Eerste Tiener-seer…

Vandat die Tiener gebore is, het ek nog altyd haar eerste seerkry gevrees.

En hier is hy nou…

Verlede week toe gaan ek mos tandarts toe en ek vra hom toe om die vieslike mismaaksel van ‘n ding uit te trek die oomblik toe ons die abscess redelik onder beheer gehad het.  Nou, toe die tandarts die tand uithaal (of, kom ek stel dit eerder so:  hy het hom eers onder my tandvleis gebreek en toe stukkie-vir-stukkie uitgehaal) toe kom daar sommer ook ‘n happie van my kakebeen saam.  Ek het amper die mure uitgeklouter!  Ek praat nou nie kak nie, hoor!  Die abscess was so erg dat hy nes geskrop het in my kakebeen, oppad na my oor toe en selfs my oogbal was seer.  Al hierdie maande dog ek my kopseer het te doen met bloeddruk, maar back at the ranch het dit te doen met ‘n vrot tand!

Die einste Donderdag wat ons toe nou afgespreek het om die tand uit te haal, besluit ‘Ta toe mos om na ons huis toe te kom om met die Tiener op te breek. Gulde fokken geleentheid, want ek loop toe met my skewe lip rond en ek kan niemand uitkak nie want my bek is te seer!

Anyway, hulle het nog so buite gesit en praat en toe kom daai Tiener-kind van my in die gang af gestorm, gesiggie getrek van die hartseer.  Sy gooi toe haarself daar op die grond neer en in haar fit of rage probeer sy toe die skirtings uit die mure trek.  “Ruk jouself reg!  My huis kom staan en opfok oor’lat jy gedump word nie, man!” mompel ek toe vir haar.  Sy staan toe op en daar gat sy weer buitentoe…  Apparently is dit nou overs-ke-dovers want hy voel nie meer die loving-feeling nie maar ek dink hy het kwas elders gekry en nou soek hy nóg.  Ek kén mos hierdie dinge.  My hart was saf gebreek toe ek nog in die Hoërskool was.  Ek het self ook ‘n paar manne-harte seer gemaak – die het blykbaar óók gevoellentes!

Anyway… kyk pappa, ek kom toe mos om daai hoek en ek vang haar op haar knieë, besig om hom te smeek om die kys nog ‘n kans te gee, en Myprodol en die tampon-gedoente in my bek of-de-not… ek doen nie die gat-lek ding nie!  Maar ek ruk haar daar aan haar arm op en spoeg die tampon’rige ding uit en ek skree vir haar:  “As ek jou OOIT weer op jou knieë vang, besig om ‘n man – of enige iemand for that matter, te smeek vir liefde – dan bliksem ek vir jou!  Verstaan jy?  Geen man is dit werd nie!”

Ek draai to na ‘Ta:  “En vir jou vra ek vandag baie mooi.  Jy het haar nou gelos.  Gaan huistoe en gaan aan met jou lewe.  Moenie my kind terugvat omdat jy haar in ‘n oomblik van swakheid jammer kry nie.  Ek was goed vir jou en sy was goed vir jou, maar as jy haar los, dan los jy haar nou finaal VANDAG!  En ek wil net vir jou vandag vir jou ‘n pluimpie gee dat jy nie soos baie ander klein dose was wat dit deur WhatsApp gedoen het nie… dat jy soos ‘n ware man dit face-to-face gedoen het.  Dankie, seun…”

Op die ou einde is hy daar weg en die tweetjies is nou oor en uit…

My kind suffer vreeslik.

“Wat het ma altyd gedoen as ‘n ou ma gedump het?”  Sal sy my vra.  Fokkit ek kan nie vir haar sê waste kak ék aangejaag het om oor ‘n man te kom nie…  “Die beste manier om oor ‘n man te kom, is om onder ‘n ander ene te gaan lê… ” was my motto altyd.  Of rook boom en suip Vodka tot jy êrens in ‘n veldjie voel of jy wil vrek.  Of krap sy kar…  O, nee fokkit!

Ek sê maar net:  “Wat jy ookal doen, wees ‘n lady… Altyd.  Moenie goeters doen wat vir jou geld kan kos aan die einde van die dag nie.”

