Friday Playback

  1. “Last Kiss”– Pearl Jam
  2. Jump Around”– House of Pain
  3. “Monkey gone to Heaven”– The Pixies
  4. “Money For Nothing”– Dire Straits
  5. “Walking In My Shoes”– Depeche Mode
  6. “Goodbye Stranger”– Supertramp
  7. “Where Are You Going?”– Dave Matthews Band
  8. “Believer”– Imagine Dragons
  9. “Somewhere Only We Know” – Keane
  10. “Dare”– Gorillaz

 

Last Kiss – Ek fokken tjank sommer myself droog!

Anywhoo:  Julle moet ‘n lekker naweek hê.  Ek gaan so bietjie teken want my Sielkundige dring daarop aan dat ek terugkeer na my kunstige “wortels” – apparently is kuns goed vir die torre in die kop.  Ek het toe besluit op ‘n projek vir my onthaal-area.  Wish me luck want ek het op skool laas geteken.  Ek het kuns gehad tot einde matriek (selfs ‘n onderskeiding op my matriek-sertifikaat gehad – uhm, fokken ja!) maar nooit portrette gedoen nie.  Meer stillewes (en my lewe is álles behalwe fokken stil!) en etse.

Hier is een waarmee ek tans besig is…

aaa4bc60e9086799b82a5dcd22622990

DANNNNNN!  My Bestie-estie (vandat ons negejaar oud is) het teruggetrek en ons gaan so bietjie wyn-proe môre (meer soos shit-faced raak!).  Ek is poep-bly sy is weer terug, die ou bleddie blom van my!

Ok toodles!

 

Mamma se blou swietie..

Kyk, ek is poep-moeg soos wat ek hierso sit.  Ek moet net keer of my kop slat ‘n keyboard!

Ek het so twee weke terug ge-switch na ‘n ligter slaappil want die ene wat ek gebruik het, het my so bietjie-baie opgefok.  Ek het dit altyd “Mamma se blou swietie” genoem, maar later toe is dit nie meer snaaks nie, hoor!  Ek het in my beneweldgeit erg munchies gekry, ‘n paar imaginary friends gemaak en gesprekke met Rummikub teëltjies gevoer.  Nee o fok, die goed het lelik gesmokkel met my kop.  Ek kan nie glo dat dit wettig is nie!  Daai is nou die kak wat ek fyn sou gemaak en gerook het in my jonger dae…

Nou is ek op ‘n (heelwat) ligter slaappil maar ek kry darem ‘n slapie in tot so drie-uur soggens, wat beter is as niks.  Glo my, slaaploosheid kan jou heeltemal van jou sinne beroof!  Die laaste twee aande is egter ‘n bietjie van ‘n fokop!  Maandagaand het ek so drie ure slaap ingekry en ek lê al van vanoggend twee-uur af en tiewie kyk.

Maandagaand, terwyl ek en die Mister geslaap het, toe word hy wakker vir ‘n slukkie water.  Met díé skrik ek wakker en soos mes toe is ek uit daai bed uit en by die alarm se paneel en ek druk toe die panic button want ek reken toe daar is ‘n boef in ons kamer.  Die Mister het sy pis bitter geskrik!  Verbeel jou – jy wil net ‘n happie water vat en dan gaan die sirenes om jou af.  Daar is twee jaar terug by ons huis ingebreek terwyl ons geslaap het en ek dink nie dit is heeltemal uit my sisteem nie – volgens die speurders was daar bewyse dat daar ses van die etters in die huis was.  En deur alles het nie een van ons wakker geword nie.  Dit is ook waar my slaap-probleme begin het.  Fokkit dit voel of jy jou huis wil sloop en oorbou as daar ongenooide gaste by een van jou vensters ingekom het.  Blerrie robbies!

Vanoggend net voor 02:00 toe gaan die TV in ons kamer sommer net vanself aan.  Met die remotes wat daar doer lê en die troeteldiere, bygesê, in hul aangewese slaapplekke.  Soos… wat de fok!?  Toe skrik ek myself des-moers want ek het die ander aand hoeka gesit en skinder van iemand wat dood is toe dink ek so by myselwers:  “Hier’s sy nou, koei!  Mens loop nie en kak praat van die dooies nie!”

