Karate-kid en die psych ward

Die “psych ward” was nogal ‘n experience van ‘n ander soort.  Nie soos verlede jaar se episode nie.  Ek gaan nou eers vining praat oor verlede jaar en hoe EK dit ervaar het.

Ek het nie veilig gevoel nie.  Daar was baie swart mense en in die groep-sessies was dit baie duidelik dat hulle baie bitter is teenoor die witmense.  Buite die sessies waar ons moes saam eet, was dit heel skaaflik, maar waar ons in normale omstandighede met mekaar moes omgaan, kon mens die vyhandigheid aanvoel.  Hier en daar het hulle ook nie geskroom om ‘n snedige aanmering te maak nie.  En, soos ons almal weet, is die witmens se hande afgekap.  Ons mag niks sê nie.  Waarop dit eintlik neerkom is dat bitter min mense eintlik in sulke omstandighede genesing vind.  Jy is daar omdat jy geestelik ingee, maar dan word die sondes van jou voorvaders in jou gesig gegooi.  Ek is anyway fokken oor dit.  Regtig.  My ouma en oupa was goed vir swart mense en het hulle nog al die jare behandel soos hul eweknie.  Een van my oupa se bouers wat hy destyds as 17-jarige opgelei het is tot ‘n begunstigde in sy testament.

Hierdie keer was ek in ‘n ander hospitaal opgeneem.  Ek het so gewens hulle sit my net ‘n week uit.  Regtig, ek het nie kans gesien vir groep-terapie en etes aan die tafel nie.  Maar nee, ons was soggens om 5:30 wakker gemaak vir vitals.  Snaaks, ek sukkel met lelike hoë bloeddruk, maar dáár was my bloeddruk eksie-perfeksie.

vitals het ons kans gekry om te gaan stort en te titteweit.  Die een oggend was daar nie warm water nie en die vrouens het uitge-freak. Ek het dit as ‘n geleentheid gesien om mindful te wees (wat de fok dit ookal beteken maar dit is nou die nuutste “ding”).  Ek het in die koue water gaan staan en dit gevat soos ‘n man, al het elke spier in my lyf gepyn.  Nonetheless het ek baie goed gevoel ná die tyd.

Daar was meer witmense as swartmense, maar die swartmense wat daar was, was baie aangenaam (behalwe twee, maar ek sal later oor hulle praat).  Nietemin is daar steeds ‘n skeiding.  Toe ek ingeboek het, toe word twee ander swart vrouens uitgeboek in die kamer langsaan.  Die swart vrou wat ‘n kamer met my en twee ander witmense moes deel het gevra dat sy oorgeplaas word na die kamer langsaan omdat (ek vermoed) sy dan die kamer met twee ander swart vrouens wou deel.  ‘n Ander tannie, wat in ‘n privaat kamer was, het toe gevra vir die oop bed in ons kamer – en mense, het ons fun gehad!  Tot ons eendag oor die vingers getik was vir rusverstoring.  Soms is ons prontuit gevra of iemand vir ons drank ingesmokkel het.  Snaaks dat jy jou clown gesiggie opsit as jy flenters is van bine?  Nietemin het die susters ‘n traan gepik toe ons almal saam ontslaan was want ons het, volgens hulle, bietjie “kleur” in die plek gebring.

Ná titteweit-tyd was dit ontbyt.  Wat vir my ‘n marteling was want ek is op gesweep en befok en as ek so voel dan wil ek nie eet nie (ek het al 7kg verloor met al die kak want ek sukkel om te eet).  Maar die kos was goed, dit moet ek hulle toegee.  Ná ontbyt het ons medikasie gekry.  Kort daarná het ons oefeninge soos yoga gedoen – het jy al gesien hoe sit ‘n ou tannie van 70 ‘n mens ore aan?  Goeie bliksem daai ding is so slap dit lyk of sy balloon twisting met haar lyf kan doen!   Dit is ook met hierdie oefeninge dat ek myself begin oopruk het vir party van die mense, want nou moet jy weet, die meds begin nou inskop dan raak ‘n mens lomp.  Sommiges het sommer wild en wakker winde begin gelos.  Hoe de moer oefen jy met soveel funniness om jou?

Ná oefeninge is dit rook-tyd (of koffie-tyd) wat dan opgevolg was deur ‘n groep sessie.  Ek kan nie glo hoe my weerstand teen medikasie deur die jare toegeneem het nie.  In die sessies het die helfde van die pasiënte al begin uitpass van die tranquilizers.  Ek het myself kort-kort oopgeruk oor die een tannie wie se valstande kort-kort uitgeval het as sy so afgedose het.  Dan lyk sy soos ‘n Pekingese met ‘n ondergebit.  Bliksem dit was snaaks.

Kort ná die eerste sessie was dit middagete waaraan ek ook maar traag  gekou het met nog ‘n uur-lange sessie wat gevolg het.  Teen daardie tyd was die meeste mense al mooi gatvol.

Ná die tweede sessie kon ons bietjie gaan rus of doen wat ons ookal wou wat dan weer gevolg is deur nóg ‘n uur sessie en dan aandete.  Van 19:00 tot 20:00 kon jy gaste ontvang.  20h00 Kry jy jou medikasie en toebroodjies (fok jy vreet en trip net die hele tyd!) en 22:00 is dit lights out.

Mens sou nou dink mens se kop is by belangriker dinge as mens is só ‘n plek is, maar toe nou nie.  Daar was so blok van ‘n man (ek skat hom so 30) wat by my begin aanlê het maar ek het vir hom gesê “piss off” – bliksem dat sy korosie nog kon inskop deur al daai medikasie?  Dan sal die tannies my saans spot en sê “Allie lê lekker by jou aan… kwaaaaakwakwakwaaaa!”.  Daar was ook ‘n gay outjie wat my kom reken het:  “Jou man het ‘n lekker paar sterre aan hom….”, dan ruk ek my oop… en ek voltooi sy sin:  “… om ‘n piesang in te bêre, ja!”   Maar my man hét ‘n mooi gat aan hom…

Die een swart man het ek in ‘n sessie aangevat want hy het gespog hoe hulle gesuip raak, wild vreemde vrouens aankeer (hulle noem dit “courting”) en sommer spyker sonder enige voorbehoedmiddels.  As sy dan ná ‘n paar maande met haar boepie verskyn dan maak hulle gat skoon.  “Really, what has this to do with you being here?  You are not a hero for shagging strangers and not manning up afterwards!”  Die sielkundige moes my stilmaak.  Hierdie kwessies maak my moerig want ek moet help om my huishoudster se dogter se twee kleintjies groot te maak want die pa’s is missing in action…  En dan praat ek nie eers van die miljoene vrouens daar buite wat deur dieselfde deurgaan nie

JULLE BITCHES MOET WAKKER SKRIK!!!  JULLE SPYKER GATE IN DIE EKONOMIE!

Die ander swart vrou (ek het haar karate-kid gedoop) wat daar was het my nie regtig gegrief nie.  Ek dink net nie sy het daar gehoort nie.  Die eerste dag dat ek haar ontmoet het, het ek baie ongemaklik gevoel.  Sy het na my toe gekom en gevra:  “Are you American?”  en toe ek haar antwoord:  “No, I am South African”, toe gaan sy ape-shit en sy waarsku my:  “Don’t lie!  I can read minds!  You are American!  Look at how fucking white you are… By the way.  John Cena is my boyfriend…”  Wat. De. Fok!

