omdraai en weghardloop.  Baie van die mense het hul kinders saamgevat en sommer die kleiner (en groter) sibbes óók saamgesleep.  Ons gaan sit toe op die vierde ry van agter af op die punt want ek het vroeër die dag op ‘n sonbed uit die hel gaan tan en my gat verbrand en was bietjie gedehidreer en in die proses het ek vreeslik naar begin word – but that’s besides the point.

Net soos wat die duiwel dit wil hê, het ‘n couple met die drie stoutste bliksempies agter ons kom sit.  Ons het twee ure daar gesit en alles wat in die boek wat ek met die inskrywing ontvang het, is in detail bespreek.  Nou, ek wil luister, want baie goed word toe genoem waaraan ouers hulself (spesifiek die Mister) aan skuldig maak wat onderwysers se lewe moeilik maak – want ek wil dit mos nou as ‘n wapen teen hom gebruik, jy sien.  Ek wil dit INSMEER!  Maar die heeltyd is daar ‘n geskuifel om my.  En ek kners op my tande en hou my “pose”.  Op ‘n stadium toe poep die een kind agter my kliphard en ek begin proes soos ek lag.  En as jy nie móét lag nie, dan kán mens mos nie ophou nie (ek is al twee keer gevra om uit die kerk te gaan oor dieselfde scenario).  Ek het só gelag dat die Mister my later ‘n knyp op die bobeen gegee het want toe begin hy óók die giggles kry.

Soos die aand gevorder het en die laggies opgedroog het, hoe minder snaaks het die gedoente geraak en toe begin ek ernstig voel hoe bekruip ‘n angsaanval my.  Ek kan probeer om dit te verduidelik maar iemand wat nie daarmee sukkel nie sal nie verstaan nie.  Skielik het dit gevoel of die skoolsaal ál kleiner raak.  Ek kon elke geluid in stereo hoor:  stoele wat skuif, die geluid van kinders wat op en af hardloop, kinders wat snot reverse, die geluid van papiere, ouers wat onder mekaar praat, kinders wat woelig is.  My stoel wat die heeltyd van agter af geskop word.  En die onderwyseres daar voor se stem klink soos Charlie Brown van Peanuts se juffrou:  “Woaaaawaaawoaaa  waaaaa woooaaa woa wa wa…”  Ek voel hoe begin my nek juk.  My asem jaag en ek sukkel om te sluk.  Die naarheid.

Intussen was daar ander ouers wie se irritasie oorgeneem het en sommer gewaai het.

Ek begin toe asemhaal soos ek in die hospitaal geleer is.  Oorweeg dit om gou badkamer toe te gaan om ‘n Ativan te gaan drink en dalk ‘n sigaret te gaan rook… en nes ek op die randjie gestaan het om ‘n fit te vang  toe is alles verby…

Ek kan net ‘n poep onthou.  En absolute chaos.  Geen skietgoed teen die Mister nie… fokhôl.

c45aa69b6dcf66d04b717a448bcc33b8

9 thoughts on ““Inligtingsaand” my gat!

  1. Ek sal my kop verloor. Ek KAN NIE soveel mense op een plek hanteer nie. Teensy ek drink en blykbaar is dit frowned upon om te dop in die ope. So, ek kom nie baie uit nie.

    Like

  2. Welkom in die wereld van alewige chaos, ‘n laerskool saal. Ek het wel nie ‘n laatlam nie, maar wel ‘n seun wat pa en ma speel vir ‘n 9jarige, so ek sit baiekeer heel onwillig in daai saal waarvan jy hier praat, en raak in die proses stapelgek want ja, ek ken ‘n angsaanval inwording en ‘n skoolsaal is die perfekte plek om lewe daaraan te gee – poepe in my direkte omgewing maak my ongelukkig rooisien. 😉

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s