En dan luister ons na my break-up song van my tweede egskeiding.

As die ouers die kinders irriteer…

Die Bybel sê iewers:  “Vaders… moenie jul kinders irriteer nie…”  – of so iets.    Anywhoo…

Vanoggend toe vat ek die Tiener en haar vriendin skool toe.  The Pixies kliphard op die radio.  Hoe nader ons aan die skool beweeg, hoe sagter draai die Tiener die volume.  “’Tsêk, man!” klap ek haar hand weg.  “Maar, maaaaaa!  Die kinders!?”  Toe ons by die skool kom, net toe sy en haar maatjie hule deure oopmaak om uit te klim, toe sit ek die radio op full volume“Where is my mind… where is my mind…”  Ha!  Toe kry ek ‘n kyk van die Tiener wat boekdele spreek.  Ek onthou toe iets uit my tienerjare.

My ouers het so faktap geel Isuzu bakkie by my oupa gekry.  Die ding was so opgeroes dat jy hom ‘n kilometer verder kon hoor aankom:  “Hnnnnnnn, hnnnnnnn….klak-klak-klak-klak!”  Vieslike bladdie ding gewees.  Ons het ‘n inbly tuinjong gehad – Johannes. Maar, ons mag hom nie ‘n tuinjong genoem het nie – sy posbeskrywing was “Bode”.  Hy moes alles doen van tuinmaak, swembad skoonmaak, erf skoonmaak, bourommel van spekhuise wegry en what-not.  Soms het hy vir my ma melk en sigarette by die kafee ook gaan koop.  Jack of all trades… Die bakkie het nogals ‘n twee-rigting radio ook ingehad.  Dan sal my ma hom roep:  “Johannes, kom in… Johannes, kom in…”  Dan sal hy antwoord:  “Miesies kom in, miesies kom in…”  Dan sal sy vir hom nou instruksies gee.  Fokkit sommige mense is maar té gemaklik!

Só was Johannes een van die min swartmense in die dorp met ‘n geldige rybewys.  Met sy “rollie” in die mond het hy die dorp plat gery.  O fok, hy was die shit!

Ons het so vier kilometer van die skool af gebly en as ‘n reël het ek skool toe en terug geloop.  Behalwe as dit reën, dan sou my ma my kom haal.  Eendag toe is dit nou sulke-tyd en wie staan voor die skoolhek?  Nié my ma met haar wit Merc nie, maar Johannes met die opgeroeste geel Isuzu.  Ôg ek het vir my so geskaam dat ek nét daar ‘n U-turn gemaak het en ‘n ompad huistoe gevat het in die gietende reën.  Ek was só nat dat ons my skoolskoene moes wegsmyt want dit het losgetrek.  Vir iemand wat gekies het om ‘n low-profile te handhaaf was dit net vir my een te veel!  “My magtag man!  Hoeveel kinders kan sê dat hul Bode hul kom haal by die skool?”  reken my ma mos.  “Ma!  Hou net op kak praat!  Bodes loop rond met clipboards en pakkies!”

Ek was seker so sestien toe gaan kuier ek een skoolvakansie by ouma en oupa in Southbroom.  Die gewoonte was dat my oupa my soggens strand toe gevat het.  Later, wanneer ek huitoe wou kom, sou ek hulle van die tiekieboks af gebel het om my te kom haal.  Daardie dag was ek by Margate se strand en as ek terugdink moes dit oor ‘n Desember vakansie gewees het want dit was baie besig.  Ek het nog so gesit en wag vir my ouma om my te kom optel en wat kom toe daar aangeskuiker?  My ouma met haar Jackie-O sonbril en curlers in haar hare!  Ek het amper gedood want ek ken nie my ouma so nie, maar sy het seker ‘n af-dag gehad.  Vandag verlang ek só na haar dat ek hand-aan-hand met haar in die dorp sal loop – met curlers in die hare EN pajamas…

Kyk bietjie hoe trek hierdie mense hul kinders se siele uit:  Die eerste dogtertjie is pure Laatlam!

‘n Lekker moan-sessie

Kan ek maar so bietjie negatief wees?