Een aand toe sit ek nog so rustig en tee drink in die eetkamer en hou haar dop.  En sy begin haar knieë buig en so sideways loop na die veiligheidsdeur. Maar papa!  Sy haal daar ‘n karate-move uit wat die hele hospitaal tot stilstand ruk.  Sy het daai deur (wat ekstra-ekstra-ekstra sterk is sodat die malletjies nie by die gewone sale kan uitkom nie) moer-toe geskop.  Ok, nou nie moer-toe nie, maar hy was moer-toe gekraak.  Twee dae daarna sien ek weer sy pull daai karate move en ek sê vir die suster “shit is going down with that one now”.  Sy ignoreer my.  Ek sê weer:  “Listen, she’s going to fuck up that door in a few seconds…” en KWA!  To skop sy hom uit sy skaniere uit.  Fokkit sy is so sterk soos ‘n bees! Hulle het haar toe onder sterk sedasie gesit en na ‘n ander inrigting verplaas.  Sy is glo skisofrenies en ek dink hulle het haar net tydelik daar gehou totdat hulle ‘n ander plek vir haar kon kry.

(Nota aan myself:  Skop goeters stukkend as die pille te flou is…)

Verder het ons maar net rond geneuk, sessie-na-sessie bygewoon en mekaar getroos want die mense se lewens is aan’t vlarde.  Ek was verbaas toe ek na nét een week ontslaan was.  Ek wou nie huistoe gaan nie.  Daar binne word mens nie veroordeel nie.  Hypothetically speaking kan jy rondloop en sê jy sukkel met anal leakage, ‘n stertjie of ekstra nipple het en hulle sal jou ondersteund en moed inpraat. Die lewe hier buite is anders…  So judgmental en fake

Toe ek daar waai toe los ek my mandala inkleurboek, kryte en kokipenne daar want ek het agtergekom dit maak die mense baie rustig as die gemoedere hoog begin loop.  Tot die mans het later gesit en inkleur.

Ek moes later verneem dat daar eendag een moerse fight uitgebreek het oor my boek en kryte dat daar net splinters en stukkies papier oorgebly het.

Ek wonder hoe gaan dit met Karate-kid…?

c0790be3df5e2e3b0cc33f9ca1657593

As die Duiwel aan jou holhare pluk…

Soos wat ek die giftige mense uit my lewe (probeer) kry, kom al die ou drolle van die verlede nou weer in die prentjie.  Ek sweer… dit is asof die duiwel los is en ek is sy teiken.

Toe ek nog mooi en jonk was met stywe tieties, toe gaan ek vir ongeveer twee jaar uit met “Hannie”  (skuilnaam).  Ons het ‘n wonderlike tyd gehad en ek was lief vir hom maar toe my ma en stiefpa besluit om finaal op te breuk, het ek die pad bietjie byster geraak.

Ek het moerse “Daddy Issues” gehad en het ‘n skelm romance met ‘n baie ouer man aangeknoop en Hannie op die ou einde gelos vir hom.  Die ergste van alles was dat hy (die ou top) op ‘n drumpel net soos my stiefpa gelyk het.  Ons het nog ‘n cocktail party by die werk gehad en toe kom hy ingestap en alles raak stil.  Skielik hoor ek net ‘n stem:  “My fok!  Wat maak Hendrik (skuilnaam) hier?” terwyl dit eintlik my outop was. Die mense was baie bekommerd oor my, en dit is moeilik om te verduidelik, maar dit was soos om steeds jou pa te hê (want hy lýk soos jou pa) behalwe dat hy my beter behandel het en vreeslik bederf het.  Hy het na my omgesien en ek het veilig gevoel.  Om die een of ander fucked-up rede het ek dit baie verleidelik gevind.  Die verhouding het nietemin nie baie lank gehou nie want hy was lief vir Krieket en ek wou strate toe – dít is waar die groot verskil in ouderdomme begin krap het.

Maar, voordat julle vir Hannie jammer kry, luister nou eers waarom hy verdien het wat hom toegekom het…

Gedurende die tyd toe ek by my ma moes bly terwyl my stiefpa in my woonstel geplak het, het my ma my eendag swaar gedose op Valiums.  Ek onthou ek het erg deurmekaar opgestaan en die gordyne oopgemaak.  Toe sien ek my ma in die swembad met Hannie op die rand met sy voete in die water, besig om met haar toon te vroetel tussen Hannie se bene.  I shit you not!  Sy het hierdie ding op twee ander geleenthede ook gedoen.  Sommer eenkeer die ou oop-bek gesoen maar ek was nie so erg ontsteld daaroor nie want ek was nie tjoklits vir die ou nie, maar Hannie was anders.  Ek was lief vir hom.

Waarom raak sommige vrouens so uiters fucked-up as hulle aan die skei is?

Ek het verlede week besluit om Facebook finaal te groet.  Ek is moeg vir die (false?) information overload.   Wie kontak my toe ná 18 jaar?  Einste Hannie!  ‘n Mutual Friend moes my selfoon nommer vir hom gegee het want my rekening was baie privaat.  En hy begin so hanna-hanna en ek dog toe wag, laat ek die kans aangryp en ek vra hom uit oor “daardie dag” in my ma se swembad want ‘n mens hoop maar dat jy dit verbeel het.

Anywhoo, hy het alles erken.  Dat hy en my ma daardie dag gedrink het en dat hulle heel orig geraak het.  Ek was nie verbaas nie.  Ek weet wat ek gesien het, ek wou net seker maak…

Ek ignoreer hom toe verder en hier begin die jagsgeit toe nou Vrydagaand inskop.  Ek praat oor my kinders, oor my werk en oor politiek.  Jy weet, ditjies en datjies.  Niks om ‘n online affair aan te hits nie want ek is te kak-sleg en stupid (en sommer net nie lus) om myself in NOG kak te begewe.  Nou check ek, hoe later hoe kwater.  En hoe minder ek met hom wil gesels hoe meer vertel hy my hy wil hê ons moet mekaar ontmoet vir ‘n drink en dat hy verlang, hoe meer befok raak ek want as hy dink hierdie tannie het NOG ‘n strontstorm in haar lewe nodig dan maak hy EEN MOERSE FOUT!  Fok tog!

Ek het hom toe uiters onbeskof meegedeel dat ek gelukkig getroud is en dat hy maar ‘n ander plan  moet maak met ‘n ander vrou as hy so voel maar dat die verlede liefs daar gelaat moet word. Hy gaan anyway bitter telleurgesteld wees as hy gaan sien hoe dinge in my lewe verander het, fisies, emosioneel… ag man, op elke vlak.  Hy sal so vining terughardloop na sy vrou toe om sy vlak lewe te hervat. Hy kon nie sy pose hou toe ek destyds stukkend was nie.  Hy sal my op my heel stukkendste óók nie kan handle nie.

Nee regtig.  Ek het eenkeer ‘n getroude man gevry by ‘n plek maar ek het nie geweet die bliksem is getroud nie want hy het nie sy ring aangehad nie.  Ek voel nóú nog sleg daaroor.  Ek was daar.  Die patetiese vroutjie wat by die huis sit terwyl haar man rond hoer – dit is iets wat my walg!

Vir mý gaan jy nie eers verlei kry op my kwesbaarste nie! “Tsek, satan!

