Ken jy van vryheid, my kind?

My liewe Dogter…

Ons het al soveel keer hierdie gesprek gehad en ek wéét jy gaan omdraai en net weer jou oë rol (ja, soos ek jou vertel het toe jy klein was – ek hét oë agter my kop en ek weet wanneer mense vir my jok… ek weet jy glo dit nie meer nie maar dit is rêrig so!).

Ek weet jý dink dat jy eendag met hom gaan trou, dat hy vir jou gaan sorg, dat julle twee kinders (eers ‘n seuntjie, en dan, twee jaar later ‘n dogtertjie) gaan hê en dat julle ‘n huwelik van magical bliss gaan hê – ander as jou ma wat alles agterstevoor gedoen het.  My kind… die lewe werk nie so.  Dit hoef nie so te werk nie!  Dit kan nie meer so werk nie.  Dit is nie regverdig nie.

Jy is sestien en ‘n half jaar oud.  Die wêreld lê bene-oop voor jou.  Daar is gesorg dat jy eendag méér sien en beleef as ‘n jong-getroude vrou met ‘n matrieksertifikaat, vasgekluister in hierdie ongenadige plek.  Ek wens ek kan net ‘n bietjie die muisneste uit jou klap om plek te maak vir die drome en ambisie wat ek jou gun!

Daar was vir my geld gespaar om verder te gaan leer maar daar is gesê dat ek nie kan gaan nie want ek gaan net geld mors.  Dat ek te rebels was.  Eerlikwaar?  Ek dink dit was die waarheid.  Daar is besluit dat ek eerder by die familie besigheid sou gaan werk.  Die geld wat vir my studies sou gaan is toe in aandele belê en ek het ‘n kakhuis vol geld gemaak in ‘n baie kort tydjie.

Een Saterdag toe gaan sien ek ‘n reisagentskap want ek wou UIT.  Ek wou Amerika of Engeland toe gaan en werk gaan soek daar.  Op ‘n plaas.  In ‘n kroeg.  ‘n Hotel.  ‘n Boot.  Enigiets. En ek wou die wêreld sien.  Ek wou nie teen my sin mense met klein kindertjies uit huise gooi omdat hulle nie huurgeld betaal nie.  Ek wou nie meer vir pensionarisse slegte nuus gee dat hulle huur verhoog nie.  Ek wou nie meer sukkel met huurders so vuil dat die vlooie jou byt as jy gaan inspeksie doen nie.  En soos nou – ek hou nie daarvan om elke fokken dag om die gebou te loop en drug-dealers, nigeriërs, pil koppe en boemelaars wat helder oordag lights out op ‘n stuk karton in hulle eie kak lê, te dreig met tazers en pepper-spray omdat die mans wat saam met my werk te pateties is om dit te doen en die SAP en munisipaliteit nie ‘n fok voel nie!  Ek wou weg.   Ek wil nog stééds weg…

Daardie tyd was die internet nog nie vir almal beskore nie, dan het reisagentskappe vir jou oorsee help werk soek.  Ek wou my geld van die aandele slegs gebruik vir ingeval ek daar vasbrand want ek het gewéét die lewe sou hard wees in ‘n vreemde land.  Gelukkig was my Engels van die beste.  Ek was baie lief vir engels.  Seker te danke aan juffrou Odendaal wat een van die min onderwyseresse was wat potensiaal in my gesien het.

Ek het ‘n dag onbetaalde verlof ingesit om my dokumente in orde te kry.  Ek sal daardie dag nooit, ooit vergeet nie.  Die weer was swaar en ek het ‘n UNO gery.  As dit té hard gereën het, en die spark plugs word nat, dan het die kar gevrek.  Dan sit mens in kakstraat en die karre kóm, pappa!  Daardie dag het die UNO my sommer ‘n paar keer in die steek gelaat.  Sopnat is ek van die een instansie na die ander…  SAP om my sertifikate te sertifiseer.  Binnelandse Sake om aansoek te doen vir ‘n paspoort…  Terug reisagentskap toe en what not.  Sopnat en doodmoeg (maar opgewonde) is ek laat daardie middag na my ma se stiefpa toe.  Hulle moes ‘n finale dokument teken om toestemming te gee dat ek tjaila want ek was nog nie 21 nie.  En daar weier hulle.  Ek was telleurgesteld en bitter kwaad vir hulle.  Verál omdat hulle gewéét het van my planne en my onbetaalde verlof toegestaan het.  Ja… jou ouma was ‘n drol!