Ek kon nie weer slaap nie.  Toe gaan lê ek en Sirens kyk – ‘n redelike ou fliek en ek moet sê, ek het my deel van tiete, bos-mossels en tollies gehad vir die res van die jaar, hoor.  Maar kyk, Elle Macpherson het ‘n mooi paar boobies in daai fliek – Me want toooooo!  Maar nee, ek moet mos my geld blaas op kinders met skewe tande en sulke stront.  En as die tande klaar betaal is dan moet die badkamers oorgedoen word…  So ek gaan maar klyte toe met stel borste wat in ‘n halglike kondisie is (come to think of it… hulle lyk nog oraait as ek my arms oplig…)

Later toe staan ek maar op en braai bietjie uie en gooi ‘n stuk pot-roast en wortels in die slow-cooker vir vanaand se aandete.  By die huis gaan ek net ‘n ou basmatie’tjie en ‘n roast veggie aanmekaar slaan en DAN gaan ek ‘n glas rooi met ‘n kwart blou swietie drink (ek het nog so vyf in voorraad vir noodgevalle) saam met so tien druppels Cannabis oil en in die kooi klim.  Niks se ge-TV kyk en stront vanaand nie.  Ek gaan huistoe, eet, ‘n glas wyn met my meds drink, in die bad klim en kooi toe anders gaan ek dalk net poef aanjaag waarvoor ek nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Lekker aand en soete drome, almal…

Emosionele Vampier…

Julle weet mos ek het al ‘n maatjie van die Tiener genoem wat so half-en-half ‘n kêffie-kat is?  Nou, ek wil nie lelik met die kind wees nie want ek was ook ‘n kêffie-kat en kyk hoe befok oulik is ek vandag, né?  Die Tiener is nie soos ek nie.  Sy maak een maatjie en vir haar is dit genoeg.  Terwyl ek baie vriendinne het (MAAR – ek het net 3 beste-este maters).

Nou met die boyfriend wat uitgemaak het en so aan toe sê ek vir die Tiener dat sy en die maatjie lekker kan jol die skoolvakansie – eintlik maar met die idee dat dit die Tiener se gedagtes van die drol wat haar hart gebreek het sal aflei.

Big-fucking-mistake!

Die woord “Emosionele Vampier” spring onmiddelik by my op as ek aan dié kind dink.  Aan die einde van die dag gaan dit nie meer oor my kind wat ‘n gebroke hart het nie.  O, nee!  Ons sit nou al omtrent ‘n week met ‘n ekstra stel estrogeen onder ons dak.  Voeg daarby ‘n patologiese leuenaar en iemand wat geen, maar GEEN verantwoordelikheid vir haar eie kak vat nie en dan begin jy die negatiewe vibes te voel.  Dis soos statiese elektrisiteit in ons huis met daai kind.  Voel kompleet asof Satan homself ook daar tuisgemaak het!  Nee o fokkit!

Om ‘n lang storie kort te maak:

Haar ma het ‘n woerts-warts verhouding met die pa gehad en toe sy uitvind sy is swanger, toe los sy hom en verbied hom toegang tot die kind.  En met goeie rede – hy was ‘n dwelmslaaf, en is steeds een.  Hy sit basies op straat – een van daai wat ek kort-kort pla en wegjaag terwyl hy en sy tjomme “blue-tooth” met heroin.  Kakker as slangkak!  Ek oordeel nou, ek weet.  Ek het self in my tyd baie kak in my nostrils opgejaag maar myself reggeruk ter wille van my kinders!