9a9bf75b6ec3ac4fb73f279df1e72c2e

 

 

 

 

 

 

Egskeiding van die Narsis

Hier is ek weer, en só het die pot toe nou oorgekook…

So ruk terug toe kom die Tiener na my toe en vra sy wil by haar ouma en díe se teertang gaan oorslaap.  Daar gekom toe drink ek maar ‘n ou doppie saam met hulle want my ma moan altyd omdat ek nie wil kuier nie.  Die ding is net ek hou nie daarvan om daar te kuier nie.  Sy het ook al erken sy hou nie daarvan om by my te kuier nie, so the feeling is mutual.  Ons is nie soos ander ma’s en dogters waar die dogter kom kuier, haar skoene uitskop en op die kitchen counter gaan sit en chat met haar ma nie.  Ek voel nie tuis nie.  Dit was nog altyd so.  Op daardie stadium sien ek toe my ma se man se gesig is all lekker rooi gedrink.

Een dop later toe is ek huistoe om braaibroodjies te gaan maak, want dit is wat goeie vrouens op ‘n Saterdagmiddag doen – hulle maak braaibroodjies.  Luister nou mooi na wat hierdie tannie sê – maak vir jou man braaibroodjies, okay!?

Sondag toe gaan haal die Mister die Tiener en ek sien die kind is nie lekker nie.  Ek dog toe dis maar oorlat’ sy die ex boyfriend mis want sy wil nie praat nie.  Later die week toe maak sy nou haar hart oop en vertel my hoe haar “oupa” (my ma se teertang) my beskinder.  Goeters soos:  “Hoe voel  dit dat só ‘n fucked-up mens jou grootmaak” en “Sy is ‘n regte teef”, blah… blahhh… “En nie van dié naweek af nie, ma… vandat ek kan onthou praat hy ma so sleg by my.  Hy wag totdat ouma haar middagslapie gaan vat dan trek hy los.”

Nou, ek voel ‘n veer wat ander mense van my dink.  Wat my wél verstom, is dat jy só lafaard is om jou griewe teenoor iemand anders met ‘n kind te deel.  Nou wil die Tiener nooit, ooit weer daar gaan kuier as hy daar is nie.  Hom tot geblok op Whatsapp…

Op daardie stadium was my ma en haar teertang oppad Komatipoort toe, so ek wil nou nie ructions maak as sy nou ‘n “welverdiende”  ruskans nodig het nie.

Hulle hou nog so in luxury vakansie, en ek sit hier en werk myself op tot op ‘n punt dat ek in ‘n lelike depressie val want ek wil my ma se man se oë uitgrou met my ouma se koekvurkies wat sy van Holland af gebring het!

Terug by die kantoor los ek my ma eers vir die gebruiklike Maandag-oggend vergadering en later toe sê ek vir haar:  “Ons moet praat”  – Nou daai drie woordjies nê, gebruik ek bitter min in daardie volgorde – want dit beteken die apocalypse is op ons.  Shit is going down.  Jy kan my beskinder soveel as wat jy wil maar vir de fok los my kinders uit.  Gaan na ‘n dônnerse kroeg toe en gaan maak maatjies daar (hy het hoeka niks vriende nie) maar my kind is nie jou tjomma nie!

In my kantoor draai ek toe nie doekies om nie:  “Jou man se tong is alweer los.  Hierdie keer met my kind.  Jóú kleindogter, wie kastig die appel van jou oog is.  Sy is upset en om eerlik te wees, as sy hom nooit weer sien nie, is dit te gou.  Asseblief hou hom in toom want hy gaan skeit!  Ek het vir hom nege jaar gelede gesê hy moet  oppas want ek hou hom dop en ek bedoel dit.  Ek gaan hom sink!” (want ek kan, as ek regtig wil!)

…. And that’s when the fight started…

En sy gil!  “Jou kind praat kak!  My man is ‘n wonderlike mens.  En hou op om hom ‘n doos te noem…”  Yadda…yadda…yadda  en ek sê toe “Hy noem my die heeltyd teef, so as jy kan uitdeel moet jy kan ontvang ook?”

En toe, weer die woorde:  “Jy weet… niemand hou van jou nie!  Jy is ONGELIEFD”

Die feit dat my ma wééreens vir my laat weet het hoe “ongeliefd” ek is, was die laaste strooi.  Ek kon nie onthou hoe ek daar gekom het nie, maar ek het by my sielkundige opgeïndig, en dié het weer ‘n afspraak by die psigiater gemaak.  Ek was dadelik medikasie voorgeskryf om my “funksioneel” te hou totdat ‘n bed in die psych ward sou oopgaan.  In totaal was ek vir drie weke afgeboek waarvan ek een week in die inrigting opgeneem was.

Álles, vandat ek by die sielkundige was totdat ek opgeneem is (ek moes omtrent vier dae wag vir ‘n bed) is een moerse waas.  Ek kon nie kosmaak nie, ek kon nie rondry nie, ek was totaal en al in my moer in en afhanklik van my man.  Ek het so te sê in ‘n katatoniese mode in gegaan.

In die hospitaal het ons intense berading gedoen.  My medikasie is ook aangepas en ek is van die Stilnox af wat befok is want ek sien nie meer drogbeelde nie en ek knoop ook nie meer gesprekke aan met imaginary friends nie (true story).  My eetlus is ook weer merkbaar onder beheer want die Bulimie het weer geraak-raak aan my.

In die hospitaal en met die berading saam het my oë oopgegaan en ek het besef dat ek my ma se puppet is en dat dinge giftig is in ons verhouding:

  • Vandat ek om en by in 2005 die boekhouding en uitbetalings oorgeneem het, was ek nog nooit op ‘n verlof waar ek níé my werk saamgeneem het op vakansie nie. My ma se woorde was:  “It comes with the job” – dit terwyl sy nog goed geweet het hoe om my werk te behartig in my afwesigheid.  Selfs toe ek Mauritius, London en Skotland toe was moes ek werk en uitbetalings maak.  Met my kraamverlof was my rekenaar en “files” na my huis toe gebring.  Die dag toe ek met die Laatlam ontslaan was, moes die Mister die baba vat en ek moes dadelik begin werk het. My ma kon nie eers self haar persoonlike rekeninge betaal nie – dit was na my ge-epos en ek moes dit betaal – en dit is nie dat sy tegnologies-gestremd is nie.  Sy is net dônners bederf!
  • Behalwe in ons persoonlike verhouding, is ek deur haar en haar man (EN haar eksman) misbruik in die besigheid. Ek was as direkteur aangestel, maar nie met die oog om eendag die maatskappy oor te neem nie of om enige insette te lewer nie.  O nee!  Ek was aangestel omdat my handtekening beteken het dat ek al hul kak kon uitsorteer.  Teen ‘n bedrag van R6 500.00 MINDER as die deursnee boekhoudster met dieselfde ondervinding in ons area.  Skaamteloos het hulle my gemelk en moes ek dinge bymekaar hou terwyl hulle elke tweede maand op vakansies gegaan het.
  • Ná intensie terapie, het die sielkundige afgelei dat my ma heel waarskynlik ‘n Narsis is. Dit is ‘n verskriklike gevoel om te besef dat jy grootgemaak was deur twee van daai soort.  Daar is nie hoop nie.  Daar is nie liefde nie.  Geen beskerming nie.  Geen uitkomkans nie.  Alles is ononderhandelbaar. Ek was onderworpe aan konstante emosionele mishandeling wat op die ou einde gelei het tot my kliniese depressie en angs waarvoor ek medikasie moet gebruik vir die res van my lewe.  Op hierdie stadium kos my depressie medikasie R1 800.00 per maand en die mediese fondse trek mos hule neuse op vir ons “malletjies”.
  • Ek moes uit. Uit die verhouding met my ma en haar man.  Uit die verhouding met my kollegas.  Uit my werk.  Ek het geen ander keuse gehad nie.
  • Die hartseer ding is, as jy bande breek met ‘n Narsis (al is dit jou ma) – hulle verlang nie na jou nie. Hulle voel niks.  Sy gaan die geleentheid gebruik om simpatie vir haarself by ander te wek en húlle sal dan haar volgende slagoffer(s) wees.  Ôg dit sal salig wees as dit haar man kan wees!