Ek moes alles maar aanvaar en aangaan met my lewe.  Ek het my aandele verkoop en woonstel opgesit.  Dit was vir my ‘n verskriklike bitter slag toe jou ouma betaal om jou tannie (my sussie) op ‘n Kontiki-toer Europa toe te stuur.   Sy het ook vir ‘n paar jaar gaan studeer.  En nee… jou tannie was BAIE meer onverantwoordelik as wat ék was op háár ouderdom.  Ek wou net die wêreld gesien het soos my ouma – dit is ‘n begeerte wat nie doodgaan nie.  Engeland en Skotland in twee weke was nie genoeg nie.  Kon hulle dit my nie gegun het toe ek nog jonk en kinderloos was nie?

As ek eendag doodgaan en ek het nog nie die geleentheid gehad nie, wil ek net vir ‘n jaar of twee ‘n spook wees sodat ek die wêreld kan sien – dit klink of ek bietjie koekoes is, maar dit is hoe ek voel.

In kort:  Daar is voorsiening gemaak vir hierdie dinge vandat jy gebore is.  Jy kan gaan swot –by ‘n instelling of korrespondensie.  Jy kan oorsee gaan.  Jy kan nou nie in die Hilton Hotel gaan bly nie, maar jy sal nietemin dinge kan sien en beleef wat bitter min mense óóit die geleentheid sal kry om te beleef.  As jy wil, kan jy ook dadelik ná skool gaan werk en woonstel opsit.  Maar één ding moet jy besef:  Die geld wat ek vir jou weggesit het gaan nie gebruik word vir ‘n troue óf om vir ‘n man te sorg nie.  Die geld wat ek gespaar het sal gebruik word om te EXPLORE, te LEEF en om VRY te wees.  Nie om huisie-huisie te speel nie.  Ek wens net jy kan opgewonde raak oor die vooruitsig… Maar nee.  Al wanneer jou oë ophelder, is as jy ‘n Whatsapp van hom af kry…

Jy het reeds ‘n motor wat ons vir jou bêre.  Hoe wil jy eendag kar ry as jou motorfiets al vir vyf maande in die motorhuis staan en ek die kere wat jy wél met hom gery het op een hand kan tel?  Jy het jou leerlinglistensie met ‘n moerse tranedal gedop.  Wat het jy verwag?  Besef jy dat jy die enigste een is in jou vriendekring wat wiele het?  Besef hoe bevrydend dit is as mens daai papier in jou hand het en nie in jou ma se oë hoef te kyk as jy dorp toe wil gaan nie?  Bliksem, my kind!  Maak oop jou oë!  ‘n Motorfiets is die begin van GROOT dinge.

Asseblief, asseblief moenie dat die liefde jou vlerke knip nie.  Ek hoor hoe praat die vrouens rondom my.  Hoe spyt hulle is dat hulle so jonk getrou het.  Dat hulle nie eers bietjie asem geskep het ná skool nie.  As jy nie wil reis nie, is dit ook goed so.  Maar geniet die lewe.  Maak vriende.  Hou partytjies.  Maak soos ek en kry ‘n “Onthaal met Kaas en Wyn” sertifikaat op sestien terwyl die organiseerders dink jy is bó agtien.  Lees ‘n bietjie meer – lees boeke oor vrouens in Indië wat in liefdelose huwelike ingedwing word, menshandel… vrouens wat nog nooit die geleentheid gehad het om vryheid te smaak nie.  Lees oor Hitler, Al Capone en Pablo Escobar.  Vind uit hoe om ekstra geld te maak.  Gaan vir ‘n klas in selfverdediging.  Begin ‘n groentetuin.  Fok!  Vat die hond om te gaan stap of bad bietjie saam met jou sussie.