Nou, dié het nou besluit sy gaan vir die res van haar lewe teef en teem oor haar patetiese lewe…  “Tannie, my ma voel niks vir my nie.”  “Tannie, my boetie kry al die aandag.”  “Tannie dít”.  “Tannie dát”.  Bitch en moan van die môre tot die aand.  Sy het op ‘n baie vroeë ouderdom seksueel aktief geraak en dit is haar ma se skuld want sy het daddy issues (moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie – ek het ook al ‘n ongesonde porsie bedmaats gehad omdat my siening van vaderskap lelik skeefgetrek was toe ek jonger was, maar dit is niemand se skuld nie – stront gebeur!).  Sy het dwelms gebruik en dit is haar ma se skuld want sy wou van die pyn vergeet.  Sy het rondgefok met Ouija en al sulke kak en dit is haar ma se skuld want… fok ek weet nie maar ek weet net dit is haar ma se skuld.  Sy is al geskors uit ‘n koshuis en dit is haar ma se skuld – al het haar ma in ‘n ander dorp gesit.  Sy het gewigsprobleme en dit is haar ma se skuld want sy het low self-esteem.  Sy is gediagnoseer met ADHD en dit is haar ma se skuld – waarom weet ek nie, maar dit IS.  Sy hou net nie op nie!  En, ek moet dalk net byvoeg dat ek al ‘n HELE paar keer met haar ma gesels het.  Daai arme vrou het haar kind al by ál wat ‘n berader, psigiater en sielkundige gehad.  Hulle het min in die lewe, maar sy hou aan fight met die hoop dat haar kind sal regkom en eendag ‘n gebalanseerde volwassene sal word.  Sy het al vir my gesê:  “Ek weet nie meer waarheen met haar nie… ek bid my knieë saf.  Ek vra mos nie vir geld nie.  Ek wil net hê my kind moenie so kwaad en bitter wees nie.”

Jy weet, ekke sit soms álles in die huis af.  Al die radios, TV’s en goeters want ‘n spul geraas werk soms nie lekker met my angsversteuring nie.  Ek onthou nog die een aand (ek het net teruggetrek in my huis, toe ek en my eks besluit het om te skei) het ek al die breakers by die DB Board afgesit want ek kon fisies die elektriese strome hoor en dit het my vreeslik geirriteer – I shit you not!  Daai volgende oggend toe sit ek met ‘n paar rand se skade want die alarm se back-up battery het uitgeloop.  Maar, laat ek terugkom na my storie…

Nou, dié kind het soos ‘n bliksemstraal in my huis gekom en al die goeie chakra energie (of wat de fok hulle dit ookal noem) totaal-en-al opgefok!  Niks voel gebalanseerd nie.  Die negatiwiteit slat jou soos ‘n vuis in die maag as jy by die deur inkom.  Nie eers ‘n duur bottel wyn proe lekker nie – alles wat aangenaam en vreedsaam was in my huis het hierdie kind kom omvêr gooi.  Selfs ouma-kat en my Lexi-hond is omge-ally.  En toe tune sy my nogals een aand:  “Ek wens tannie was my ma… tannie verstaan my…”  Goeie fok, nee!  Toe sê ek vir haar:  “Nee my skat… hierdie tannie se skouers is nie breed genoeg vir al jou kak nie!” (Neem in ag dat ek al ‘n paar glase Chardonnay voor was!)

Sondagaand toe sorteer ek die Laatlam se speelgoed uit en ek hoor weer hoe die kind haar bek uitspoel en ek raak opgewen.  En daar kry ek ‘n asma-aanval vir die eerste keer sedert ek opgehou rook het.  Toe besef ek dat dié madam haar pie moet vat en waai want as ‘n ou fisies begin goor voel…  As haar teenwoordigheid nie goed is vir my nie, wat doen dit dan aan my kind?

Gister toe stuur ek vir die Tiener ‘n WhatsApp dat haar maatjie nou huistoe moet gaan.  “Mamma is so bietjie gatvol vir die negativity wat daar rondhang…” Sy vra toe:  “Wat bedoel ma?”  En ek antwoord:  “Jou maatjie gaan maak dat ek nie huistoe gaan kom nie.  Sy bring slegte vibes in ons huis in en ek as haar ma haar nie gaan moer nie, dan gaan ek! As ek vanmiddag by die huis kom dan moet sy weg wees.”

So gesê, so gemaak.

Ek voel so “lig”.  Die huis voel “lig”.  Die Tiener lyk nie meer so bedruk nie.

En…  Lexi-hond se stert swaai weer…

Nou lees ek dié stukkie want meer as een persoon het al vir my gesê dat ek ‘n “empath” is.

b2f3a37dfece85cbd69b90abf03ad6f7.jpg

 

Strate-toe!