Ek, my sielkundige, my oupa en die Mister het sáám besluit dat ek my direkteurskap moes afteken en bedank.  Ek kon nie meer so voortgaan nie.

Toe ek uit die hospitaal onstlaan was, het ek nog ‘n week by die huis spandeer.  Alles was nog baie deurmekaar van die medikasie wat ek vir angs (Ativan) moes gebruik.   Ek wil nooit weer op so plug wees soos wat ek was nie.  Die gevoel van “nie in beheer wees nie”.  Die heeltyd pla die hele Ativan ding my en toe ek daaroor gaan lees toe tref dit my.  My Dude (Chris Cornell) het Ativans (meer as die voorgeskrewe dosis) gedrink voordat hy selfmoord gepleeg het.  Maar, dit het gehelp toe ek nodig gehad het om te rus.  Nou is ek klaar met dit…

Ek is werk toe en ek het my een maand kennis gegee.  Sal my ma toe nou mos nie vir my sê ek is “geestelik versteurd” nie.  Kyk, toe skop daai frontal lobe van my brein in en ek dog toe by myself:  “Jou moer, vroumens!  Ek is nie meer tien jaar oud nie!”  en ek klim haar goed in.  Ek kan nie onthou wat ek vir haar gesê het nie want ek was nog op ‘n baie lae dosis Ativan maar ‘n paar dae daarná toe moes ek vorms teken (wat die Mister darem eers aan my verduidelik het) maar ja, ek is so te sê onterf.  Maar ek voel ‘n veer!  Ek gaan nie deur aardse besittings aan my neus gelei word nie.

Ek het toe ook sommer my dokter gebel wat met my EEG resultate sit en hom gevra:  “Quintin, is ek geestelik versteurd?”  Hy lag toe en sê:  “Nee my girla.  Daar is ‘n moerse verskil tussen depressie en geestelik versteurd wees.  Ons sou dit heel waarskynlik opgetel het met jou EEG toetse en jy is fine…”  So, daar het jy dit.  Ek is fokken normaal…

Terug by my kantoor toe sit ek met kak van ‘n ander aard.  My ma het my werk probeer doen en sy het yslike stront aangejaag.  Sy reken dit was nie sy nie, maar ek het hierdie ding wat ek doen:  Alles op die boekhou-sisteem wat ek inlees word in Caps Lock gedoen en sy doen weer al haar goed in klein letters.  Nou is ek angstig en geirriteerd en ek moet haar kak regstel.  Bliksem sy doen boeke vandat ek kan onthou en ons het sáám die Pastel-kursus gedoen, ek meen, wat de fok!?  Dit is dalk omdat sy nog met ‘n stokou rekenaar sit want sy is te skeit-bang om die nuwe weergawe Pastel te leer en dit is eintlik moer eenvoudig.

Nes die tyd toe ek twee weke ná my rugoperasie moes teruggaan werk toe (let wel, ek was vir ses weke afgeboek) en ek moes WEEREENS haar kak regmaak.  Toe ek uit die hospitaal ontslaan was ná die operasie het ek dieselfde dag besluit dat ek my man gaan los.  Ek is van die hospitaal af reguit na my ma se huis toe want my eks se suster het daardie tyd my huis “gehuur” (die huurgeld was nooit aan my betaal nie, maar in sý huis se verband – so ek het huur betaal aan my eie man – mense is dose!).  Nou verbeel jou dít:  Jy het seer – van binne en buite.  Jy kan skaars die toilet gebruik en jouself aantrek.  Jy het uitgevind jou man het jou met HORDES vrouens verneuk (gelukkig het ek ‘n HIV toets laat doen voor die operasie en ek is skoon).  Jy is depressief.  Jy is hulpeloos.  ‘n Week nadat ek by haar aangekom het reken sy my:  “Ek dink jy moet terugkom werk toe, dan sal jy minder aan hierdie kak dink en besig bly”.  Ek onthou dit so goed.  Sy het vir my ‘n kabinet gekry met ‘n tamatiekissie op en die rekenaar se monitor bo-op die kissie gesit want ek mag nie gesit het nie.  Ek moes óf staan óf lê.  Omdat ek so baie bloed verloor het met die operasie (en as gevolg van ‘n gebroke hart nie kon eet nie) het ek floutes gekry as ek te lank gestaan het.  Toe bring sy een van haar swembad stretchers kantoor toe sodat ek kon lê as ek flou wou word.  Sy het my met ‘n lekker vet sucker gevang.    Narsis deur en deur.  Spin ‘n sob-story om mense te manipuleer vir hul eie gewin.  Ek besef nou sy het my net gebruik want sy het nie kans gesien om vir nóg vyf weke my werk te doen nie.  Hoe de moer doen jy dit aan jou eie kind!?

Terug by die hede…

My ma het toe ‘n ander boekhoudster gekry wat ek moes oplei.  Pragtige mens wat in twee weke baie diep in my hart in gekruip het.  Skielik kry ek toe net ‘n briefie dat my lyn en internet oor vyf dae gediskonnekteer sal word en ek my rekenaar, die maatskappy se files en die printer moet teruggee.  Ek laat weet hulle toe dis reg maar die printer bly.  My eks man het dit vir my gekoop.

Nog baie dinge het intussen gebeur, maar in kort:  Ek werk nou voltyds vir my oupa.  Soos wat my oupa se huurkontrakte verval by my ma se besigheid moet dit aan my oorhandig word en só sal my salaris weer stadigaan aangepas word.

Hierdie is die kakste tyd van my lewe.  Kakker as my tweede egskeiding. Ek is so te sê besig om van my ma te skei.  Besigheidsdokumente is verander.  Mense is onterf.  Direkteure is afgedank en nuwes is aangestel.  Trustees is uitgelaat en nuwes aangestel.  Tekenmag is hier gekanselleer en daar weer ingestel.  Dit is uiters onaangenaam want my ma is woedend dat my oupa agter my staan, maar hoe sê hy?:  “Sy het my grys hare gegee as tiener en sy doen dit steeds.  Sy en haar man gaan my nie meer misbruik nie…”

Ek sukkel steeds baie met angs.  Sommer net vir níks sal die hartkloppings en die gesweet begin.   Dan, die gevoel dat niks meer die moeite werd is nie.  Wat gaan van my word as my oupa, my anker, sy laaste asem uitblaas?  Wie gaan dan baklei vir my?  Dan haal ek maar net diep asem en gaan stap ‘n ent, soos ons in die hospitaal geleer is.

Ek kan nie glo dat my ma my so siek maak nie.

En, o ja… ek het weer begin rook.  Dit is darem beter as ‘n spul kalmeerpille.  Ek sal maar weer volgende jaar plan maak maar vir nou help dit.

Dit kan seker net van nou af net beter gaan.

0007a2486b8fa6fea299949d91f6400d.jpg

Hadida-sien-ek-my-gat!