Hierdie dag het kak begin en ek voel so aan my kwas hy gaan kak eindig!

Ek en my ma haak weer van gister af.  Ek weet nie wat haar ry nie, maar as sy weet wat in my gemoed aangaan vandag, dan sal sy net hierdie één keer van my kys af klim, want vir “petty” kak het ek nie lus nie.

Ek was gister by die psigiater om my medikasie te hersien.  Ek vertel hom toe dat ek seker drie aande geslaap het die hele maand vandat ek op die Dormonoct is.  Hy sê toe hy dink dit is omdat ons die Venlor se dosis verdubbel het (dit skei adrenalien af) en beveel toe aan dat ek Dopaquel saam met die Dormonoct saans drink.

“O HELL NO!”

Kom ek vertel julle wat het gebeur toe ek ‘n jaar terug op Dopaquel was…

Eers kom ek agter die skaal begin oos neig.  Érg oos.  Ek drink toe maar ‘n ou waterpilletjie want ek neig om water terug te hou, maar die skaal tune my elke dag poef.  Kyk, slaap het ek geslááp!  Maar dan staan ek soggens op en die kamer is vol leë bordjies, bakkies, sweets papiere, leë pakke chips, “peanuts” in die bed.  En ek “scheme” toe maar my man en kinders sit en peusel saans in my kamer voor die TV terwyl ek uitgepass lê van die slaappil.  Een oggend toe kak ek die hele spul uit! “Nee hel man!  Gaan bêre die skottelgoed in die kombuis en gooi die papiere weg nadat julle so gevreet het.  Hou op om my kamer so te bemors.  Ons is nie fietas nie!”  En my man laat val die bom:  “Liefie, dis nie ons nie.  Dis JY wat so eet in die aand.”  Slat my met ‘n piesang!  Toe vreet ek myself in ‘n koma sonder dat ek dit weet.  Ek het dadelik die pille gelos en ná ‘n paar maande se gewroeg het ek weer begin slaap sonder medikasie.  Tot laat Desember verlede jaar… toe begin die slapelose nagte weer

Toe gee ek mos verlede maand in en my medikasie word aangepas.

Lang storie kort.  My psigiater is ‘n goeie driekwart-uur se ry van my af.  Hy besluit toe om vir my dan eerder Stilnox saam met die Dormonoct voor te skryf want duidelik werk die Dormonoct nie op sy eie nie.  Klaar by die dokter jol ek lekker harde musiek in die kar oppad terug na my “hometown” want ek gaan mos nou BAIE lekker slaap vanaand.  Ek was so opgewonde soos ‘n kind wat ‘n nuwe Playstation “game” gekry het.  Mense wat nie sukkel met slaap nie, sal nie verstaan nie.  Dit maak jou mál, fokken MAL om vir maande aanmekaar net hier en daar ‘n “decent” nagrus in te kry.  Jy is “moody”, jy kry sakke onder jou oë, jou vel raak lelik, jy word maklik siek en alles is net ‘n gemors!  Ek is al so gatvol om snags as ek nie kan slaap nie Judge Judy te kyk (wat ek “record” op die PVR want ek reken die ouvrou is baie wys) ek kan kots in my mond!

By die apteek gekom, sien ek hulle haal ‘n botteltjie pille van die rak af wat vaagweg bekend lyk.  Ek vra hulle wat dit is, want daai lyk mos darem baie soos Dopaquel – daai ene wat my so laat vergryp het aan al die nannas.  Toe het die Psigiater per ongeluk Dopaquel in pleks van Dormonoct voorgeskryf.  Ek het my amper bekak.  En ja… ek het nie ‘n oog toegmaak gisteraand nie.  Ek sit met ‘n “hangover” en ek het nie eers gedrink nie.

En die laaste strooi?

Ek het vir die Tiener ‘n afspraak gemaak by die dokter want sy is nie vir my lekker die laaste tyd nie.  Sy kla oor kopsere, duiseligheid, moegheid en lusteloosheid.  Ek is versigtig vir suiker of ‘n yster tekort so ek wil maar net seker maak alles is oraait.  Ek sit vir haar gesonde kos in skool toe en ek sorg dat sy soggens Oats eet saam met ‘n vrug of yogurt.