Ek glo daaraan dat sommige getroude mense in ander se arms in gedwing word.  Soms voel mens so moedeloos, eensaam, ongewaardeerd, vet en on-mooi dat die geringste bietjie aandag van ‘n derde (of vierde) party die wiel baie spoedig aan die rol kan kry – so verkeerd as was dit is.  En voordat iemand nou my kop afbyt, ek was al al ablei klante van die weiveld hoor!  Maar, daai is ‘n storie vir ‘n ander dag – ek verstaan nie waarom ek nie geskryf kan kom oor die twee eks mans nie.  Seker maar oor’lat dit vir my ou stories is wat my verveel…

Ek het die ander dag hierdie briefie op my Facebook Messenger gekry.  En ek dag so by myselwers:  “Oe, dié is vir kak soek, hóór!  Ek gaan nie ‘lat my verlede my nou hier kom loop staan en inhaal nie.”

Screenshot_2017-07-07-11-56-28.png

Ek het toe maar net ‘n screenshot gevat en die ou geblok.”  Maar steeds – vir ‘n oomblik het my hart gebokspring want iemand dink nog al die jare aan my… Die lewe is geneig om ons vroumense saf en dood te maak hier van binne af.  Ons voel lelik en net goed genoeg om ons mense se pense vol te hou.

Die Mister moes Woensdag in die hopitaal oorslaap vir ‘n mediese prosedure’tjie (waaroor ek nie nou wil praat nie want ek is nog poesig vir hom daaroor!)  Met die Tiener se hart wat nog in stukke is en die Laatlam wat by ouma oorslaap, besluit ek dat ek my oudste bietjie uit gaan vat vir ete en om die dorp te gaan rooi verf.  So is ons hier en daar – en ek gee sulke monster gape want ek is nie meer lus vir lê in die strate nie.  Ek wil huistoe, my jammies aantrek en met ‘n glas wyn en my woef-kardoes en “Animal Kingdom” of iets gaan kyk.  Jy weet… kwyl oor mans wat ek nooit kan kry nie…

Ek besluit to om na ‘n ou uithangplek van my te gaan – en wie sit daar?  Die Mister se kollega.  “Kom sit, kom sit! Wat drink jy?  So… waar is Kosie?” – sy bynaam vir die Mister  “Hy is in die hospitaal”, antwoord ek toe.  “Nou wat maak jy dan hier?”  En ek is sommer dadelik op die defence“Ek kom raak shit-faced!  Het jy ‘n problem daarmee?  Julle tweetjies wat so graag Vrydae ná werk gaan sit en dop en daai een middag die audacity gehad het om my voor sononder uit ‘n kroeg te gaan haal toe ek saam met ‘n, let wel, GAY vriend gesit en kuier het?  Mág ek ook maar in die strate lê?!”

 “Ok, chill man ek vra net.  Wat van ‘n Schooter?”

En hoe later, hoe kwater en mamma-beer skud so bietjie…

Op ‘n stadium toe vra een van daai funny dudes met die baarde en bollas my op te dans.  Fokkit!  Toe is die gort mos klaar – toe sit die kollega én die Tiener met dik-bekke.

Ek besluit toe om eerder huistoe te gaan.  Soos… negeuur die aand…

Dis faktap om oud te word!

 

 

 

 

Eerste Tiener-seer…

Vandat die Tiener gebore is, het ek nog altyd haar eerste seerkry gevrees.

En hier is hy nou…

Verlede week toe gaan ek mos tandarts toe en ek vra hom toe om die vieslike mismaaksel van ‘n ding uit te trek die oomblik toe ons die abscess redelik onder beheer gehad het.  Nou, toe die tandarts die tand uithaal (of, kom ek stel dit eerder so:  hy het hom eers onder my tandvleis gebreek en toe stukkie-vir-stukkie uitgehaal) toe kom daar sommer ook ‘n happie van my kakebeen saam.  Ek het amper die mure uitgeklouter!  Ek praat nou nie kak nie, hoor!  Die abscess was so erg dat hy nes geskrop het in my kakebeen, oppad na my oor toe en selfs my oogbal was seer.  Al hierdie maande dog ek my kopseer het te doen met bloeddruk, maar back at the ranch het dit te doen met ‘n vrot tand!