Hier is ek weer, kwaggas!  Maar voordat ek begin met my “meltdown” storie, laat ek maar eers posvat met iets snaaks…

Ek hou van voëls, sommer baie.  Nie in hokke nie.  Hulle moet vry vlieg.  My gunsteling is uile.  Ek het hoeka die ander aand amper my kar omgegooi want daar was een in die middel van die pad en toe hy sy vlerke sprei om te vlieg toe is hy omtrent die hele pad vol – in al sy glorie!  Die Mister weet ook al:  hy moet my wakker maak as hy een by ons huis sien.  Hulle fassineer my erg baie.

Maar, daar is een tipe voël wat my glad nie impress nie, en dit is ‘n Hadida.  Fokkit daai geskrou as mens op ‘n Saterdagoggend laat wil slaap (en hierdie tannie werk nie meer op Saterdae nie – whooooo-hoooo!).  Dan harloop ek sommer in my lelikste pajamas en plakkies die strate in en gooi hulle met klippe.  Hulle lawaai net en vreet die erdwurmpies op!

Saterdagoggend toe besluit ek en die Tiener om die nuwe “IT” te gaan kyk (bliksem my maag was gister nog omgekrap – ek is mos soos ‘n bobbejaan, as ek skrik dan gaan ek aan de skeit!) maar eers moes ons in die dorp stop om die boekhoudster wat my pos by my ou werk oorgeneem het te gaan help met iets.  Oppad dorp toe sien ek drie Hadidas wei op ‘n sypadjie.  Ek gee toe so bietjie gas en swenk effe na links, nét genoeg om hulle te laat skrik.  Met dié vlieg die een Hadida toe in ‘n betonmuur was – plat op sy rug!  Maar hy het weer opgekom en sy tjommas gaan soek.  Ek was natuurlik dik van die lag maar die Tiener was minder impressed met haar ma se vroegoggend antics.

In die dorp gekom lag-lag ek nog so lekker vir die vieslike Hadida wat ek so skrikgemaak het.  Ek maak die kar se deur toe oop, klim toe uit en wat-de-moer..?  Iets voel nie lekker tussen my tone nie… Daar staan ek toe in een moerse plas kots só diep is dat dit by my sandale inloop.  Da-farq?  Waar is die Wetwipes as mens dit nodig het.

Daai is nou justice as jy nog ooit gewonder het hoe dit lyk!

Hang-bal…

Ek lewe nog… net-net.

Julle moet net hang-bal want shit is going down, mense.  Ek was weer vir ‘n week in die psych-ward opgeneem (waaroor ek later sal skryf) en my sielkundige het my na drie jaar uiteindelik oortuig dat my ma ‘n Narsis (fokken kak om deur twee van daai tipe grootgemaak te word!) en dat ek nie ‘n boom is nie.

So, ek het my bedanking ingedien en sal binnekort my direkteurskap ook opsê.

Vir eers het ek nog baie om te doen so ek sal eers weer lekker kan skryf in Oktober – dit is nou te sê as ek nie weer opgeneem word nie want die tensions loop so hoog dat ek siek tot in my siel is.

Praat Oktober weer, kwaggas!

Nog ‘n “dude” daarmee-heen…

1850e71756d74196f562c15db4981563

Ek is maar tranerig vandag ná die nuus van Chester Bennington se dood.  Op die dag wat Chris Cornell sou verjaar het – ‘n goeie vriend van hom wat ook op 18 Mei vanjaar sy eie lewe geneem het.  Bennington het nog “Hallelujah” gesing op Cornell se begrafnis.

Wat de moer?  As dinge só aangaan sit ons op die einde net met “Bubblegum Music” – Justin Bieber, Miley Cyrus, Selena Gomez… fokken die Van Jaarsveld-clan en Kurt Darren.  Nee kak my ore gaan nie gelukkig wees nie…  Wie is volgende?  Eddie Vedder?

Onder is ‘n boodskap wat Bennington geTweet het ná Cornell se dood:

DAHoAlcXkAA375l.jpg

‘n Duet deur Bennington en Cornell:

 

Een ding is vir seker.  Waar hulle ookal is, vandag word daar êrens in ‘n ander dimensie befokte goeie musiek gemaak en ek wens ek kon dit aanskou!

Rock on!

 

Stiefpa – Die Einde

Dit was in Desember 1998 toe my ma my kom sien het en my meegedeel het dat sy besluit het om my stiefpa finaal te los.  Sy het vir my ‘n paar rand en haar kar sleutels gegee en gevra dat ek, my sussie en my boyfriend van daai tyd (ôg, ek was GEK oor hom, maar daai is ‘n storie vir ‘n ander dag…) die volgende dag afry kus toe na my oupa-hulle toe.  Ek dink nie sy wou ons blootstel aan die trauma wat sou volg nie.  Ek moes ook my woonstel sleutels vir haar gee net vir ingeval my stiefpa sou weier om uit die huis te trek en sy ‘n plek van veiligheid sou nodig hê.

Ons het ‘n gatskop-tydjie by die see gehad ná die jaar se kak-en-drama.  Ek het nie met my ma kontak gemaak om te hoor hoe dinge by die huis gaan nie want ek het nie werklik vertoue gehad dat sy hom vir goed gelos het nie.  Ek het ook nie meer omgegee nie.  Sy het hom dan al soveel keer gelos en teruggevat en ons lewens in die proses verontrief.  Een oggend toe sit ek op die trappie by my oupa se huis en kyk oor die see uit toe my oupa langs my kom sit en vra:  “Waarom het jy nie vir my gesê julle is hier omdat jou ma besluit het om hom te los nie?”  Ek:  “Want my sussie weet nog nie, en ek weet nie of dit werklik finaal is nie… oupa weet mos wat laas gebeur het met die egskeiding toe ons ook hier kom kuier het?  Die dag ná die egskeiding in die hof gefinaliseer was, toe vat sy hom terug.  Ek vat haar nie meer ernstig op nie want sy het hom ook al ‘n paar keer weggejaag ná hulle geskei is.  Ek het geen geloof in haar meer nie…”

Toe sê my oupa:  “Nee, nee… hierdie is finaal.  En dit is lelik.  Hierdie ding gaan Hooggeregshof toe.  En ek dink nie jou ma het die geld om hom te betaal wat hy nou soek nie.  Pleks sy hom maar net nie teruggevat het in 1994 nie.  Nou het sy baie om te verloor…”

Dit was nie ‘n egskeiding per se nie, omdat hulle nooit weer getroud was ná hul egskeiding in 1994 nie.  Maar, daar was regsaspekte omdat hy her-aangestel was as ‘n mede-direkteur  van die besigheid.  Omdat hy so te sê net met ‘n kar uitgestap het, het hy besluit om my ma hof toe te vat.  En toe besluit my ma se moer, sy gaan hom roer vir onderhoud vir my sussie.  En so het hulle mekaar heen en weer gedagvaar vir goed waarvan ek al vergeet het…

Toe ons van die see af teruggekom het, toe sit ek sonder ‘n woonstel.  Ek is met my vakansie-tassie reguit na my ma se huis se spaarkamer toe.  My ma het gaan staan en my woonstel sleutels vir my stiefpa gegee en hy het toe eenvoudig besluit om te plak.  Kyk, en hoeveel simpatie ek ookal met my ma gehad het, ek WOU nie weer saam met haar óf my stiefpa onder een dak gebly het nie.  Sy het maar net aangeneem dit sou vet-pret wees, sy en haar twee dogters onder een dak, maar dit het lelik ge-backfire want ek was bitter heilig oor my woonstel gewees.  Plus, die elektrisiteit en Telkom rekeninge was in my naam.  My meubels, my klere… fokken alles.  Skielik bly my grootste aardsvyhand in my persoonlike spasie, op mý onkoste en SY het hom daar gesit!

