Op gesondheid!

Oh my greatness!  Dit voel of ek weer ordentlik kan asemhaal!  My ma het my so pas kom groet.  Hulle is oppad Kaap toe.  My oupa en sy “chauffeur” het Vrydag getjaila – ook Kaap toe.  Vir ‘n hele drie weke gaan dit nie nodig wees om sewentien keer per dag in te “log” en begunstigdes te betaal nie (ek betaal aan die einde van die dag rekeninge – as alles nou mooi opgehoop het, maar ander mense werk nie so nie, jy sien…).  Niks se ge- “bestel dié verf”,  “query daai rekening”, “maak daar ‘n afspraak”, “gaan sien dáái een”, “Google vir my dit”, “bel bietjie hierdie een”, “bestel daai”… Fokkit hulle maak my KLAAR!

Ek is vandag 1 maand en 13 dae rookvry, maar ‘n rokie sal nou lekker afgaan.  Soos ‘n “post-coital” sigaret.  Ek wil rook want ek voel tevrede… ôg, die rus en vrede is salig!

Ek was toe vir die nodige toetse en ek het nie COPD nie.  Yay! My asemhaling het merkwaardig verbeter en ek het ‘n maand laas my asmapompie nodig gehad.  Ek moet net oor ses maande weer X-strale van my longe laat neem om seker te maak dat die letsels nie versprei het nie.  Ek kap maar nog voort met die Champix, hoewel dit ‘n beproewing vir my en die mister se huwelik is (hy is ook op Champix).  Rêrig… ons het nog nooit so baie baklei nie!  Ek kan nie glo dat ‘n verslawing aan nikotien mens se lewe so omver kan gooi nie.  En ons baklei oor kak!  Hy bitch want ek is ondankbaar.  Ék bitch want (ek reken) hy is liewer vir die Laatlam as vir my en só dônner ons voort!

Ons probeer “date-nights” en “pub-crawlings” net om vroeg huistoe te gaan met dik-bekke en ontrekkingsimptome. Vir Valentynsdag het hy my na ‘n Indiese Restaurant gevat.  Hulle het nie ‘n drankliksêns nie, so ons moes ons eie wyn vat (dit lyk maar bietjie afferig as die mense daar inkom met hul cooler-bokse).  Ek was later só getrek dat die Indiërs vir my Chinees begin lyk het.  Toe ek nie wou eet nie en die mister my daaroor uitvra toe sê ek:  “Liefie, jy weet ek voel ongemaklik met Chinese… hóé weet jy hierdie “Butter Chicken” is rêrig hoender?”  Want as mens ‘n roker is, dan gaan ‘n dop lekker stadig af… jy vat ‘n trekie en dan vat jy ‘n slukkie.  As jy ophou rook en jy besluit nou om ‘n drankie te drink (dop en sigaret gaan saam soos koekies en melk) en daai rooklus vat jou, dan sluk jy ‘n glas wyn 1,2,3… af – dis net makliker.  Maar dit is nie so veilig nie. Ek dink ons is maar nog baie “fragile”.

Anywhoo… Ek het sommer die ginekoloog ook gaan sien en alles daar onder “lyk te pragtig” (sy woorde).  Nie ‘n merkie nie – ondanks die feit dat ek met endometriose gesukkel het.  Selfs vir my gesê ek kan nog ‘n kind hê as ek wil (amper so bietjie in my mond gekots…) en die ta-ta’s voel 100% – nie nodig vir ‘n mammogram nie.  Die Yaz kan ek maar gebruik tot ek in my moer in, in menopause is.  Net so ekstra aanvulling DHEA, want my progesteroon en testosteroon is baie laag.  Ek weet nie veel van die DHEA-hormoon nie behalwe dat sommiges dit “The Fountain Of Youth” noem… seker maar soos botox vir jou eierstokke, ek weet nie…

Voorts staan die Tiener se motofiets nog en stof gaar en die Laatlam tjank steeds twaalf keer per dag.  Same shit, different day…

 Op gesonde binnegoeters en tollende emosies…  Cheers!

16711948_1938423156391137_2543094376888372869_n.jpg

Champix, marmotte en “hot-flushes”…

Ek het Saterdag met Champix begin en ál newe-effekte (sover) is lelike naarheid en snaakse drome (ek het gisteraand gedroom ek gaan koop sexy lingerie en marmotte met tuxedos is winkel assistente – I shit you not!?).  O, o!  En hot-flushes.  Soos in erg!  Maar dalk is dit die homone.  Ek moet die einde van die maand vir jaarlikse spread-and-squeeze gaan dan sal ek sommer hormoon-toetse laat doen.

Volgende Maandag moet ek gaan vir die X-strale om te kyk hoe my longe lyk.

Volgens my dokter en die ingeslote pamflet kan ek ‘n week of twee ophou rook nadat ek die Champix begin gebruik het, maar ek druk deur en rook nie.  Dit is nog te vroeg om te sê of die medikasie die rook-lus onderdruk so ek wag maar geduldig.  Ek eet maar ‘n ou Feta-kasie of ‘n ding as die lus my pak en ek bly weg van stimulante soos koffie, Coke en drank (Vir nou!  Want dit is óf rooiwyn óf die sigarette wat moet waai – nie albei nie!  Ek voel ‘n veer vir die koffie en Coke…).  Ek is net skeit-bang vir my geestelike toestand sáám met die Champix maar my dokter sê hy dink ek sal dit maak met die Venlor saam.  Dit beter, want ek wil nie weer in die groen-dakkies beland nie.  Waar sien jy hospitale tap jou mediese fonds en jy moet jou eie bed opmaak en die enigste TV is die een in die gemeenskaplike saal?  En jy mag nie in die bed eet nie, maar in ‘n eetsaal!  Nee, kak!  En buitendien, dáár rook ‘n ou dat die kak wit sit, hoor!   Mens moet net, jy kan nie anders nie…

Die Mister het ook besluit om maar die rokery te staak en gaan Woensdag die dokter sien vir ‘n voorskrif.  Ek dink my man lief my eintlik, hoor!  80% Van ons vriende rook nie (of het ook opgehou) so ons kry baie ondersteuning.

My ma ondersteun my egter nie so baie nie.  Toe ek swanger was met die Tiener (ek het met albei my swangerskappe opgehou rook) het ek en sy hoeka eendag van die see afgekom, maar sy rook ‘n ding blou, hoor!  Die een sigaret ná die ander in die warm kar en ek sit daar, skeit-naar met my grote pens.  By Oranjeville se brug toe moes sy stop vir die aankomende verkeer en daar begin ek haar uitkak:  “Ma is dônners selfsugtig!  Wil ma hê en moet ma se kar bekots?!”  En sy druk daai rooi ge-cutex’de nael in my gesig en kak my terug uit:  “Ek het nie gesê jy moet ophou rook nie!  Bleh, bleh, bleh…”

Ek gaan net my gat aan haar afsmeer.  Ek doen dit nie juis omdat ek wil nie, maar omdat ek móét.

Soos my oupa vanoggend  gesê het:  “Jou ma se moer!”

 

tuxfront.jpg