Vanoggend toe gaan soek ek van my klere in haar kas want soms raak die “housekeeper” deurmekaar met ons klere.  Maar ek maak daai kasdeur oop en dis net “printouts” oor hoe om gewig te verloor aan die binnekant van die kasdeure geplak.  En ek dog by myself:  Ek hoop nie die kind is besig om haarself uit te sterf om gewig te verloor nie.  Sy is lekker lank en glad nie vet nie.  Sy moet net leer om mooi regop te loop want die tieners loop mos so asof hulle “Mount Everest” op hul skouers dra.  Dan wil ek ‘n ding mos ‘n kop-klap gee.  As jy mooi regop loop en sit dan lyk mens ook maerder.

Daar is ‘n urine-toets wat die dokters doen en onder andere kan hulle daardeur bepaal of jy baie lank terug geëet het – ek weet want toe ek Bulimies was het die dokter een keer getoets of ek dalk ‘n blaas-infeksie het en toe kak hy my uit want hy kon sien dat ek besig was om myself uit te sterf.  Ek gaan vra dat hy daai toets doen en as dit so is dat sy nie eet nie, dan is ek in my moer in sáám met my kind!

Weet julle hoe moeilik is dit om jouself lief te kry?  Dis ‘n eindelose “struggle”.  Maak nie saak wie wát vir jou sê nie:  As jy glo jy is vet en lelik dan kan NIEMAND anders jou opinie verander nie.  Ek wíl nie hê my kind moet so voel nie.  Ek sien al klaar in my geestesoog hoe ry ons weer, soos verlede jaar, twee tot vier keer per week op en af tussen sielkundiges – POEF! R1 400.00 net vir die Tiener vir ‘n stuk of agt sessies want die mediese fondse boef mens mos!

Hel man, as tieners maar net weet hoe “roller coaster” die lewe met jou ry as jy daai eerste rekeninge in die pos begin kry, vir papsmere en mammogramme moet gaan en ‘n huisverband moet betaal.

Ek gaan my blog se naam verander na “Pille en Trille”…

dec317fff672d3865bc41fa04250f140

 

 

“Bitchy” vs “Bully”

Die ander dag toe vra die sielkundige my of ek selfmoordneigings het.

Ek hét.  Soms.  Nie altyd nie.

Ek sal ry en ‘n boom sien en dink:  “Miskien moet ek in hom vasry?”  Maar dan begewe my moed my want die Jeep se bull-bar sal my “probably” beskerm.  En ek voel jammer vir die boom…  Of ek sal êrens op die “highway” ry, ‘n trok van voor af sien kom en dink: “Miskien moet ek net regs voor hom inswaai, dan is álles verby.  Die ou wat die trok bestuur sal mos oraait wees?”  As ek aan selfmoord dink, dan dink ek altyd aan ‘n beplande motorongeluk (maar niemand anders moet seerkry nie).  Dit moet soos ‘n ongeluk lyk want ek het gehoor polisse betaal nie uit in selfmoord gevalle nie.

Toe vra die sielkundige my waarom ek dit dan nie doen nie?  En my antwoord?  Wat word van die Tierner?

Jy sien, ek het die Tiener te veel beskerm van kleins af.  Nog steeds.  Sy is die sagste van sagte mense wat ek ken.  Emosioneel en fisies.  As sy kopseer het, dan wil sy dood.  As sy deur ‘n liefdestelleurstelling gaan, dan wil ek al die pille in die huis wegsteek.  Op laerskool het die hoof gedreig om haar prefekbalkie terug te vat omdat sy so ernstig was oor alles.  Ek het haar verlede jaar ook by ‘n kindersielkundige gehad wat my verseker het dat die Tiener nie aan kliniese depressie ly soos haar ma nie.  Sy is net baie sensitief en ‘n introvert.  En ek blameer myself.  Van kleins af het ek haar grootgemaak dat jy die ander wang moet draai.  “Shame on me”.  Nie dat daar fout mee is om ‘n introvert te wees nie.  Maar dis kak as jy nie vir jouself kan opstaan nie.