Ek was verby befok vir haar!

Met my stiefpa wou ek niks te doen gehad het nie.  Alle oproepe van hom het ek geïgnoreer en kontak met hom geweier.  Hy het my een aand gaan opsoek by ‘n nagklub wat ek gereeld besoek het.  Ek moes later uitvind dat hy toe my boyfriend gebel het om uit te vind waar ek op waste tye sou wees sodat hy my kon sien – op daardie stadium toe voel ek asof almal om my besig was om aan my holhare te krap want duidelik dink ék anders as wat mense vermoed.  Toe ek hom sien instap toe het my hart amper gaan staan.  Ek het na hom gestorm en, in pleks van ‘n drukkie en ‘n soen op die wang toe skree ek op hom:  “Waar is my woonstel se sleutels?!”  Hy wou nog maatjies maak toe laat ek hom net mooi verstaan dat ek ‘n veer vir hom voel nie.  Dat hy volgens my van die aardbol kan verdwyn en dat ek nie van plan is om kontak met hom te behou nie.

Met die commotion in die club toe raak hy hardegat met my en sê vir my:  “Máák my daar uittrek!” en dít is waar ek besef het dat ek nou ‘n plakker sit…

Ek het in die dae daarná in ‘n diep depressie geval en my ma het dit goedgedink om my vol Valium te pomp.  Een Saterdag het ek nog so gelê en slaap in die spaarkamer en toe word ek vir ‘n oomblik uit my semi-koma uit wakker.  Uit die venster kon ek sien waar my ma en my boyfriend op die swembad se rand sit – sy met haar voet wat vroetel tussen sy bene.  Ek het destyds nie geweet of ek beneweld was en of ek dit werklik gesien het nie, maar vandag weet ek dat, wat ek gesien het, werklik gebeur het want sy het jare daarna dieselfde met my tweede man gedoen.  Vrouens wat besig is om te skei of vars uit ‘n lang verhouding is, is gevaarlik.  En ek veralgemeen nie.  Ek was ook daar!

My stiefpa het geweier om uit my woonstel te trek en ek moes weer begin werk het maar hy wou my nie toegang tot die woonstel gee om ordentlike werksklere te gaan haal nie.  Ek het ál meer frustreerd geraak want ek het gevoel dat my ma hierdie kak veroorsaak het deur my woonstel sleutels vir hom te gee.  Ek het toe eenvoudig geweier om terug te gaan werk toe.  Ek het basies vir haar laat weet:  “Ek gaan nie werk toe voordat jy nie hierdie kak uitsorteer nie”.  Ek het ge-strike, maar vreedsaam – al wou ek haar fokken huis afbrand.  Al wat ek wou hê was om terug te wees in my woonstel, alleen, weg van die insanity wat volwasse mense in my lewe veroorsaak het.  Terug in my spasie waar daar orde en vrede heers.  Weg van almal wat besig was om my te na te kom.  Ek het ook my munisipale- en telefoon rekeninge vir my ma gegee om te betaal want ek het gewéét my stiefpa sou nie.  “Jou probleem… Betaal!”

Om ‘n lang storie kort te maak:  Dinge het ál meer smerig geraak en ons het ‘n advokaat in Pretoria gekry – ene Barry Roux wat vir Oscar Pistorius verteenwoordig het.  Tóé begin dinge gebeur.  Hy het sommer vinning ‘n uitsettings bevel gereël – my stiefpa het ‘n uur gehad om my woonstel te ontruim.  Ek onthou hy was briesend!  Hy het al my panties en bra’s op die grasperk van die woonstelblok gegooi.  Daardie tyd was die woonstelle nog nie omhein nie en dit is geleë op ‘n hoekerf in die sentrale besigheidsdistrik.  Die hele dônnerse dorp moes die spektakel beleef!

‘n Interdik (met ‘n Sielkundige se verslag) is ook uitgereik met Barry se hulp.  My stiefpa mag my glad nie gekontak het of binne ‘n sekere afstand van my gekom het nie.

Op die ou einde het die hof beslis dat my ma my stiefpa R200 000 moet betaal, wat my oupa toe gedoen het want regskostes is nie perdekoop nie.  Ons het hard ge-party toe alles uiteindelik verby was.  Maar, in my agterkop het ek nog steeds gevrees dat my ma hom sou terugvat.  Tot vandag toe kry ek gereeld nagmeries dat hy weer terug is in ons lewens.

In 2009 het ek hom weer vir die eerste keer gesien by my sussie se verjaarsdag partytjie en ons het soos beskaafdes gepraat en selfs so bietjie grappies gemaak.  Hy het gesê hy verlang na my, en toe hy die Tiener sien, toe kry hy trane in sy oë.  Ek het my kind gevat, in my kar geklim en vroeër huistoe gegaan.  Ek sien net nie weer kans nie…  Mense verander nie.  Verál nie Narsissiste nie.

My sussie trou op 28 Oktober en hy gaan daar wees.  Hierdie tannie gaan in ‘n donker hoekie met ‘n láng dop sit en alles geduldig aanskou want my ma en my tweede stiefpa (wat ook net so ‘n drol is – net ‘n bietjie meer pateties) se gatte is nog lekker suur vir hom en ék gaan nie my sussie se troue bedônner nie!

cd7e0f56ff1881c6dc7032def4f6dbb5.jpg

Dag 1

So, daar is nou ‘n nuwe neut wat jy in klein stukkies sny en fyn maak en jou blykbaar inside-out skoon skrop.

So, ek het nou so twee maande se voorraad by my dealer gekry en gisteraand my eerste dosis gevat.  En soos wat ek maar van nature is, het ek so bietjie méér gevat as wat die tannie op YouTube aanbeveel.  Met ander woorde, as ek vir my ‘n “Katjie” gooi, dan gooi ek altyd ‘n bietjie méér as die gebruiklike dubbel in.  As ek bubblebath in my badwater gooi, dan gooi ek twee proppies in pleks van een.  Ek was so toe ek gerook het ook – daai single pulle was nie vir my nie.  Ek het all the way ge-double-clutch, pappa!  Julle wil nie weet hoe ek tekere gegaan het met die morfien-pompie toe ek ‘n rugoperasie gehad het nie!

Anyway, so hier-en-daar ‘n amperse  nat-poep gehad maar niks ernstigs nie.  Deur die nag moes ek baie opstaan om te gaan pieps en ek het erg gesweet maar die tannie op die YouTube video sê dit is normaal.  Mens detox op drie maniere:  sweet, pis en skeit.  Vanoggend het ek lekker met my selfoon op die kakhuis gaan sit en dinge het sy normale gang gegaan.

Ek het vanoggend ‘n pomelo en yogurt geëet (wat sommer kak is want ek hou van bacon, eiers, toast, gebraaide tamatie en baked beans vir breakfast) en ek is toe werk toe met ‘n lied in my hart want  “If junk goes in, then junk comes out” – só sê die tannie op YouTube.

By die werk gekom toe begin die poppe dans, hoor!

Nou, ek is nie ene vir publieke toilette nie maar hierdie ding is ‘n perd van ‘n ander kleur!  Daar waar jy plek kan kry om te skeit, daar moet jy skeit want ek gaan beslis nie my nuwe Ginger Mary outfit bekak nie!  En ek het bootse aan… ôg nee ek… ek KAN net nie!