Waar is jy, my kind?  Wat gaan van jou word as hy nie meer daar is nie?  Hoe weet jy hy beplan nie om ná skool sy vlerke sonder jou te gaan sprei nie?

Nee my kind… kom reg!  Word méns!

Ouma se reisjoernale (in geen spesifieke volgorde)

Geraas!

Die Tiener en die Laatlam het onlangs begin met hul bakleiery.  Dit is absolute chaos in ons huis.  Verbeel jou:  Die radio in die kombuis is aan (vir my), die Tiener kyk “Trace” in die TV kamer, en die radio in die onthaal-area is aan vir die Mister.  Intussen loop die Laatlam die hele plek vol en kak almal uit.  Soos ‘n hoender.  Hap-en-kak-hap-en-kak…

Die Laatlam is haar pa se “blue print”.  Donker hare.  Donker oë wat swart soos ‘n demoon s’n raak as sy haar gat wip.  Die neus, die wenkbroue, die mond… Maar sy het haar ma se temperament gekry.  Ons wil hê wat ons wil hê en ons wild it NOU hê!  Ek is ‘n “borderline” beroerte-geval.  Dié dat ek medikasie moet gebruik en vir “anger-management” klasse was.  Ek moet sê, ek hanteer my woede baie beter as byvoorbeeld ‘n jaar terug.  Mense begin my nou weer te “like”.

Die Tiener is twaalf jaar ouer as die Laatlam, so ek kan verstaan dat die tweetjies nie “eye to eye see” nie.  Die Tiener probeer haar bes om die volwasse ding te doen en haar sussie te ignoreer, maar soms vat die Laatlam dit te vêr.  Soos ‘n hyena wat aan ‘n leeu se balhare torring.  Dan kry ons nou ‘n “cat fight” wat skrik vir niks.  Die lawaai is besig om my te vang…  Ek het nou die aand sommer in my kar in die motorhuis gaan sit net vir bietjie stilte.

My sussie is agt jaar jonger as ek en ons het nét so baklei.  Ongelukkig het ons nie baie lig daarvan afgekom nie.  Eendag het my Stiefpa ons met ‘n tou vasgegmaak en vir ons elkeen ‘n paplepel geggee en ons beveel om mekaar te moer.  En die een wat nié die ander ene slaan nie, kry pak met die belt van my stiefpa af.  “Toe!  Bliksem mekaar nou!”  en dan klim hy ook tussen ons in.  Ek het die rook daardie dag uit my sussie geslaan want vir dáái belt was ek skeit-bang! In elke geval, my sussie het nooit pak gekry nie en toe daai geleentheid in mý skoot val toe gryp ek hom aan met albei hande!

Een Desember vakansie in Blouberg toe sit ons wéér so vas.  My ma en Stiefpa het ons eenvoudig daardie oggend in die woonstel toegesluit en vir die res van die dag gaan gat-skuur.  Dit was so frustrerend want ons was basies gedwing om in mekaar se gevrete vas te kyk vir een hele dag.  Ek onthou ek het nog op die balkon gaan staan en rook en my sussie het op my afgekom.  “As jy vir ma-hulle sê dat ek rook, dan dônner ek jou!”  Daardie aand toe my ouers by die woonstel kom, was die eerste ding wat sy vir my stiefpa gesê het:  “Pappa, ek BELOWE my sussie rook nie!”   Go figure!

Vandag is my sussie my beste vriendin maar sy bly in die Kaap.  Ons sien mekaar een maal per jaar.  Ek wens so ek het haar meer gekoester toe sy ‘n klein dogtertjie was en meer moeite gedoen om haar ‘n deel te maak van my lewe.

My een kollega reken my situasie is nog mak teenoor wat sý deurmaak.  Sy het twee tienerseuns in die huis.  As húlle aan die baklei gaan, dan loop die bloed.  Dan staan sy net daar en huil terwyl hulle op die mat rondrol en mekaar met die vuiste bykom…

Ek weet nie… dalk moet ons die twee in ‘n kamer toesluit of iets.  Ek het nie die hart om te doen wat my stiefpa gedoen het nie.

c7aa15734ab5323ad7448f0b651e4949.jpg

Die Stiefpa – Hoërskool jare (Deel 2)

Ek was sewentien toe my ma my die blye nuus meedeel dat sy besluit het om my Stiefpa te skei.  Sy kon dit nie verdra om hom verder te deel met ander vrouens nie en sy aggressie was besig om sy tol te eis.  Ek was in ekstase!