Die einste Donderdag wat ons toe nou afgespreek het om die tand uit te haal, besluit ‘Ta toe mos om na ons huis toe te kom om met die Tiener op te breek. Gulde fokken geleentheid, want ek loop toe met my skewe lip rond en ek kan niemand uitkak nie want my bek is te seer!

Anyway, hulle het nog so buite gesit en praat en toe kom daai Tiener-kind van my in die gang af gestorm, gesiggie getrek van die hartseer.  Sy gooi toe haarself daar op die grond neer en in haar fit of rage probeer sy toe die skirtings uit die mure trek.  “Ruk jouself reg!  My huis kom staan en opfok oor’lat jy gedump word nie, man!” mompel ek toe vir haar.  Sy staan toe op en daar gat sy weer buitentoe…  Apparently is dit nou overs-ke-dovers want hy voel nie meer die loving-feeling nie maar ek dink hy het kwas elders gekry en nou soek hy nóg.  Ek kén mos hierdie dinge.  My hart was saf gebreek toe ek nog in die Hoërskool was.  Ek het self ook ‘n paar manne-harte seer gemaak – die het blykbaar óók gevoellentes!

Anyway… kyk pappa, ek kom toe mos om daai hoek en ek vang haar op haar knieë, besig om hom te smeek om die kys nog ‘n kans te gee, en Myprodol en die tampon-gedoente in my bek of-de-not… ek doen nie die gat-lek ding nie!  Maar ek ruk haar daar aan haar arm op en spoeg die tampon’rige ding uit en ek skree vir haar:  “As ek jou OOIT weer op jou knieë vang, besig om ‘n man – of enige iemand for that matter, te smeek vir liefde – dan bliksem ek vir jou!  Verstaan jy?  Geen man is dit werd nie!”

Ek draai to na ‘Ta:  “En vir jou vra ek vandag baie mooi.  Jy het haar nou gelos.  Gaan huistoe en gaan aan met jou lewe.  Moenie my kind terugvat omdat jy haar in ‘n oomblik van swakheid jammer kry nie.  Ek was goed vir jou en sy was goed vir jou, maar as jy haar los, dan los jy haar nou finaal VANDAG!  En ek wil net vir jou vandag vir jou ‘n pluimpie gee dat jy nie soos baie ander klein dose was wat dit deur WhatsApp gedoen het nie… dat jy soos ‘n ware man dit face-to-face gedoen het.  Dankie, seun…”

Op die ou einde is hy daar weg en die tweetjies is nou oor en uit…

My kind suffer vreeslik.

“Wat het ma altyd gedoen as ‘n ou ma gedump het?”  Sal sy my vra.  Fokkit ek kan nie vir haar sê waste kak ék aangejaag het om oor ‘n man te kom nie…  “Die beste manier om oor ‘n man te kom, is om onder ‘n ander ene te gaan lê… ” was my motto altyd.  Of rook boom en suip Vodka tot jy êrens in ‘n veldjie voel of jy wil vrek.  Of krap sy kar…  O, nee fokkit!

Ek sê maar net:  “Wat jy ookal doen, wees ‘n lady… Altyd.  Moenie goeters doen wat vir jou geld kan kos aan die einde van die dag nie.”

En dan luister ons na my break-up song van my tweede egskeiding.

Tandartse

Daar is één ding wat ek in hierdie lewe soos die pes vermy en dit is ‘n tandarts.  Truce-Bob.  Ek sal nog elke dag vir ‘n papsmeer gaan, maar ek het ‘n vrees vir tandartse wat ek nie genoeg in woorde kan uitdruk nie!  Van kleins af al.