Ek het nog my kantoor se deur oopgeruk om toilette toe te sukkel (want mens is te BANG om te hardloop) toe staan iemand voor my:  “Mê’m where’s the union?” (want daar staan mos Information Centre op my fokken voorkop!)  Bliksem, en dit is nie in my aard om mense ‘n dowe te klap en net weg te wagel soos ‘n pikkewyn nie maar hierdie whitey gaan haarself nié vandag verneder deur te skeit in die gange nie!

Ek was in totaal dertien keer vandag toilet toe en ek is saf, fokken sáf geskeit!

Dit is seker veilig om te sê dat ek ge-overdose het!

Dit voel nou of dinge bedaar het.  Ek dônners hóóp so want ek moet netnou ‘n leerling-agent vat om huise te gaan canvass in die lanie woonbuurte…

Tsk… Wat ‘n vrou nie alles sal doen om maer te word nie!

 

Stiefpa – Laaste 3 Jaar…

Ode aan my stiefpa…

Ná skool is ek vir ‘n jaar Potch toe gestuur na ‘n – wag vir dit, nee fokken-wag-daarvoor – AFRONDINGSKOOL toe.  Daai was ‘n paar duisend randjies wat in die gutter (saam met ‘n paar van ons meisies) beland het.  My ma en stiefpa het seker gescheme hulle stuur hul rebel weg sodat sy ‘n dame kon terugkeer en die fêmily-empire tot verdere hoogtes kon opbou.

Toe nou fokken nie, hoor!

Nou moet julle ook mooi verstaan, teen daardie tyd was ek net mooi gatvol vir my stiefpa se kak.  Ek het vir my so oulike prim-en-proper boyfriend gekry dat ek tog net soms uit die huis uit kom gaan want ek mag nie eers gepoep het sonder dat my stiefpa ondersoek ingestel het nie.  Hy het dit so onaangenaam gemaak, ek sweer.  Daar was al ‘n aanrandingsaak en ouens wat by my kom kuier het was gedreig met vuurwapens.  O fok nee, al die drama!

In pleks van ontpop in ‘n dame, het ek al die ander meisies leer rook en drink, in manskoshuise en kokkelol-jolle rondgehang  en gelewe op rysslaai, Bully Beef en dooswyn.  Ôg, ôg en Bourbon’s Street se Gummy Berry Juice!  Totdat al die kapperjolle een aand ‘n vieslike nadraai gehad het en ek dieselfde lot oorgekom het as talle ander studente meisies wat nooit-ooit daaroor  sal praat nie.  My drankie was gespike.  Ek was onsedelik aangerand deur ‘n paar studente wat onderwys geswot het.  Al wat ek kon onthou was dat ek in ‘n leë koshuiskamer wakker geword het sonder my denim aan en toe ek vrae begin vra, toe word ek ‘n pakkie morning-after-pill in die hand gestop.  Ek het darem ‘n lift huistoe gekry.

Ek het die hele petalje onder die mat ingevee want my stiefpa sou mý vrek gemaak  het.  En, tot vandag waar ek hier sit voel ek dat dit my skuld was.  Wat het ek in elke geval in ‘n manskoshuis gesoek?

Maar dit is nou verby… Ek praat nie weer daaroor nie.  Die Tiener weet daarvan want sy is vies omdat ek haar nie weg wil stuur om te gaan studeer nie.  Mens dink mos omdat die outjies bevoorreg en gekultiveerd genoeg is om te gaan studeer dat hulle die shit is, maar onheil broei ook tussen die grootste kennis en klas…

Ná Potch is ek terug na my ouerhuis – alles behalwe ‘n dame – en het ek dadelik begin werk by die familie besigheid as ontvangsdame.  Ek kon nie weer aanpas deur saam met my ouers onder een dak te woon nie, en het ná vier maande in een van my ma se woonstel ingetrek.  En moenie dink ek het mahala daar gebly nie, hoor!  Ek het deposito betaal en maandeliks dieselfde huur betaal as my buurman.  Ek het met my eie geld geverf, matte ingesit en meubels gekoop.  Swaar tye, maar die beste ooit!  Weg uit Potch en weg onder dieselfde dak as my stiefpa.  Of so het ek gedink…

Hy (my stiefpa) sou allerhande tye van die nag en vroeg soggens by my woonstel aankom om “inspeksie” te doen – om nou te kyk of ander mans nie oorslaap nie.  Hy het my een Sondag gevang maar toe herinner ek hom dat ek huurgeld betaal en my huurkontrak nêrens stipuleer dat ek nie kuiergaste mag hê nie.  Ek het ál meer en meer haatdraend teenoor hom geraak.

In hierdie tyd het ek aansoek gedoen vir werk oorsee.  My stiefpa het my planne daar ook in die wiele gery…

Toe ek nog op skool was het my stiefpa twee groot drukkers op ‘n veiling gekoop en dit was my Sondag-werk so op die sideline.  Dít en vuurwapen-patrone wat ek gemaak het vir die local skietclub.  Behalwe dat hy sy roes afgeslaap het en die geld wat kliënte ons betaal het in sý sak gesteek het – my betaling was ‘n bord Sondag kookkos.  My ma?  Sy was steeds haar patetiese ou-self.  My pa het destyd baie betrokke geraak by die ANC – ek moes self eenkeer ‘n huis vir ‘n sekere Premier (wat steeds sy hand in die jam-jar het en wie se naam ook al in dieselfde sin as die een of ander Gupta genoem is), gaan wys het. Ons moes eenkeer oor ‘n miljoen pamflette vir hulle druk.  Redelike groot kontrak gewees vir ‘n klein besigheidjie wat net van die huis af bedryf word.  Amper in my mond gekots – om te dink ek staan daar in daai yskoue kantoor tot party oggende vieruur en werk en kry nie een dooie sent nie.  Hy het ALLES in sy sak gesteek.

Die kere wat hy op kantoor was het hy my verskree en verneder – soveel so dat ‘n kliënt wat toevallig destyds vir die arbeidsdepartement gewerk het, hom wou rapporteer.  Die kere wat hy nie op kantoor was nie, het hy saam met sy grillerige maatjies by die hotel gaan kuier.  Met hul duur whiskey en sigare en onderduimse gekonkel – die regerende party is nie van vandag af al korrup nie, hoor.  Mandela draai in sy graf om as hy weet waste skuim in sy bedeling al sous geskep het.  Of dalk nie.  Dalk was hy baie goed bewus daarvan.  Maar kom ons soek nou nie vir kak so vroeg op ‘n Maandag-oggend nie.

Voordat ek die kantoor sou sluit, sou hy my bel om sy aktetas vir hom hotel toe te vat.  Dan sal sy skivvy-besigheidskennisse wolf fluit en ktsssss-ktssss en hy sou gedink het dit was ‘n moerse grap.  “Sit, kom drink ‘n dop saam met ons…”  En as ek nie wou nie:  “Sit en doen wat ek vir jou fokken sê. Jy werk vir MY. Wat drink jy?”  Ek:  “Black Label, asseblief…”.  Hy:  “Ek het jou nie grootgemaak om Black Label te drink nie…  Een glas droë wit, asseblief”

Jy fokken weet..!