Dit was ‘n smerige egskeiding wat maande lank gesloer het en ‘n moerse finansiële impak op my ma gehad het.  My ouma het selfs háár kar vir my ma geleen totdat sy weer op haar voete kon kom.  Gelukkig het my ma die huis gehou.  My Stiefpa is Kaap toe en ek kon weer asem haal.  Ek wou hom nooit, ooit weer sien nie.  Destyds het mense mos vreeslik gegons as jy aan’t skei was.  “Siestog… die arme kinders…” Maar in mý geval het ek soos ‘n verlamde gevoel wat weer kon loop.  ‘n Blinde wat weer kon sien.  Vreedsame aandetes.  Geen nagmerries nie.  Geen angstigheid as ek die motorhuis se deur hoor oopgaan nie.

Die Oktober/September skoolvakansie toe gaan kuier ek en my sussie vir my ouma en oupa in Southbroom.  Die skeisaak sou binnekort afgehandel wees.  Die een oggend toe ek wakker word, toe hoor ek my ouma en oupa ernstig praat in gedempte stemme.  Ek hoor toe dat my ouma histeries begin huil.  My oupa, kon ek sien, was duidelik ontsteld.  Op ‘n stadium toe kyk ek by die venster uit en ek sien my ouma se Merc stop in die “driveway” en agterna my peetpa met sý kar.  Ek was nogal heel verbaas om my ma te sien.  Sy het ons toe beveel om ons tasse te pak, ons gaan verder saam met háár vakansie hou.  Iets het my daardie oggend gepla en dit was my ouma en oupa se houding teenoor my ma.  Hulle het haar nie eers gegroet nie.  Net gevra dat sy die Merc se sleutels moet teruggee.  En daar gat ons toe saam met my peetpa.

Ons het by Sanlameer gestop by ‘n “chalet” en my peetpa is vort.  Steeds was ek baie “confuckulated”.  Ek is eerste by die voordeur in en toe word alles vir my mooi duidelik.  Ek het my tas neergesmyt, hoofslaapkamer toe gestorm, die hangkas se deur oopgepluk en daar hang die doos se klere in die kas!  My ma het hom teruggevat!  Dit het gevoel asof iemand my ‘n hou in die maag gegee het.  Nét daar, in daai kamer, het my lewe in duie gestort.

Jare daarná het ‘n vriendin van my ma my vertel dat sy saam met my ma Bloemfontein toe was vir die skeisaak.  Daardie selfde aand het sy my stiefpa teruggevat.  Wie doen so iets?  Vat iemand terug dieselfde dag dat die egskeiding gefinaliseer is na soveel maande se baklei?

Anyway, my ma wou nog “please and explain” toe kom my stiefpa daar aan.  Hy vra my toe om saam met hom te gaan stap op die golfbaan.  Ek het verskriklik gehuil en hy het my toe gevra waarom ek ongelukkig is dat hy en my ma weer bymekaar is.  Toe sê ek vir hom:  “Want ek like jou fokhol nie!” En wat sê hy vir my terug?  “Dis ‘n jammerte, want ék like jou nogal…”  Ek meen… wat de moer?  Om ‘n lang relaas nou kort te maak:  Hy het my belowe dat hy vir berading sou gaan en dat dinge sal verander.  Dat hy sal ophou rondneuk met ander vrouens en dat hy ‘n ernstige poging sal aanwend om my beter te behandel.  Ek moes dit maar aanvaar.  Op sewentien het jy mos nie ‘n stem nie.  Jy moet jou ouers se kak keuses maar opvreet…

Van my stiefpa se beloftes het net mooi níks gekom nie.  Dinge het beter gegaan tot ná Kersfees maar toe rafel alles weer uit.  Ek het my ontvlugting geneem in nagklubs en drank.  So nou en dan dagga ook.  Ek onthou ek was eendag mof gerook en toe kak my stiefpa my weer uit oor iets.  Ek het die TV se “remote control” opgetel, dit na hom gemik en gemaak of ek die volume sagter sit.  Daardie aand het ek oor ‘n agt-voet muur gespring en Vanderbijlpark toe ge-“hike” om te gaan uithang in die hole.  Dit voel soos gister nou die dag.