Gelukkig vir my, het ek (tot dusver) gesonde tande gehad – vir iemand wat net elke agt jaar tandarts toe gaan.  Seker maar daai klein wit pilletjies wat my ma my soos Canderell’s gevoer het toe ek klein was.  Fluoried of so iets.  Dit het gekom in so ‘n pienk botteltjie.  My verstandtande het ook nooit uitgekom nie, en gaan ook nie – daar is geen teken van hulle in my kaste nie.  Seker maar gedisintegreer met al die Coca-Cola wat ek so gesuip het vandat ek ‘n tietiebottel self kon vashou…

Ek het eenkeer ‘n tand abscess gehad en iets ysliks tekere gegaan.   En toe my ouma op my afkom toe skree sy:  “Dônner, hou net op!  Dit lyk of jy oppad is om ‘n os te kraam!”  en ek skree:  “Maar oumie dis p*@ssssssss seer!  Mieuwwwwwww…”  en sy antwoord:  “Terwyl daai tandarts aan jou bek werk moet hy sommer ‘n hand-vol peper daarin gooi!  Sies..!” Ou dokter Cartstens is daai oggend uit die kerkdiens ge-“page”  vir ‘n noodafspraak by sy spreekkamer.  Eers ‘n antibiotika en ‘n tydelike stopsel en (wat gevoel het soos) weke daarná, ‘n WORTELKANAAL.

My vrees vir tandartse het in daardie tyd net vererger.  Ek kan dit nie fokken vát nie – ‘n wortelkanaal.  As daai blessetse masjientjie so gaan:  Hieeeeeeennnnnnn-hiennnnnnnnnnnnnn-hiennnnnnnnnnnn dan wil ek ‘n fênsie tandarts-stoel tóé kak.  En daai reuk.  Ruik soos ‘n fokken abattoir! Die dooie gevoel aan jou mond ná die tyd.  Gewoonlik kry ek so jeuk-gevoel aan my wang maar as ek wil krap dan voel dit asof daar net ‘n gat sit.  Gewoonlik help dit dan as ek myself dan deur die gesig klap (amper soos die vrouens wat hul koppe so klap as hul hair-extensions begin jeuk).  Nou verbeel jou hoe iemand lyk wat haarself deur die gesig klap.  Ek onthou ons het die een middag gaan uiteet ná ‘n wortelkanaal en ek het pampoensop bestel (terwyl die drolle wat sáám met my was steak & chips bestel het).  Onbewus daarvan dat ek ‘n spektakel van myself maak, het die sop met elke happie by my ken afgedrup…  My bier het ek met ‘n strootjie gedrink.  Aan die einde van die aand het ek soos ‘n groot vuil baba gelyk wat té veel Stopane gevoer is.  Shit-faced, ek sê!

Ná my laaste wortelkanaal het die eerste cap uitgeval – wat maar gebeur so met die jare saam.  Hulle sit almal daar agter.  Drie van hulle.  Mens se “wilds-biltong-tanne”…  Ek besluit toe dat ek van nou af die goed gaan laat trek.  Ek sien nie meer kans vir die ge-hiennnnnnnnnnn-hiennnnnnnnnnn nie…  Dit is nou weer sulke tyd.  Ek het ‘n absess só mislik dat hy agter my oogbal sit.  Vieruur vanoggend toe staan ek maar op en maak vir die klomp by my werk Bolognese-muffins want soms, as dit kak gaan met jou, help dit so bietjie as mens iets goeds doen vir iemand anders.  Maar nee, dit is poep-seer.

Ek maak toe ‘n besluit wat só groot en braaf is dat ek eintlik eintlik moerse chuffed is met myself. Hierdie jaar is die jaar vir ‘n beautiful smile.  Ek gaan my vrees conquer!

  • Eerstens gaan ek later ‘n voorskrif haal vir antibiotika (en natuurlik pynmedikasie want my maag brand al van al die Compral’s) sodat ek van hierdie abscess ontslae kan raak.
  • Donderdag gaan ek van hierdie tand ontslae raak.
  • Ek gaan die tande laat regmaak wat skade gekry het met die Bulimia. Wat ek kan sien is dit vier tande wat werk nodig het.
  • Ek gaan vir my die kners-plaatjie maak wat ek al donkie-jare terug moes laat maak het.
  • Ek gaan skoonmaak.
  • Ek gaan witter laat maak.

Nou ja, wish me luck want ek is skeit-bang!