Die laaste druppel in die emmer water en die eerste keer dat ek vrees in sy oë gelees het, was toe ek en hy ‘n argument gehad het omdat ek my motorhuis se slot afgesaag het.  Ek het die woonstel se sleutels saam met my motorsleutels per ongeluk in my kar gelos die vorige aand en die motorhuis se slot gesluit.  Ek moes absoluut daardie sleutels kry want my sussie het die aand by my oorgeslaap.  As ek alleen was, sou ek dit nog gewaag het om met ‘n oop deur te slaap, maar my sussie is soos my eie kind.  Hy dreig toe om my te dagvaar vir sakebeskadiging, gee my 24-uur kennis om my woonstel te ontruim en hy fire my.  O, en hy vat my kar se sleutels (wat my oupa vir my gekoop het).  Alles net om my bang te maak, ek weet.  Maar sien, daar kom ‘n tyd wat vyftien jaar se bang nie meer lekker afgaan nie.  Maar fokkit!  Ek het al die dokumente en kak van sy lessenaar afgevee en my gesig in syne gedruk en geskree!  “Jy gaan NOU fokken kak jou fokken DOOS!  Vir wat jy aan my ma gedoen het en wat jy aan my gedoen het!”

Ek het toe dadelik my oupa gebel want as daar nou één mens is vir wie my stiefpa skeit-bang was, was dit my oupa.  Kort-en-kragtig het ek my oupa vertel dat ek gefire is, huisloos, werkloos en karloos is en die foon neergesit.  Drie minute later toe bel my stiefpa ewe stroperig:  “Skat, kom kantoor toe om jou kar se sleutels te kom haal.  Kom ons praat hieroor…dit is ‘n misverstand…”  ek het net die foon dood  gedruk.  Misverstand se sussie se vissie! Teen daai tyd het ek al ‘n wasgoedsak gepak en was ek al vêr oppad van almal af saam met ‘n boyfriend want toe begin ek bang raak.  Iemand wat saam met my gewerk het, het my laat weet dat my ma en stiefpa in ‘n flat-spin was want my ouma en oupa was toe oppad van die see af vir damage-control.  Jy sien,  NIEMAND fok met my oupa se witbroodjie nie maar, dit is ook nie noodwendig goed vir my oupa se gesondheid nie en my ouma was toe pas gediagnoseer met Alzheimer’s… en hier staan en loop die witbroodjie weg!

Vir twee dae kon niemand my kry nie, en toe my ouma my eventueel bel toe stem ek in dat ons almal die aand vir aandete by die Spur (Spur – People With The Thirst For Fists!) kan ontmoet en dinge kan uitsorteer,  “dit is besig om jou ma te vang…”  Die ding is, ons kon nooit oor familie-kwessies met niemand praat nie.  Sommige mense het onraad vermoed maar is vining oor die vingers getik as hulle uitgevra het.  Ek mag eenvoudig met niemand, nie my ouma en oupa en selfs die sielkundige oor my probleme met my stiefpa gepraat het nie – anders sou hy die gebruiklike nat belt ingespan het.

Daardie aand toe ek by die Spur aankom, toe sit almal daar.  Lekker gesellig.  Selfs my oom en tannie, niggies en nefie.  Ek het reguit na my stiefpa toe gestap en my hand uitgehou:  “Kar sleutels?”  Hy het dit ewe nederig vir my gegee.  Ek het een-vir-een na elkeen gekyk:  “Ek gaan nie saam met julle eet nie.  Ek gaan nie weer saam met hierdie fokken vark aan ‘n tafel sit en eet nie.  Hy mishandel ons op allerande maniere waarvan julle nie bewus is nie.  Of dalk is julle maar julle kyk net anderpad.  Hy neuk rond met ander vrouens.  Hy dwing my om arbeid te verrig sonder betaling – vandat ek ‘n snot kind was.  Met my matriek eindeksamens moes ek miljoene verkiesings-pamflette druk, deurnag, terwyl hy sy gat lê en afslaap en ek die volgende dag eksamens moet skryf.  Hy het my as kind geslaan dat die hale gesit het.  Hy hou my woonstel dop om te kyk wie kom kuier.  My ma mag maar aangaan met hierdie fake bull-shit as sy wil, maar ek is klaar…”  Ek het omgedraai en geloop…

Daarná toe het die Spur te bestuurder (‘n ou familie-vriend) my nog oor die vingers getik:  “Jy praat nie weer so met jou pa in mý restaurant nie…”  Ek sê toe vir hom:  “En jy?  Wat van die getroude omies wat jy toelaat om jou waitresses te spyker in jou restaurant se toilette?  Jy’s fokken kômmen, man!”  Daai is my relletjie met die Spur!

My ma het my die volgende dag gekontak en gesê dat ek bietjie “time-out moet vat.  Dat sy my salaris sal aanhou betaal.  Ek moes net verstaan dat my stiefpa haar verbied het om met my verdere kontak te hê.  My ouma en oupa is terug see toe sonder woorde – hulle het haar so half-en-half afgeskryf omdat sy my stiefpa bó my gekies het.  Oor die woonstel was ek nie bekommerd nie want ek het hom ‘n jaar vooruit betaal.  Ek het vir ‘n klein koerantjie gewerk maar sou onmoontlik ‘n lewe vir myself kon maak met daardie salaris.  Ek sal my ma ewig dankbaar wees vir haar bydrae.  My gesondheid het baie agteruit gegaan.  As ek nou terugdink, kan ek pin-point dat my angs en depressie in daardie tyd gemanifisteer het.  Ek wou net slaap en slaap en slaap.  Ek sou negeuur saans gaan slaap en eers die volgende middag drieuur wakker word.  Ek is dokter toe en daar is gevind dat dit Post Traumatiese Stres Versteuring as gevolg van dit wat gebeur het.

So twee maande later het ek my ma vir die eerste keer weer gesien en sy het my gesmeek om terug te gaan werk toe.  Vandag weet ek dat my oupa gedreig het om haar te onterf sou sy dinge met my nie regmaak nie.  My stiefpa het sy bes probeer, maar ek?  Ek was klaar met hom…

Met ons laaste werksfunksie met my stiefpa in die prentjie, toe kom hy met so lekker swart shiner daar aan.  Blykbaar het hul buurman die vorige aand die rook uit hom uit geslaan.  Hy en my ma weer een van hul lelike onderonsies gehad en hy het haar rondgejaag met sy pistool.  Hy het die sneller getrek en die buurman skrams gemis.  Dankie-fokken-tog want hy was ‘n  goeie skut.

Eendag toe het daar ‘n pragtige man homself aangesluit by die politieke spulletjie vriende.  Hy was ‘n vlugteling van êrens (onthou ek praat onder korreksie want my ma wil nie meer praat oor hierdie dinge nie) – ek vermoed Irak.  Dit het al te jolig gegaan en my ma het haarself toe betrokke begin maak by hul kuiertjies. Om ‘n lang storie kort te maak:  Die vlugteling het erg verlief geraak op my ma en homself so bietjie meer as wat nodig was in die vriendekring ingewurm (hoewel ek vas glo dat daar nie ‘n affair was nie), hy is skielik dood en toe besluit my ma om my stiefpa finaal te los.

Ook maar beter so.

Ek dink ek was heeltemal in staat gewees om hom (my stiefpa) van kant te kon maak…  Veertig keer, in die hart…  Fok, ek weet selfs waar die kluis se sleutels was waar hy die pistool gebêre het.

Haai, ek praat nie nou mooi nie!  Ek het hoeka ‘n ou vriend gehad wat vandag lewenslange tronkstraf uitdien omdat hy destyds sy stiefpa vermoor het.  Hy en die tuinjong.

Ander se weë is duister…