Verder was ons net weer by “square one”.  Uitkakery aan die etenstafel.  My stiefpa wat saans ál later en later huistoe kom, vrot van goedkoop parfuum.  My ma met die bitter trek om haar mond.  Dan het ek gewoonlik gaan lê in ‘n lekker “Bubblebath” en ‘n Camel gerook…  Tikkel, takkel, tokkel… ek voel fokhol…

tumblr_nm1p6b6iZh1urnwvbo1_500.jpg

Die “eerste keer”…

Een van die besluite waarmee ‘n vrou vir die res van haar lewe sal moet saamleef, is wie haar van haar maagdelikheid ontneem het.

“Wat is ‘n ou vliesie en ‘n bietjie bloed tussen twee onopgevoede mense?”, sal sommiges sê, maar op die rype ouderdom van 38 begin dit nou ‘n impak op my lewe hê.  Seker maar omdat ek die Tiener se ouderdom was toe dit gebeur het.  Omdat ek ook maar geglo het dit was die liefde van my lewe en dat niemand dit meer verdien as hy nie.  Ek was so fokken onnosel.

Almal gooi kak voor jou kop:  “No regrets” en “Don’t look back”.  Stront man!  Ek wens ek kon dinge oordoen.  As my man en kinders op die kaarte was nog voordat ek gebore was, dan sou hulle mos “anyway” oor my pad gekom het?  Ek glo nie in die noodlot nie.  Ek glo dat jy in elk geval opeindig waar jy moet, maar dat die verkeerde besluite jou ervaring kan befonkfooi en herinneringe kan versuur.

Ek en “my eerste” het vir agt maande uitgegaan toe ons besluit het om saam te slaap.  Ek sou sy eerste wees, en hy mýne.  Nou dat ek daaraan dink besef ek dat hy vir my gelieg het.  Ek wás nie sy eerste nie.  Hy was ‘n regte slet!

Dit het só vining gebeur en dit was ALLES behalwe spesiaal.  Ons was in ‘n vuil kamer met vuil beddegoed.  Dit het na tos, sweet en ou rook geruik.  Met Sepeltura in die agtergrond.  Daar was bloed en dit was séér.  Onvervuld.  Telleurstellend.  Alles beghalwe dít wat ek verwag het en wat ou tannies wat “gewag” het my vertel het.  Ná “dit” gebeur het, het dit gevoel asof álmal weet.  Ek dink almal hét seker geweet.  Dit is mos outjies se “bragging rights”.

Ons het op die ou einde twee jaar uitgegaan.  Elkeen sy eie rigting ingeslaan omdat dieselfde bedmaat hom begin verveel het.  Ek was stukkend maar ek het weer heel geword, soos almal belowe het.  Ek dink deesdae hóé dit sou gewees het as ek my bene toegehou het.

Gisteraand toe het ek weer een van my “night terrors” gehad en ek is reguit terug na daai kamer.  Die verbleikte blou “duvet” met die kom-en-sweet-reuk.  Ek is ‘n maagd.  Hy vroetel en vat en gryp en ek keer.  Ek skree en huil maar níks kom uit nie.  In die agtergrond het die een of ander liedjie gespeel waarvoor my ouma baie lief was en ek het begin huil want ek soek haar maar sy is dood.  En ek is náár want die stank wurg my.

Toe skrik ek wakker in ‘n plassie bloed en ‘n hart wat jaag.

Die fok weet ek wens dit kon anders wees.

Ek sou graag wou terug dink aan daai “eerste keer” met heimweë…

Mens is faktap as jy jonk is!

Chocaholic123-04_zpsd6cf3e05.jpg

images