NS:  Waarom de-fok kry ons nie ook Novacaine by ons tandartse soos die Nemêrikaners nie? 

Tooth

Hasie-maatjies!

Ôg dit was mos nou vir jou ‘n lekker naweek daar in die berge.  Koud, maar lekker!

Die eerste dag was ons Clarens toe waar ons craft-beer gedrink het en allerhande lekker swieties, konfyte en goeters gekoop het.

Die tweede dag, nog voordat die son behoorlik opgekom het toe wou ek en die Mister so bietjie “opvang” en toe vang die Laatlam ons red-handed.  “Waarom is julle kaal as dit so koud is?” Ag aarde, sluk my net fokken in!

Verder het ons maar vertoef en bietjie gaan wandel – boesman-tekeninge gaan kyk en so aan.  BAIE wyn gedrink en maatjies gemaak met ‘n kolonie hasies.  Nou, verbeel jouself jy rol rond tussen dosyne hasies – ék het en EN DIT WAS CUTENESS UNLIMITED!  my tone het skoon gekrul van lekkerte (ek was vol hasie-kak maar dit is ook oraait!).

Die laaste dag het ons in Golden Gate Park rond gery – ek kan myself mos verkyk aan berge – en wéér gesmul aan goeie rooiwyn.  Ek is reg vir die week…

Wie sal jy vandag met kak wil gooi?

As ek nou kon kies – op hierdie oomblik – om iemand met kak te gooi, dan sal dit nou een van my kollegas wees!

Ek is nie een vir kantoor-politiek nie.  Ek het al geleer.  “Hear no evil… See no evil… Speak no evil…”  Ek sit in my yskoue kantoortjie, minding my own business… Ek is immers hier om ‘n inkomste te verdien. Ek is nie eers op die kantoor se WhatsApp-groep nie.  Maar dié fokken vroumens kom soek my op met die doel om kak te soek.

Die baas het al gesê dat ek haar maar moet verdra:  “Sy is kômmin, maar sy is ‘n harde werker…”  Nou, ok.  Ek kan nog die wit trompoppie-boots sluk wat sy so lief is om te dra.  Ek die loop-en-rokery.  Maar wee’jy!  Daai stemmetjie! Een van ons ouditeure het hoeka die ander dag gesê:  “Sy moet in ‘n take-away kêffie gaan werk sodat sy orders kan skree vir die lotte wat agter in die kombuis werk.  So ‘n vroumens is g’n goed vir die tipe besigheid wat julle doen nie.”

Maar nou raak die ding persoonlik…

Ek was al in die verlede kort-kort ingeroep vir ‘n vergadering wat sy aangevra het omdat sy voel daar is ‘n “kommunikasie gaping” tussen ons.  Nou, ek weet nie waar de moer sy uitval nie.  Ek hoef haar nie mee te deel as ek op verlof gaan of siek is nie.  Die bestuur kan dit mos doen?  Bloot oor die feit dat: 1) sy nie my werk doen as ek afwesig is nie (al doen ek altyd háár werk as sy af is) en 2) ek nie met die publiek werk nie.   Die laaste keer toe sy my weer aanval omdat “ons nie kommunikeer nie” toe trek my gat in ‘n krul.  “Lyk ek soos jou fokken man?  Want ek hóéf nie alles met jou te kommunikeer nie!  Hou op om my tyd te mors met hierde vergadering’tjies!”  En so staan haar bek al vir maande 15-bar gepomp.

So twee weke terug bel sy my na my kantoor toe terwyl my oupa by my sit en koffie drink.  “Girl, wat gebeur met jou oupa se eiendomme as hy doodgaan?”  Net so!  Jis en ek kry so grin op my gesig want hierdie bitch se kak is nou geboek en ek vra vir my oupa – met haar nog aan die anderkant van die lyn:  “Oupa, wat word van die gebou en die woonstelle as oupa doodgaan?”  Sy het haar gat afgeskrik want sy het nie geweet hy sit by my nie!  En my oupa nogals:  “We de bleddie-hel wil weet?  Dit het niks met niemand uit te waai nie!”

Kan jy dit glo?  Ek sweer, dit was vir my die laaste strooi…