Berg-lekkerte

Jaaaaa… en nou bevind ek my weer in die kak-gat met sy vuil lug en Nigeriërs wat onwettige aborsies adverteer.  Ek HÁÁT hierdie satans-nes!

Hierdie naweek in die Drakensberge was fantasmagories.  Ek wens ek kon nóg ‘n paar dae gebly het.  Dit was werklik ‘n belegging in my en die Mister se huwelik.  Eendag, as ek ryk is, gaan ek vir my ‘n klip-huisie in die berge koop.  Party mense droom van seks op ‘n trein of op ‘n skoolhoof se lessenaar.  Ek droom van ‘n klip-huisie in die berge…  Ek mag mos maar.

3e942f3d12b47b80dc2c35c2cc58a095

Wat kan mens alles daar doen?  Jy kan jou Quad saamvat, as jy een het.  Ons het nie een nie.  Kyk, soms moet mens die stilte koester en ‘n Quad voel soms so asof jy Moeder Natuur in die gesig vat.  Daar is ‘n tyd en plek vir alles.  Hierdie plek is vir stil-raak.  Die wind in jou ore en die geknetter en sis van hout in die kaggel.

920494e68a899db494ede5600a4bcbe1

Jy kan gaan 4×4 en na die Retiefklip en “Kaalvoet Vrou”gaan kyk.  Wat ons gedoen het.  Net vir ‘n rukkie.  Om een of ander rede raak my derms omge-ally as ek grondpad ry.   Dit wil ook voorkom asof die beeste op die plaas ergerlik raak as daar viertrek-voertuie verby kom so mens kan nou nie gan putty-stoot tussen ‘n klomp bemoerde beeste nie (nie dat ek ene is wat my dinge graag in die buitelug doen nie maar my maag is WERKLIK nie homself die laaste tyd nie).  Ek weet nie.  Dalk dink hulle daar is voer of lek oppad.  Ek is nie ‘n plaaskind nie, ek sal nie weet nie.

Verder vreet, slaap, suip, lees en pangelang jy net.  Daar is ook nie TV nie.  So staal jouself.  Vat ook baie leesstof, “charcoal”en “lube”saam.  O, en daar is ‘n borrelbad en kaggel.  Baie belangrik – los die kinders en jou “laptop” by die huis.

870557a629551e6367dacf662aa0cd3f

Ná drie bottels Muscadel en drie lekker dik boeke is ek reg vir die paar weke voordat ons see toe gaan. My longe is oop.  My dikderm is skoon.  My nekspasma is iets van die verlede.  My vel lyk “gorgeous” en ek voel uitgerus.  Ek vee my gat af aan die Tiener se dikbek en die Laatlam se vloermoere.  Ek is so kalm soos ‘n dagga-walm (behalwe vir die Nigeriërs met hul pamflette).

Saligheid…

Wildsvleis en berge…

Volgende week hierdie tyd is ek en die “mister” sterk oppad berge toe.  Ek sien meer uit na die paar dae alleen met hom as die familie vakansie wat ek bespreek het vir die Julie skoolvakansie in Ballito (behalwe natuurlik dat ek weer my ou skoolmaatjie gaan sien!)  ‘n Gejaagde leefstyl en ouerskap kan ‘n huwelik soms knak, en ons het nodig om bietjie kwaliteit-tyd saam te spandeer.  Gelukkig weet ons dit en sorg ons dat ons so twee maal per jaar ‘n kort wegbreek reël, net vir die twee van ons.

Hierdie keer is daar geen TV nie.  Net ons, die berge en ‘n kaggel.  En ‘n bed.  En baie boeke.  O, ek sien so uit…

169578_634x424

Omdat dit maar koud en winderig kan raak daar in die berge, het ek vanoggend ‘n stuk wilds-fillet uit die “deep-freeze” gehaal om te ontvries en vooraf gaar te maak om saam te vat.  Blouwildebees.  Een van die tannies wat saam met my werk het vir my verduidelik hoe om te werk te gaan want die laaste keer dat ek my hande op wildsvleis gelê het was ‘n aborsie.  Nie net was dit ‘n gemors wat die honde nie eers wou eet nie, maar die reuk was so aaklig dat ek by die agterdeur uitgehang het en twaalf katte geskiet het!  Dit was omtrent nege jaar terug.  Met ander woorde, daai stuk vleis lê vir my en wag en ek is skeit-bang!

Ek het altyd die vleis vir ‘n vrou wat bak vir die tuisnywerheid gegee om vir my wildspasteitjies te maak, maar die laaste keer dat ek haar gesien het, het ek opgemerk dat sy nie haar onderarm-hare skeer nie.  Dit het my so afgesit dat ek nooit weer iets by haar bestel het nie.

Seker maar lelik van my…

Wish me luck!

b0c51df2b444cd05ce4a3b09da8d05c6