So, as ‘n ander kind die Tiener poef “tune”, dan is sy in trane en kan sy nie vir haarself opstaan nie.  En hier by laerskool rond toe begin hierdie mamma mos besef dat sy drooggemaak het en nou maar vir die kind moet baklei.  Want wie anders gaan dit doen?  Sy het nie ‘n pa nie.

En dit maak my moeg om so te wees.

Toe ek jonger was het daar ‘n vrou saam met my gewerk.  Sy was kort-kort in die skoolhoof se kantoor of by oueraande besig om soos ‘n tierwyfie vir haar kinders te baklei.  Later was dit só erg dat die mense in die dorp begin skinder het oor dié ma wat alewig haar kinders se “battles” moet “fight”.  “Rumour has it” dat die jongste ene hoofseun sou word, maar omdat die ma so erg tekere gegaan het, het die skoolhoof sommer besluit dat hy nie eers prefek sou word nie.  Alles omdat die ma hom so geïrriteer het.

Nou het ék in daai ma ontaard.  Dit is kort-kort ‘n bakleiery in die skoolhoof se kantoor (ek haat hom nes hy my haat!).  Of ek is op die foon besig om die een of ander kind en sy (of haar) ouers gas te gee.  Een dag het ek sommer ‘n outjie by die skool se hek ingewag wat vir die hele skool vertel het dat Laatlam die Tiener se buite-egtelike kind is.  Nou die dag het ek ‘n meisiekind gebel en haar vertel wat van boelies word.  En, nou dat ek so daaraan dink, beskou ek nie regtig die kind as ‘n boelie nie.  Sy was net ‘n “bitch”, soos die meeste hoërskool meisiekinders vandag is. Ek dink die Tiener is net erg fyngevoelig.  En, so “by the way”- ék is geboelie op skool, so ek ken van.  Maar ek het sommer net een dag, op hoërskool “left, right en centre” begin klappe uitdeel  as mense met my gesukkel het so ek was “ok” op die ou einde.

Ek is moeg hiervoor.  Gatvol.  Uitgeput!  Jissie man ek het ‘n voltydste werk en ‘n drie-en-‘n-half jarige óók wat die pis uit my vat.  Ek wil nie nog vir ander mense se kinders maniere leer nie!  Hierdie kak moet stop – vir my én die tiener se onthawe.

Ek roep toe vir Tiener en spreek haar aan.  “My kind, jy weet ek was nou die dag opgeneem?  Jy sal moet regkom.  Jy word 16 hierdie jaar.  Jy sal nou moet begin dikvellig raak en die kinders ignoreer.  Hier, vat my “pepper spray” as jy voel dat jy fisies in gevaar is.  As jy hom onnodig gebruik, sal jy die gevolge moet dra.  Ek sal verder uitvind van selfverdediging klasse as dit jou beter sal laat voel maar ek dink jy sal eerder moet werk aan jou “attitude”.  Maar jy moet nou regkom.  Ek kan nie meer so baklei nie.  Dit is nie goed vir my nie en ek doen jou nie ‘n guns nie… Vertel my nog steeds álles en ek sal my eie oordeel gebruik, maar dié dinge gaan my dood beteken…”

Sien, ek is een van daai wie se bloeddruk die hoogte inskiet as ek moerig raak en dan kry ek die bewerasies en so rooi “rash” in my nek en dan gaan ek “ape-shit” en ná die tyd is ek só uitgeput dat ek soms nie kan kosmaak nie.  Soms kots ek selfs ná so ‘n uitbarsting.  In die “anger-management” sessie wat ek bygewoon het, het hulle gesê dat, as mens só voel ná ‘n uitbarsting, jou kanse op ‘n beroerte baie groot is.

Ek?  Op 38 ‘n beroerte kry omdat die Tiener nie haar “battles” kan “fight” nie?  “Oh HELL no!”

Ek gaan nie Gods water oor Gods akker laat loop nie, maar dié kind van my wil oor twee-en-‘n-half jaar weg gaan “swot”.

Dan beter sy nóú mos leer om alleen te sien kom klaar!

“I’m done!”

5a74ad4327e5a5dcef2c5e50da7fd251